Musk skryf hoe hy miljoen mense op Mars gaan vestig

Elon Musk. Foto: AP Photo/Evan Vucci, File

Indrukwekkende syfers wat verskeie nuwe rekords bevat, maak deel uit van die Suid-Afrikaans gebore Elon Musk se planne om ’n stad met ’n miljoen mense op Mars te vestig.

Musk, grootbaas van Space X, het sy planne op skrif gestel, en dit kan gratis hier afgelaai word.

Onder die planne tel die gebruik van ruimteskepe en vuurpyle wat oor en oor gebruik kan word. Die ruimteskepe sal elk deur 42 van Space X se Raptor-enjins aangedryf word. Dit stel die skepe in staat om 300 ton se vrag tot ’n lae wentelbaan om die aarde te lanseer, in vergeleke met die bestaande rekord, die legendariese Saturn V-vuurpyle wat mense na die maan geneem het. Saturn kon 135 ton lig.

Die ruimteskepe en ander voertuie wat na Mars moet reis, sal in ’n wentelbaan om die aarde bly tot al die skepe wat die reis na die Rooi Planeet gaan aanpak, saamgetrek is. Wanneer Mars en die aarde dan op hul naaste aan mekaar is, sal die prosessie vertrek.

Uiteindelik sal ’n 1 000 skepe elk met ’n 100 mense aan boord vertrek.

Die terugkerende skepe sal van metaangebaseerde brandstof gebruik maak wat op Mars vervaardig is. Op dié manier kan ’n miljoen mense oor die volgende 50 tot 100 jaar na Mars geneem word.

Musk beoog dat die projek, as alles klopdisselboom verloop, oor tien jaar van stapel gestuur sal word. Baie water moet egter nog in die see loop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Eish ·

Soos ek nou voel wil ek saam, net die ouderdom lol bietjie. Ek vertrou Mnr. Musk (klink of hy lekker ruik) het die omgewingsimpakstudie behoorlik gedoen. Dan vertrou ek ook dat die plaaslike in inwoners van Mars nie oor n paar miljoene ligjare van nou af die kolonialiste wat gaan kolonialiseer gaan reduseer tot tweedeklas ruimteplakkers nie. Dit sal aardig wees om Mars mannetjies meerderheidsaandeel in jou ruimtepak te moet gee deur MEE. Née o genade, ek bly maar nog bietjie hier.

Johnny ·

Nou dagdroom ek lekker… my lysie van mense wat maar kan gaan is besig om te groei…..

Jenny Thom ·

Droom maar lekker. Majesteit YHWH, Skepper van hemel en aarde sal nie toelaat dat julle op Sy planete en Sy skepping rondkarring nie!!!

Eish ·

Psalm 8:7 ” U laat hom heers oor die werk van U hande; U het alles onder sy voete gestel.” 53 vertaling.

Bietjie bietjie ·

Stuur sommer vir Musk eerste !
So seker van sy saak is sal hy mos nie skroom om die eerste skippie te klim nie!
Hoekom nou ander mense eerste stuur ?
Klim eerste en sit jou geld waar daardie dromer mond van jou is asseblief meneer

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.