Rosetta bots teen komeet

Die ESA Rosetta het dié grafika op sosiale media gedeel met #MissionComplete #CometLanding Grafika: ESA Rosetta Mission ‏@ESA_Rosetta

Die ESA Rosetta het dié grafika op sosiale media gedeel met #MissionComplete #CometLanding Grafika: ESA Rosetta Mission ‏@ESA_Rosetta

Die Rosettatuig van die Europese Ruimte-agenskap het sy sending na bykans ’n jaar wat dit om ’n komeet gewentel het, beëindig deur teen die komeet te bots.

Die tuig kon, soos dit sy einde nader, skouspelagtige foto’s van komeet 67P/Churyumov-Gerasimenko neem.

Dit het die Rosetta, sowat ’n dekade na dit in 2004 gelanseer is, geneem om die komeet te bereik, waarna dit in ’n wentelbaan daarom gegaan en die komeet op sy reis om die son vergesel het. Die landingstuig, Philae, se landing op die komeet was nie baie suksesvol nie en min data oor die oppervlak kon versend word. Trouens, Rosetta het eers onlangs die laaste rusplek van Philae opgespoor.

Waardevolle inligting is tydens die sending bekom. Die Europese Ruimteagentskap sê dat die water op die komeet verskil van water op Aarde, en daarom moet daar na ander bronne as komete gesoek word vir die water wat op Aarde aangetref word. Belangrike boustene vir die voor-prosesse om lewe te laat ontstaan is ook op die komeet gevind.

Bron: Christian Science Monitor

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.