[Video] Groot asteroïde kom ‘na aan’ aarde

‘n Skermskoot uit die video

Die grootste asteroïde sedert 2004 sal op 19 April op ’n afstand van 1,8 miljoen kilometer van die aarde verbytrek.

Die asteroïde, genaamd 2014 JO25, is 650 m in deursnee.

Nasa het vandeesweek gesê dat die asteroïde nie gevaar vir die aarde inhou nie.

2014 JO25 was om 12:00 op 19 April die naaste aan die aarde gewees, nader as enige ander asteroïde die afgelope vier dekades. Dié asteroïde sal glo eers oor meer as vyf eeue weer só naby aan die aarde kom.

Die volgende van dié soort verskynsels sal eers in 2027 wees wanneer die asteroïde 1999 AN10, wat 800 m in deursnee is, 380 000 km van die aarde af sal wees.

Dit sal ten spyte van sy grootte nie met die blote oog gesien kan word nie en ’n teleskoop word aanbeveel.

Jou grootste kans om 2014 JO25 raak te sien is saans – die asteroïde sal glo lyk na ʼn bewegende ster. Jy sal egter ʼn paar minute lank moet kyk om dié asteroïde op te merk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Le Roux ·

As ek die eerste paragraaf lees, dan dink ek ons moet skuiling soek.

Martin ·

Julle het n fout begaan… Dit is 1.8 miljoen km en nie 1.8 km nie

Janie Monsieur ·

Dagsê Martin,
Dankie vir jou kommenataar. Jammer vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

Allan ·

Die afstand is 1,8 miljoen km volgens NASA se webtuiste. Klein feite fout, maar nie probleem nie, ek noem dit maar vir wat dit werd is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.