Drie planete dalk bewoonbaar

Kunstenaarsvoorstel van die drie planete wat om die dwergster, 40 ligjare van die aarde af, wentel. Die planete is ontdek danksy die TRAPPIST-teleskoop by ESO se La Silla-sterrewag ontdek is. Grafika: M. Kornmesser/ESO

Kunstenaarsvoorstel van die drie planete wat om die dwergster, 40 ligjare van die aarde af, wentel. Die planete is ontdek danksy die TRAPPIST-teleskoop by ESO se La Silla-sterrewag. Grafika: M. Kornmesser/ESO

Sterrekundiges het drie planete wat om ’n klein, koue ster 40 ligjare van die aarde wentel, ontdek.

Amerikaanse en Belgiese wetenskaplikes het in die mees onlangse vakjoernaal, Nature, aangedui dat dié drie planete goeie kandidate is dat hulle bewoonbaar kan wees.

Sterrekundiges het die ontdekking gemaak danksy die TRAPPIST-teleskoop by ESO se La Silla-sterrewag en die ster is “TRAPPIST-1” gedoop. TRAPPIST-1 is nie met die blote oog van die aarde af sigbaar nie, al is dit in ruimteterme net ’n hanetreetjie van die aarde af. Dit is 8% die grootte van ons son, en veel kouer. Die ster is net-net groter as Jupiter. Die drie planete, wat as aardgrootte beskryf word, wentel naby genoeg aan die ster om lewensvatbaar te wees, en is ver genoeg om nie aan te veel bestraling blootgestel te wees nie.

Die wetenskaplikes meen meer ondersoekwerk met ’n beter teleskoop is nodig, en dat ons binne ons leeftyd behoort te weet of daar lewe op een of meer van die planete is.

Lees meer: MIT News, CS Monitor

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Xa ·

Ek wens die planeet was nader want ons gaan binnekort n ander een nodig he soos die ongeletterde populous en misdadigers nou die hele wereld oorneem.

lekker gelag ·

Krisis….ek het nou lekker gelag vir jou comment Xa :D

Johan 2 ·

Baie interessant. Hul moet nou daai “micro tuigies” begin stuur.

Akram ·

Genugtig. 40 ligjare???? dis ongelooflik ver. hoe gaan ons daar kom en hoe lank gaan dit vat om daar te kom? sal daar dalk eetbare kos wees? water en sulke dinge? sal nie graag my dop met blou of groen goed wil meng nie.

Reinhardt ·

As jy teen die spoed van lig beweeg sal dit jou 40 jaar vat om dit te bereik. Ongelykkig kan ons nog nie teen die spoed van lig beweeg nie…

Theuns ·

Dankie Herman. Jou kommentaar stuur ons gedagtes, vir afleiding, in ‘n meer aangename rigting, weg van ons eie planeet! Die spoed van lig is 299 792 458 m/s (meter per second) Dit gaan ons omtrent 40 ligjare neem om daar te kom. Die micro tuigies gaan dalk viniger as lig vlieg wat die tydperk sal verkort! Baie interesant is die feit dat jy ver in die verlede in kyk as jy van die aarde af kyk Wat jy sien is, byvoorbeeld hoe die drie planete, 40 jaar gelede gelyk het.
Hier is ‘n gedigie vir al my sterekundige vriende:
Once upon a time
there was a little girl called Kate
She could fly faster than light
One day she decided to go on a flight
And came back the previous night.

KLEIN ·

WIE Sê so dat ons nie teen die spoed van lig kan beweeg nie. Julle het nog nie die TAXI`s en misdadigers in ons dorp sien beweeg nie.

Theuns ·

Ja, en as jy op enige van die drie planete is en jy kyk terug aarde toe sou jy Suid Africa sien soos hy 40 jaar gelede gelyk het, soos in 1976. Dit moet ook vir ons hoogs ontwikkekde tegnologiese vriende met hulle “UFO’s, wat van ver af kom, vreemd lyk hoe agtergeblewe en ontontwikkeld Afrika lyk!! Hulle het heel warskynlik ook al die Aarde beskou en besluit dit is nie die plek vir hulle nie! As die Aliens na photo’s van ons kyk, en hulle sien hoe 15 skole in eendag afgebrand word, lag hulle hulle seker dood en se” dit kan nie waar wees nie! seker dit is ge Photoshop!”

andre ·

Ag kan die blou mannetjies nie my asb kom haal nie ,ek wil nie meer in Suid Africa bly nie
kom haal my asb

FC ·

Dit bly vir my moelik om enige iets wat sogenaamde wetenskaplikes “ontdek” te glo.
Jy lees net soveel berigte wat sê dat dit wat die wetenskaplikes geglo het oor dit of dat was toe al die tyd iets anders.
Het die wetenskap dan niks anders as ‘n raai raai speletjie geword nie ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.