[Wen] Kuier saam by die motorfietsfees

Foto: Harley Davidson

Ek het skaars herstel van Africa Bike Week in Oos-Londen, of die volgende fees is op ons: die South African Bike Festival wat van 26 tot 28 Mei op Kyalami plaasvind.

Harley-Davidson, die hoofborg van die Africa Bike Week, is baie opgewonde oor hul nuwe modelle wat vir die eerste keer te in Suid-Afrika gaan brul. Die lang verwagte Street Rod sal te siene wees en boonop gee Harley Davidson een van hierdie modelle vir een gelukkige feesganger weg.

Later die maand kom die Road King Special ook na Suid-Afrika, maar jy kan al volgende naweek ʼn voorsmakie van hierdie fiets kry.

As jy nie ʼn motorfietslisensie het nie, hoef jy nie bekommerd te wees nie, want Harley-Davidson se Jump Start-motorfiets gaan ook daar wees. Dit is ʼn motorfiets wat op ʼn statiese raam gemonteer is, sodat jy kan voel hoe dit is om in ʼn veilige omgewing op ʼn Harley te ry.

Foto: Harley Davidson

Die pret stop egter nie daar nie. Daar is doelgemaakte fietse waarna feesgangers kan kyk, en ʼn interaktiewe werkswinkel vir mense wat hul Harley ʼn tikkie uniekheid wil gee.

Klik hier vir meer inligting oor die fees besoek. Lees ook meer oor Harley Davidson.

Harley-Davidson het my ‘n paar kaartjies in die hand gestop en gevra ek moet my vriende nooi. Ek het egter besluit om dié kaartjies aan Maroela Media se lesers uit te deel. Daar is vyf stelle dubbelkaartjies vir Saterdag 27 Mei op die spel.

WEN: Vyf lesers kan elk ʼn dubbelkaartjie na die South African Bike Festival wen. Om in te skryf, stuur jou naam, kontaknommer, en jou antwoord op die volgende vraag, na [email protected]: Waar word die motorfietsfees gehou? Die kompetisie sluit 19Mei. Wenners word per e-pos in kennis gestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.