Opwindende 2017 vir Kyalami Grand Prix-renbaan

Opwindende 2017 vir Kyalami Grand Prix-renbaan (Foto: Kyalami Grand Prix)

Opwindende 2017 vir Kyalami Grand Prix-renbaan (Foto: Kyalami Grand Prix)

Daar sal gedurende 2017 drie motorsport- en verskeie leefstylgeleenthede plaasvind. Die eerste renne van 2017 kan gesien word op 21 en 22 April. Die Motorsport-fees sal die Extreme-fees insluit en die beste nasionale en plaaslike vierwielkategorieë insluit.

Die Motorsport-fees keer terug vir ʼn tweede ronde op 4 en 5 November. Die jaar sluit af met die historiese Classic Car and Historic Racing Festival op 1 en 2 Desember.

Terug weens groot aanvraag is The South African Bike Festival powered by Discovery Channel tussen 26 en 28 Mei. Tydens die fees sal besoekers bederf word deur die twee debuutrondes van die 1000cc SuperGP Champions Trophyreeks.

2016 se SA Festival of Motoring duur voort in 2017 as SA Motoring Experience powered by the SA Festival of Motoring. Die fees vind plaas tussen 1 en 3 September en daar kan baanervarings en toetsritte verwag word. Die fees sal die Johannesburgse Boot- en Waterskou insluit om verskeidenheid te verseker.

Die DStv Delicious International Food & Music Festival presented by Nedbank is by Kyalami tussen 30 September en 1 Oktober.

Vir meer inligting besoek die Kyalami Grand Prix-renbaan-webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Peet Schabort ·

Gister so ‘n ou op een wiel in Nigel sien ry. Pragtig en indrukwekkend totdat . . . Hy oefen seker vir hierdie makietie.
Laat my dink aan die laaitie met: “Kyk ma ek ry met los hande !!! KARPLAKS !!! En daaropvolgende na die stofwolk wegwaai: “Kyk ma, ek het nou geen voortande”!!
Daar is ‘n plek en ‘n tyd vir jou manewales (of is dit manne wales?)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.