Aanhangers gons oor dié foto van Manie en sy nooi

Die foto wat Manie Jackson op Facebook gedeel het (Foto: Facebook)

Die Afrikaanse sanger Manie Jackson het aanhangers behoorlik aan die gons nadat hy onlangs ʼn foto van hom en sy vriendin, die sangeres Angel, op Facebook gedeel het waar hy haar oënskynlik die jawoord vra.

Honderde gelukwensings het ingestroom nadat die sanger dié foto gedeel het, met talle aanhangers wat volhou dat hy en Angel verloof geraak het.

Jackson het egter geskerts en gesê het hy per ongeluk neergeslaan en staan daarom in dié posisie.  “Ons is vanoggend bergop om Vadersdag te vier en ʼn mooi lugfoto van die plaas te kry, toe slaan ek neer en is amper bergaf, maar gelukkig was Angel by om my val te keer. Ongelukkig het my dogter se hand gebewe en nou blur die foto so bietjie. Gelukkig is die idee darem daar,” het hy op Facebook laat hoor.

Meer as 120 aanhangers het op dié inskrywing gereageer met sommige wat sê die eintlike boodskap van dié inskrywing moet tussen die lyne gelees word.

“As die ‘val’ is wat ek dink dit is, is ek baie bly Manie en Angel. Baie geluk! Mag julle mekaar baie gelukkig maak,” het Magda Strydom laat hoor.

“Dit lyk nie juis of jy geval het nie – jou gesig wys ʼn heel ander storie,” het Aletta van Zweel geskryf.

Maroela Media kon Jackson nie Maandag telefonies bereik nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Wimpie ·

Hyt in n mooi posisie geval…… en die foto nogals op die oomblik in posisie geneem met blur en al. Dis mos nie n sonde om te vra nie al het sy dalk nee gese…

Roxy ·

Angel- (Bernice) was vir baie jare my beste vriendin! Geluk as dit so is.. :)

MissDemeanor ·

Ek neem aan julle is nie eintlik juis meer vriende nie. Anders sou jy sekerlik geweet het of dit wel so is en dan kon jy haar persoonlik gelukgewens het en nie via die kommentaar funksie op die webblad nie.

ek! ·

@missekdinkekweetalles! Nee ons het mekaar baie lanklaas gesien omdat omstandigehede mense partykeer uitmekaar dryf! Ek was vir lank oorsee en dit is hoekom ons kontak verloor het nie dat ek enige iets aan jou hoef te verduidelik nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.