Een van aarde se naaste buurstelsels ondersoek

Twaalf beelde oor mekaar geplaas van die derde naaste stelsel aan die aarde, wat uit net twee bruin dwerge bestaan.

Die Hubble-teleskoop is ingespan om ’n deeglike studie van die aarde se derde naaste buurstelsel te doen, naamlik Luhman 16AB.

Die stelsel is eers in 2013 ontdek, en die studie is pas afgehandel.

Tydens die ondersoek is daar tot die gevolgtrekking gekom dat die stelsel uit net twee bruin dwerge bestaan, en daarom so moeilik was om op te spoor.

Van ’n derde bruin dwerg, wat aanvanklik vermoedelik ook deel van die stelsel sou wees, was daar egter geen spoor nie.

Die vermoede dat daar ’n derde liggaam teenwoordig sou wees, het ontstaan nadat die Europese Very Large Telescope die stelsel se bewegings ondersoek het.

Hubble het egter alle moontlikhede van ’n derde liggaam uitgeskakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.