Bekende egpaar hernu troubeloftes: ‘Die huwelik is ‘n Goddelike instelling’

Die egpaar tydens die "Vir Altyd"-première (Foto: Facebook)

Die egpaar tydens die “Vir Altyd”-première (Foto: Facebook)

Die Afrikaanse sanger, Heinz Winckler en sy vrou, Aletté, het die afgelope naweek hul tiende huweliksherdenking gevier met die hernuwing van hul troubeloftes.

Die egpaar het dié seremonie, by die La Chandelieur-landgoed op Schoongezicht in die Wes-Kaap, slegs met ʼn intieme groep vriende en familie gedeel.

“Dit was ʼn  spesiale geleentheid om met vriende en familie te deel,” het die sanger op Facebook geskryf. “Die huwelik is so ʼn pragtige Goddelike instelling en ons is dankbaar ons kon deur God se genade die dag vier. Ons sien uit na die res van ons lewe saam.”

Aletté het ook háár dankbaarheid vir dié mylpaal in ʼn hartroerende video gedeel. “Ek wou hierdie video maak om te sê die afgelope tien jaar was die beste van my hele lewe. Daar is niks soos die intimiteit van ʼn huwelik nie.

“Dit was ook die tien moeilikste jare van my lewe. Mense is geneig om te dink dis so maklik. Ek kan julle verseker, as dit nie vir God was nie, sou ons nie meer saam gewees het nie. Ons moes ook moeilike tye deurmaak, maar ons het deurgedruk. Maar dis die moeite werd, en ek wil mense aanmoedig om te baklei vir hul huwelike,” het sy gesê.

Die sanger se inskrywing is in minder as ʼn halwe dag meer as 1 000 keer op Facebook ge-“like”.

Hy is veral ook wyd geprys vir sy siening van die huwelik. “As almal maar net besef hoe ernstig die huwelik is. Dis regtig mooi dat hulle so ʼn voorbeeld stel,” het ʼn aanhanger aan Heinz geskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Lalla ·

Baie geluk! Ek dink julle is ‘n pragtige voorbeeld vir baie bekende paartjies!!! Mag julle toekoms saam dieselfde liefde vir mekaar inhou soos die 10 jaar wat verby is!!!

Jo-anli ·

Heinz en Alette julle is fantasties
so bly daar is nog mense soos julle wat huwelik ernstig opneem. Ek en my wederhelf is hierdie jaar 36 jaar getroud. Moeilike tye en maklike tye slles die moeite werd. Met God in jou lewe is niks onmoontlik.

Griet ·

Cherokee& Tintinkie: Hoekom lees julle dit as julle nie belangstel? EN dan neem jy nog tyd om kommentaar te lewer?! REGTIG???

Kobus ·

Baie geluk julle . Bly altyd die mooi voorbeeld wat julle is. Dis waar, God het jul saamgevoeg en mens moet dit volhou.

Tinktinkie ·

Ek wonder oor d ding dat God mense saamsit. Karlien v Jaarsveld was dan net so vas oortuig dat Derek deur God vir haar gestuur is…was op elke voorblad! Het God nou Sy “mind gechange” en n nuwe man gestuur? Help….ek verstaan nie!!

Carien ·

Nee Tinktinkie, deesdae is daar te veel mense wat by God “hoor” en eintlik hoor hulle niks. Mens kan ook altyd bid vir die regte lewensmaat, hom kry (deur God gestuur) en dan raak hulle die pad van God byster en dwaal af en so gee hul vatkans vir die vyand. Mense dink ook as jy God dien is jou lewe maklik. Waar de hoenders in die Bybel staan dit. Daar staan ek is in n oorlog teen bose magte, dat ek dit swaar op die aarde gaan hê, maar hou goeie moed. Ons moet besef in n huwelike is dit nie net maanskyn en rose nie, maar jy moet daagliks op jou knieë veg vir jou huwelike…die vyand loop rond soos n brullende leeu. Sataniste bid dat huwelike moet opbreek, ons moet bid dat hulle staande bly en veg vir jou huwelik op jou knieë.

Rina Kotze ·

Ek het regtig probleem met Karlien.
Sy het met groot ophef getrou, groot ophef hul 2 ling gehad, maar is daar groot ophef gemaak om haar huwelik te probeer red???
Volgens my, wat ek sien, NEE! Sy kon nie wag om te skei nie, nie eers probeer werk om haar huwelik te red nie. Wie se raad het sy gevolg? aan wie dink mens sulke tye?
Was skei maar die maklike uitweg om iewers anders weer te probeer???

Nee wat, ek gun dit vir die Winkclers om hulle saamwees te vier! elke huwelik het sy moeilike en maklike tye, dis juis in die moeilike tye waar karakter en lojaliteit getoets word, want dis maklik om in goeie tye saam te staan!

Ekke ·

Ons is reeds langer as 20 jr getroud….ons eerste belofte aan mekaar en vior die Here geld nog. Sien geen rede waarom dit hernu moet word nie.

Griet ·

Ag deksels: Gun ander mense om dit te vier op HULLE manier?!?!

wiebo ·

Ag shame. Gee eerder die geld wat hierop gemors is vir n goeie doel!

Denise ·

Nee asseblief hoekom so krieties wees dit is wat hulle wou doen en basta en hoekom moet hulle nou hulle geld vir ander gee asseblief elkeen is tog geregtig om sy geld op homself te spandeer dit is nie elke dag wat jy dit doen nie en kyk mooi hulle drie pragtige kinders vir wie hulle werk en ja hulle skenk ook !!!!

Donovan ·

Carlien, jy slaan die spyker op die kop… die bose magte en prinsepale wat woon op die aarde is los soos n brulende leeu… Daar is niks so sterk soos die band tussen n man en sy vrou nie en die duiwel weet dit ook, dit is hoekom sy missie is om huwelike te verwoes… Sodra jy die ou nare slang die deur tot jou swakheid wys sal hy alles in sy vermoeens doen om jou te maak struikel… Mnr en Mevr daar is nie n beter tyd as NOU om jou man of jou vrou te verseker van jou liefde nie… Die duiwel haat liefde en hy sal alles in sy vermoeens doen om dit te keer en elke keer as julle julle liefde verklaar raak hy rasend boos… So kom ons maak hom KWAAD!!! Onthou net Mnr jy het net 1x ribbetjie prys gegee en onthou Mevr dit is hoekom jy naby jou man se hard is en maak seker jy Mevr is net van een Ribbetjie aan mekaar gesit… wees lief vir mekaar…

anita ·

Ons al 32 jaar getroud met net een belofte nogsteeds bymekaar. Wat nog om in die nuus te kom

Hannelie ·

Baie geluk julle twee. Dit wys jou net jul huwelik is geseën deur God. Wat ‘n mooi voorbeeld is julle nie.

Rina Kotze ·

Wel gedaan julle 2!

Ek en my man beplan ook om dit met ons 10de huweliksherdenking volgende jaar te doen.
Dis eintlik meer ‘n bevestiging en danksegging dat mens nog vir mekaar en jul kinders gespaar is en nog steeds deur veral moeilike tye bymekaar is.
Julle is ‘n voorbeeld vir baie! Hoop julle doen dit oor 10 jaar weer!!!

Al die negatiewes: Dis vir ‘n slag iets moois en opbouends, beter as al die slegte nuus!

Marietjie ·

Baie geluk…..Mag jul nog 5 dekades harmone hou…. dit is vir my so mooi en n voorbeeld vir al die suur knolle…… wens ek kon dit weer doen na 26jaar….. jul 2 is pragtig en geseen met soveel talend….. God bless xxxx

Maria ·

Ag tog as Bekende tyd skuif net blond met haar nuwe gewone nuwe liefde nuus haal is dit ander aandag soekers. Nie veel verskil met “limelight” en dan word hul met alles geborg. Ons troubelofte voor God ge”sluit” en 9 Oktober herdenking van 40 jaar saam. Dit is ons voorreg en genade deur Hoër Hand en beslis nie media decking nodig.

Amanda ·

Ek wil graag my innige dank uitspreek dat Heinz en Alette hierdie spesiale oomblikmet die publiek gedeel het. Dit is wonderlik om te weet dat hille nie skaam is om God eer en erkenning te gee in hul verhouding nie. En dat hulle eerlik is oor die uitdagings van die huwelik. Dit is vir my baie hartseer om die negatiewe kommentaar hier te lees. Dankie dat julle jul roem gebruik om God se naam te eer en te verkondig. Julle is ‘n inspirasie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.