Eerste ruimtetoeriste gaan glo 2018 om die maan

Foto: Pixabay, Wiki Images

Foto: Pixabay, Wiki Images

Kort ná Nasa bekend gemaak het dat ondersoek gedoen gaan word na die koste daarvan om ’n onbemande rit om die maan wel ’n bemande rit te maak, het Space X aangekondig dié maatskappy gaan in 2018 reeds twee ruimtetoeriste om die maan laat vlieg.

Nasa het beplan om sy onbemande tuig aan die einde van 2018 of begin 2019 te lanseer, en die bemande tuig tussen 2021 en 2023 te lanseer. Volgens verwagting sal dit iewers tussen 2019 en 2023 wees as hulle daarin slaag om die twee sendings te kombineer.

Space X is vol vertroue om die twee ruimtetoeriste teen die einde van aanstaande jaar om die maan te laat wentel. Hulle begin eersdaags met hul opleiding. Verskeie kenners meen die teikendatum van 2018 is ooroptimisties aangesien daar altyd vertragings intree.

Space X wil ook in hierdie tyd ʼn onbemande tuig na Mars stuur.

Die maatskappy het vandeesweek gesê daar is egter nog baie wat moet gebeur voor dié ruimtesending sal kan plaasvind. Die tuig moet onder meer nog getoets en verskeie ander toetse ook nog voltooi word.

Bron: Christian Science Monitor

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.