Bekende Afrikaanse aktrise, aanbieder verloof

Christian Bam en Therese Benade (Foto: Facebook)

Christian Bam en Therese Benade (Foto: Facebook)

Die gewilde kykNET-aanbieder en aktrise Therese Benade het Vrydag haar verlowing aangekondig.

Die aktrise (39) en die bekende Kaapse argitek Christian Bam (50) het vandeesweek by die Cape Grace-hotel by die V&A Waterfront in Kaapstad verloof geraak.

Dié voormalige Villa Rosa-aktrise is sedert Februarie vanjaar in ʼn verhouding met Bam. Die paartjie ken mekaar glo al agt jaar.

“Christian het my heeltemal onkant gevang met die vraag, maar ek het natuurlik dadelik die jawoord gegee,” het Therese gesê.

“Ek weet elke vrou sê dit altyd wanneer haar droomman haar vra om te trou, maar ek is regtig die gelukkigste vrou in die wêreld vandag.”

Therese is verder ook bekend as Kwêla-aanbieder en vir haar rol in die destyds gewilde Song vir Katryn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Simon ·

Christian ,
Pas haar goed op sy is voorwaar besonders.
Vul die poel van welwillendheid gedurig oorvloediglik aan en neem self slegs n beskeie deel daarvan uit vir jouself sodat die poel al voller word elke dag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.