’n Ballon met ’n deursnee van 80 m sal ’n landingstuig se spoed van 84 000 km/h na ’n veilige landingspoed verminder voordat die landingstuig van die ballon geskei word en op Pluto land.
Dié landingstuig sal van die geringe aantrekkingskrag en die dun maar uitgestrekte atmosfeer van die dwergplaneet gebruik maak om na ’n ander bestemming tientalle van honderde kilometers verder te spring.
Met elke landing sal uitgebreide metings gedoen word. Die konsep is deur die Global Aerospace Corporation aan die 2017-simposium Nasa Innovative Advanced Concepts (NIAC) in Denver vir oorweging voorgelê.
Die doel van die projek is sodat die tuig die bevrore oppervlak van Pluto kan navors en verken. Dié tuig verskil van ander in die opsig dat hy nie beperk word tot ʼn spesifieke omgewing of klein oppervlak nie, maar groot dele van die planeet kan verken. Die landingstuig se missie is onder meer om die oorsprong van die planeet te probeer bepaal en om monsters te neem wat later bestudeer gaan word.