Mazda CX-3: Oulike rakker, maar mark bied beter opsies

Die Mazda CX-3 (Foto: Mazda)

Die Mazda CX-3 (Foto: Mazda)

Daar is in die afgelope 10 jaar min suksesverhale soos dié van Mazda. Dit is al in die vorige dekade besluit dat Mazda heeltemal sou wegbreek van Ford SA. In 2014 het Mazda maar 4 939 eenhede verkoop, en op 1 Oktober 2014 op hul eie voete gestaan en begin alleen handeldryf.

In 2015 het Mazda 9 066 eenhede verkoop, amper dubbel die hoeveelheid van die vorige jaar – en in ʼn mark wat baie swaar gekry het, spreek dit boekdele. In 2016 het Mazda beplan om tussen 11 000 en 12 000 eenhede te verkoop – en hulle het hul teikens oorskry. In ʼn mark waar handelsmerke soos Citroën opgekou en uitgespoeg word, is dit regtig ʼn merkwaardige prestasie.

Mazda se sukses is gedeeltelik te danke aan ʼn sterk produkaanbieding. Ek is gek na die Mazda 2 1.5 diesel en was heel opgewonde oor die sportnutserige CX-3.

Die Mazda CX-3 (Foto: Mazda)

Die Mazda CX-3 (Foto: Mazda)

Die CX-3 is ʼn aantreklike rakkertjie en volg soos sy stalmaats Mazda se KODO-ontwerpstyl. Effe groter proporsies as die gewone luikrug Mazda 2 gee die CX-3 meer ʼn sportnuts- of kruismodelvoorkoms. Binne die kajuit is daar min verskille tussen die 2 en die CX-3. Uitstekende spesifikasievlakke soos klimaatbeheer, navigasie, Bluetooth, Bose-klankstelsel, sondak, spoedbeheer, kop-op-vertoon (HUD), outomatiese ligte en ruitveërs en leerbekleedsel maak die CX-3 ʼn baie lekker plek om te sit, hoewel hy vir my geensins groter voel binne as die 2 nie – al gee sy proporsies daai indruk. Twee dingetjies wat my pla van die CX-3 is dat die deure nie self sluit as mens wegtrek nie en as jy die vensters “sluit” vir klein vingertjies, kan die voorste passasier ook nie sy venster gebruik nie. Dit moet iets te doen hê met Japannese regulasies, want baie van die Japannese motors is so.

Die Mazda CX-3 (Foto: Mazda)

Die Mazda CX-3 (Foto: Mazda)

Ritgehalte in die CX-3 is vir my nie so goed soos in die 2 nie. Ons het wel die 2.0 Individual outo op toets gehad, en hy ry op mooi 18 duim-tekkies, maar dit raak bietjie groot vir die klein motor en laat die vering met tye lomp en verward voel. Die Mazda 2 ry op ʼn 16 duim-band, en dit is vir my ʼn beter kombinasie, al lyk dit nie so mooi en sportief soos op die CX-3 nie. Die 2.0 viersilinder-enjin wat Mazda in baie van hul motors gebruik, is vir my nie so goed soos ander enjins wat tans op die mark in dieselfde prysklas beskikbaar is nie. Die enjin klink gespanne teen hoë omwentelinge en voel asmaties teenoor nuwer turbo-aangejaagde opsies. Die tweeliter-viersilinder bied 115 kW en 204 Nm-wringkrag, maar voel nie op enige punt in die toerestrek indrukwekkend nie. Die stiller 1.5-dieselmasjien wat in die 2 te vinde is, is vir my ʼn baie beter enjin – maar is nie in die CX-3 beskikbaar nie.

So, om op te som is die CX-3 vir my ʼn moeilike een. Dit is ʼn mooi motortjie, goed toegerus en ry lekker – maar teen R365 400 is daar beter opsies daar buite. As die Mazda vir jou mooi is, koop die Mazda 2 1.5 DE Hazumi outo, en sit R70 000 terug in jou sak. Buiten die sondak en spoedbeheer is die spesifikasievlakke dieselfde, maar die diesel 2 is ligter op brandstof en ry vir my lekkerder.

Die reeks lyk so:

CX-3 2.0 Active115 kW/204 Nm6.5 l/100 kmR284 800
CX-3 2.0 Active outo115 kW/204 Nm6.1 l/100 kmR302 100
CX-3 2.0 Dynamic115 kW/204 Nm6.3 l/100 kmR310 700
CX-3 2.0 Dynamic outo115 kW/204 Nm6.1 l/100 kmR322 700
CX-3 2.0 Individual outo115 kW/204 Nm6.1 l/100 kmR365 400
CX-3 2.0 Individual Plus outo115 kW/204 Nm6.1 l/100 kmR380 600

Die reeks word gedek deur ʼn 3 jaar lange/onbeperkte kilometer-diensplan en waarborg. Diensintervalle is elke 15 000 km.

Die kompetisie lyk so:

Fiat 500X 1.4T Cross Outo103 kW/230 Nm5.7 l/100 km3 jaar/100 000 km omvattende instandhoudingsplan

3 jaar/100 000 km waarborg

R364 900
Jeep Renegade 1.4T Limited Outo103 kW/230 Nm5.9 l/100 km6 jaar/100 000 km omvattende instandhoudingsplan

3 jaar/100 000 km waarborg

R435 900
Mini Cooper S Countryman Outo140 kW/240 Nm7.5 l/100 km3 jaar onbeperkte km omvattende instandhoudingsplan

2 jaar onbeperkte km waarborg

R413 043
Nissan Juke 1.6T Tekna140 kW/240 Nm6.0 l/100 km3 jaar/90 000 km diensplan

6 jaar/150 000 km waarborg

R359 900
Opel Mokka X 1.4 Turbo Cosmo outo103 kW/200 Nm6.5 l/100 km

 

5 jaar/90 000 km diensplan

5 jaar/120 000 km waarborg

R368 100

Hierdie segment is vir my ʼn moeilike een. Ek is nie die grootste liefhebber van kruismodelle nie. Ek sou eerder óf ʼn luikrug óf ʼn sportnuts verkies. In die mededingende reekse is daar meer enjinopsies beskikbaar – so ek sou ongelukkig dié keer óf elders soek, óf die Mazda 2 diesel aanskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Lalla ·

Dit is darem baaaaie geld om op ‘n kar te betaal. Nee dankie, dan ry ek maar wat ek het. Dit is malligheid wat motor-pryse is.

Basson ·

Wel ek weet nie of ek ook ‘n Jeep (dekmantel Fiat 500) wil he. (Ek het verneem die Fiat se verkope is gestop in SA?) Ook, die Juke raak lank in die tand en die Mini is tipies maar net oorprys, soos BMW – en duur onderhoud?
Dis jammer die handrat CX3 het nie ESP :(
Dit laat die Mokka. (Of top model Ford Ecosport, maar ek sal nie aan Ford raak met ‘n stok nie, uit beginsel. Captur raak ook aan die mark segment – maar Renault se inruilwaarde?)

So kom ons gaan maar vir die Q2 ;)

JB ·

Basson, Renault se inruil waarde teenoor Mazda……………regrig??????

Basson ·

Wel JB, toe ek so rukkie terug ‘n inruil wou doen, het ‘n PAAR verkoopsmanne my gevra of ek ‘n Franse motor wil inruil, want dan spaar hulle eerder hul energie as om uit te stap om te gaan kyk. Openingsbod was gewoonlik so ~40% van boekie waarde.
Gelukkig het ek Japanese model gehad :)
(Snaaks hulle het niks van Mazda gemeld?)

Deon Coetzee ·

Sjoe, maar die kar kos amper ‘n plaas se prys… :(

Jan ·

Koop eerder Kuga. R 10 000 tweedehands, of nuut met brandblusser en gratis Uber lidmaatskap. ;-)

Basson ·

Dan is daar nog die Honda H-RV ook.

Wat skryf Kinsey oor onderdele pryse van verslillende modelle?

Chris Ws ·

Het vir meer as 8 jaar Mazdas gery (jare terug se 323’s) en waar dit waarde vir geld en betroubaarheid betref stel ek hulle gelyk aan die Nissan Sentra wat ek lank agterna gery het.Die Sentra was egter ligter op brandstof as die 323’s.Maar om daai pryse vir ‘n Mazda te betaal?Nee wat dan kyk ek eerder na Hyundai of Kia.

Christopher McCreanor ·

Mmmmmmm….. Kom ons besin oor Brendon se artikel! Hy praat bog as hy sê die diesel is ligter op “brandstof”! Ek sal so hoop, want jy gaan nie kan ry as jy brandstof in ‘n diesel voertuig gooi nie…!

So ek is nie seker of ons appels met appels vergelyk hier nie Brendon Stainforth? Help my uit of praat ek nou strooi?

Phillip ·

Dagsê Christopher!

Die woord “brandstof” verwys na enige stof wat na energie omgeskakel kan word deur verbranding, byvoorbeeld hout, antrasiet, steenkool en in die geval van voertuie, diesel en petrol. Brandstof is dus nie ‘n sinoniem vir petrol nie, maar wel ‘n versamelnaam vir ‘n groep stowwe wat beide petrol en diesel insluit. In hierdie geval verwys die woord “brandstof” dus na diesel, aangesien dit ‘n dieselvoertuig is.

Groetnis!

Phillip Bruwer, nms Maroela Media

Dartagna' ·

Ek koop eerder die Honda se 1.8 HR-V, of selfs die CRV 2.0
Beter as hulle almal saam

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.