Ysigloes dalk oplossing vir Marspioniers

Mars (Foto: Nasa)

Mars (Foto: Nasa)

Nasa het vandeesweek gesê hy het moontlik geskikte materiaal ‘ontdek’ om huisvesting vir ruimtevaarders op Mars te verskaf.

Die agentskap het gesê huisvesting van ys, soos die ysigloes van die Eskimo’s, kan moontlik veilige huisvesting vir ruimtevaarders verskaf terwyl hulle navorsing doen op die planeet.

Nasa se Langley Research Centurion, in Hampton in die VSA, het dié beplanning van die sogenaamde Mars Ice Homes bekend gemaak. Dit vorm deel van ʼn reeks uitdagings wat Nasa moet oorkom as deel van sy plan om in die volgende dekade ruimtevaarders na Mars te stuur.

Die idee is dat die binnekant van die igloes van die aarde na Mars gebring word en daar opgeblaas word. Die buitekant word dan met waterys toegepak, wat plaaslik gekry word. Nasa glo groot hoeveelhede waterys is net onder Mars se oppervlak te vinde.

Omdat die reis na Mars langer sal neem en ruimtevaarders vir lang tye op dié planeet moet bly, is een van die vereistes ook stoorplek.

Waterys het dieselfde vermoë as ander materiaal wat andersins van die aarde vervoer sou moes word om bestraling te keer. Dit kan ook stofstorms weerstaan.

Bron: Christian Science Monitor

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Justice ·

Dit lyk vir my so al asof voornemende Marskandidate eers die werkinge van ‘n pik, graaf en kruiwa goed sal moet bestudeer indien hulle in hul ysiglos wil slaap.

John ·

Dor stofstorms en ons in ‘n koue yshut ver van die huis af… klink na moeilikheid saam met groot verlang… Hulle kan maar probeer, maar daar is ‘no place like home’…

Richard ·

Vat net vir Angus Buchan saam.

Hy mag maar aartappels plant.

En bid, want bid en Bybel lees gaan julle Mars mannetjies baie nodig kry.

piet ·

Die aarde is plat en NASA het nooit op die maan geland nie, want hulle kannie. Dis basies soos ‘n hollywood fliek. Doen jou eie navorsing.

Theresa ·

So ‘n klompie ronde geboutjies sal baie beter lyk oral waar daar behuising moet opkom. Moontlik??

Philip Lourens ·

Ek probeer opvolg wat geword het van die moordsaak van die wildboer Piet Venter, wat in November 2015 in sy huis vermoor is. Dit is nou ‘n jaar later, en ek kon geen opvolgeberigte op Maroela Media kry nie. Kan julle my dalk in die regte rigting stuur, asseblief?

zoom zoom ·

Wonder of die mense wat daar gaan bly sal kan toi toi oor dienslewering.
Sal daar vakbonde gestig word.
Gaan daar RDP huise gebou word en sal die wat daar bly geregtig wees om grond te eis as hulle afgedank word

Apie ·

Daardie iglos laat dink my aan Steinkopf. Ons kan n wereld tronk daar bou. No escape!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.