Afrikaanse sanger, radioman verwelkom tweede bulletjie

Lenro en sy ma, Denise (Foto: Facebook)

Die Afrikaanse sanger en radio-omroeper MD Greyling en sy vrou, Denise, het Woensdag ʼn tweede seuntjie ryker geword.

Die sanger het die nuus Donderdag aan Maroela Media bevestig.

MD vertel Lenro – ʼn naam waarop die egpaar sommer besluit het omdat dit vir hulle mooi is – en Denise is albei gesond. Denise word Saterdag uit die hospitaal ontslaan ná ʼn keisersnee.

Die egpaar het ook ʼn ander seuntjie, Divan, wat net ʼn raps ouer as ʼn jaar is.

“Nou gaan ons twee seuntjies in die huis hê, so ons berei onsself voor op ʼn malhuis. Gelukkig is ons heeltemal voorbereid vir die res van die jaar, aangesien ons reeds met Divan ʼn pad moes stap,” vertel hy.

Wat van ʼn dogtertjie? “Ek dink ons gaan so ʼn bietjie tyd neem om asem te skep,” skerts hy. “Ons sluit nie die moontlikheid heeltemal uit nie – maar ons sal oor so drie jaar weer herbesin as ons met Divan en Lenro oorleef het.”

MD het voorheen aan Maroela Media vertel die geboorte van sy eerste kind het hulle lewe verander. Hy meen dié bulletjie gaan die gesin se lewe ook verder verryk.

“Ons lewe het onherroeplik verander. Dit het eintlik verander van die dag dat ons gehoor het ‘ons’ is swanger. Voor troues en kinders doen ʼn mens alles vir jouself, nou draai my lewe van dag een om hulle,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Ilze ·

Lenro en sy vrou Denise? Moet die nie Lenro en sy ma Denise wees nie

Janie Monsieur ·

Dagsê Ilze,

Dankie vir jou kommenataar. Jammer vir die glips! Dit is inderdaad Lenro en sy ma! Dankie dat jy ons op die fout gewys het, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

Elsje ·

Ai ons is al so gewoond om vieslik te wees. Hoekom is dit nodig? Stilbly is mos beter of gaan google die mense. Hy het n sagte hart en is n pragtige man wat mooi kan sing. Plat op die aarde mens.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.