Mercedes-Benz gaan voort met sy naamplaatjie-veranderings

Foto: Mercedes

Foto: Mercedes

Wat ons moontlik sal ken as die vorige SLK sal van nou af die SLC word. Mercedes-Benz het nou al die ML en GL naamplate vervang met GLA vir die kleinste wat DNS deel met die A-klas, GLC vir die middelste broer wat weer C-klas-proporsies het, GLE is die vorige ML, hy pas weer by E-klas en onlangs die GLS… hy is so groot soos die meester, die S-klas.

Dit is nou tyd om die naamplaatjies te vervang op sy SL-reeks. Dit loop hand in hand met die SLC se twintigste verjaarsdag. Die vorige SLK word nou die SLC. Ek neem dan maar aan dat die vorige SL sal ʼn SLE word.

Die SLC is vir my die mooiste SL-tipe Mercedes-Benz. Nie te groot en lomp nie, net reg. In die regte kleur, met AMG se visuele opknappings, lyk die SLC vir my net te mooi. My eerste smaak van ʼn AMG-motor was in 2004. Dit was ʼn SLK 55 AMG met 265kW en wat gevoel het soos 1 000Nm wringkrag. Daar is tot vandag nie ʼn voertuig wat my asem so kon wegslaan nie. Heel moontlik omdat dit my eerste smaak was van wat ʼn regte egte sportmotor met ʼn V8 aan jou hartklop kan doen.

Dit bring my nou mooi na die Mercedes-AMG SLC 43. Hy gaan ʼn rakker wees. ʼn 270kW/ 520Nm V6 turbo-petrol enjin met Mercedes se 9G-TRONIC 9-gang outokas. 0-100 km/h kom in slegs 4.7 sekondes en hy sal aanhou draf tot ʼn elektroniesbeheerde 250 km/h. Mercedes-AMG sê hy sal 7.8l/100 km om die gekombineerde-siklus doen.

Die reeks lyk so:

SLC 200SLC 300SLC43
Silinders44V6
CC199119912996
Perde135kW180kW270kW
Wringkrag300Nm370Nm520Nm
NEDC brandstofverbruik

(Gekombineerde-siklus)

5.7l/100km5.8l/100km7.8l/100km
CO2 uitlaatgasse154144178
0 – 100km/h6.9 sek5.8 sek4.7 sek
Topsnelheid237km/h250km/h250km/h
Prys (Vanaf)R680 600R753 400R988 000

Alle inligting is slegs op die 9G-TRONIC ratkas gebaseer. Die SLC 200 is beskikbaar in ʼn handrat.

Mercedes-Benz is tans net so sterk met hulle passasiersvoertuie soos wat hulle al jare wegloop met die F1 titelgeveg. Hulle produkte is van top gehalte, en daar is ʼn model vir elke smaak. Van klein tot groot, van lig op brandstof tot vuurvretende V8 monsters. Ek hou van monsters…

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Ekwilibrium ·

Die nuwe model benaming maak baie sin op papier, maar wie onthou nog die Mazda 323 GLC, Ford Granada GLE en Cortina GLS? Basies elke middelmatige karretjie van die ’80’s en ’90’s se designasie was GL; Toyota Corolla 1.6 GL, Nissan Sentra 1.3 GL, Ford Sierra 2.0 GL, ens… As ek ‘n peperduur nuwe stylvolle Merc koop, hoe raak ek ontslae van drogbeelde van híérdie vervelige stapelvervoer vir die massas van gister?

Piet Snot ·

Ou Ekwi, jy kan daai kar noem wat jy wil.
As jy my die sleutels gee, draai ek doodstil om en loop weg met ‘n smile op my bakkies.

Jaco ·

Mercedes se reeksname het nog altyd sin gemaak. Die laaste jare het dit nie meer nie. Bly hulle ruk dit nou weer reg. 10 uit 10 Daimler. By verre die beste en ligjare voor jul mededingers.

Jaco ·

Ja dis reg wie onthou nou daardie Fords Toyotas ens. veral as jy agter die stuur van n stukkie meesterlike Duitse ingenieursewese sit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.