Ruimtereise eers na die Maan, dan Mars

Foto: Space.com

Nasa se planne om mense na Mars te neem, ontwikkel mooi, en deel van die ontwikkeling is dat mense ’n jaar lank in ’n wentelbaan om die Maan gaan verkeer.

Die doel is om te bepaal hoe goed ’n bemanning die lang reis na Mars in ’n soortgelyke module kan hanteer.

So ʼn Marssending word vir ná 2030 beplan.

Die versending van mense na ’n wentelbaan om sowel die Maan as na Mars behels verskeie onbemande stappe om toerusting en voorraad te lewer.

Die fasiliteit wat om die Maan geskep word, sal as ’n afsendingstasie vir reise na Mars kan dien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Linda ·

Hierdie artikel is nie heeltemal korrek nie. Hier word geen melding van Elon Musk en SpaceX gemaak nie, wat die mees belangrikste rol speel, asook nie van Hyperloop nie !

Paul ·

Nou wat het die Hyperloop enigsins met die ruimte te doen, Linda?

Verder, die planne vir hierdie stasie is inderdaad, soos Herman sê, NASA s’n. Dit sluit ook ‘n beplande Russiese module in, plus samewerking met die Europese, Japannese,en Chinese Ruimte-agentskappe in.

Daar kan moontlik van privaat-maatskappye soos Space-X gebruik gemaak word om die komponente te lanseer, maar daaroor is nog nie besluit nie.

Klaas ·

Net die man op die maan sal weet hoe die “Hyperloop” by die planne inskakel,
het groot afwagting vir die antwood.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.