‘Bonsende’ landingstuig gaan Pluto verken

Pluto van naderby beskou Foto: NASA

’n Ballon met ’n deursnee van 80 m sal ’n landingstuig se spoed van 84 000 km/h na ’n veilige landingspoed verminder voordat die landingstuig van die ballon geskei word en op Pluto land.

Dié landingstuig sal van die geringe aantrekkingskrag en die dun maar uitgestrekte atmosfeer van die dwergplaneet gebruik maak om na ’n ander bestemming tientalle van honderde kilometers verder te spring.

Met elke landing sal uitgebreide metings gedoen word. Die konsep is deur die Global Aerospace Corporation aan die 2017-simposium Nasa Innovative Advanced Concepts (NIAC) in Denver vir oorweging voorgelê.

Die doel van die projek is sodat die tuig die bevrore oppervlak van Pluto kan navors en verken. Dié tuig verskil van ander in die opsig dat hy nie beperk word tot ʼn spesifieke omgewing of klein oppervlak nie, maar groot dele van die planeet kan verken. Die landingstuig se missie is onder meer om die oorsprong van die planeet te probeer bepaal en om monsters te neem wat later bestudeer gaan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.