[Foto’s] Wonderboom-skou wys spiere

Die Wonderboom lugskou vind op 10 en 11 Junie plaas (Foto: Russell Dixon-Paver)

Die Airlink Adrenaline Show 2017 op 10 en 11 Junie vanjaar gaan fantasties wees. Indien jy enigsins deur adrenalien aangevuur word, is dit een om nie mis te loop nie. Dié skou het in 2016 die toekenning vir lugskou van die jaar opgeraap.

Maroela Media het tydens ʼn mediageleentheid ʼn kykie op van die optredes gekry en dit lyk voorwaar indrukwekkend – van vliegtuie wat op bakkies land tot ʼn Formule Renault-renmotor.

Dié jaar is die lugmag vir die eerste keer betrokke en Airlink spog met sy nuutste Embraer E190-straler wat binnekort in diens sal tree op Suid-Afrikaanse roetes.

Meer as 30 lug- en baanoptredes sal die hele gesin se aandag trek, tot ʼn motorfiets wat agteroor tuimel bo-oor ʼn vlieënde vliegtuig en ʼn stralermotor wat ʼn ander kar smelt…

Kry meer inligting oor die skou en koop jou kaartjies hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Marcel ·

Verlede jaar was dit verskriklik duur en redelik vervelig. Ons het ook meer as ‘n uur buite gewag vir die busse wat jou kom haal en dan staan jy nog in ‘n ry al het jy kaartjies vooraf gekoop. Dit het veroorsaak dat ons baie gemis het van die show. Sal nie sommer weer gaan nie.

Telleurgestel ·

@Marcel – dankie vd wenk ek wou my man soontoe neem maar is glad nie lus vir al daardie ophou nie! Veral nie as ek kaartjies vooraf moet koop nie!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.