Bekende paartjie deel opwinding oor swangerskap

Angelique Gerber en haar man, Jacques saam met hulle eersteling (Foto: Claudia Hamman)

Die aktrise Angelique Gerber en rugbyspeler Jacques Potgieter het gister op sosiale media laat hoor hóé opgewonde hulle is oor die koms van hul pienkvoete.

Gerber het vroeër die jaar aangekondig sy is swanger met ʼn identiese tweeling. Sy het ʼn plasing op Instagram gemaak met dié woorde: “Ons is so geseënd, want ek is nie swanger met een baba nie, maar met twee! Alle eer aan ons Vader in die hemel.” Gerber is net meer as 18 weke swanger.

Potgieter kan duidelik ook nie wag vir sy twee dogtertjies se koms nie, en het gister ʼn sonarfoto op Instagram gedeel.

“My twee prinsessies groei so mooi. Ek kan nie wag om julle te ontmoet nie,” het hy onder aan die foto geskryf.

Tussen al die opwinding deur is Gerber onlangs deur ʼn moeilike tyd met die dood van haar pa.

Gerber het op Facebook ʼn boodskap aan haar pa geskryf waarin sy vertel hoe hartseer sy is en hoe baie sy hom mis.

“Ai daddy, ek mis jou,” het sy geskryf. “Sjoe die pyn is nog steeds baie ondraaglik seer. Jy’s te vroeg weg en daarmee moet ek vrede maak, as ek ooit kan. Jy was ’n briljante oupa dankie. Jy is nou vry. Ek is lief vir jou en daar gaan altyd ’n groot gat in my lewe wees.”

Gerber en Potgieter is al sedert Augustus 2014 in ʼn verhouding en is verlede jaar op 11 Junie op die Eureka-landgoed buite Durbanville getroud.

Die egpaar het in November verlede jaar hul eersteling, Jacques, in die wêreld verwelkom.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

koos ·

Sjoe , getroud in Junie en November die eerste kind. Was die wittebrood te vroeg of die troue te laat?

Se Net ·

Ag nee mense los maar die snedige aanmerkings. Soos die Here se jy wat nie sonde het nie gooi die eerste klip. Party gebruik die pil of ander maniere terwyl hul flankeer en slaap by getroude of ander mans terwyl hul getroud is, ander kyk pornografie, party slaan hul vrouens, party mishandel hul vrouens verbaal. Party mense vloek, steel, en…..en so kan ek aangaan. Waar pas jy in?

MARTIE ·

Koos Daar is mos nie meer so ding soos trou en dan kinders nie dit is nou mos anders om :)

koos ·

Presies Martie. Soos die Campbells sing ” saambly saamslaap en kind kry, dis die verloop van die lewe so lyk dit my”

christa ·

watter vrou kan deesdae se sy het rein getrou? Dis mos uit die mode. almal dra ‘n veil op hul troudag , wat reinheid beteken, dalk om die mense te bluf..

Boere meisie (Tweeling mamma) ·

Baie geluk Angelique, dit is voorwaar wonderlik om te weet dat daar twee baba’tjies oppad is.
My tweeling Prinse is 16 jaar oud en obs dank ons Hemelse Vader elke dag vir die pragtige knapies. Deesdae is daar baie tweelinge of miskien omdat ek ‘n tweeling het let mens seker meer daarna op.
Beide families het tot 2 stelle tweelinge in een gesin.

Persoonlik ·

Koos “ek pas nie daar in nie maar soort soek soort…….” Jy pas beslis in by die wat oordeel. En dis sonde. Die Bybel is baie duidelik daaroor. Jy mag nie oordeel nie. Bybel sê ook sonde is sonde. Groot of klein. Dis dieselfde. Hulle sonde = jou oordeel sonde. Sê maar net. Gaan lees dit gerus op in die Bybel. Ek ook sondige mens net soos jy en al die ander. Baie baie geluk aan die pragtige paartjie met julle pienkvoete waarmee Jesus julle seën

Estelle Claassens ·

KOOS, gaan lees jou Bybel en kyk hoe min GOD hulle oordeel.
Dit beteken nie bly maar saam nie maar dat God weet hoe maklik sy skepsels in versoeking kan kom. KYK BYVOORBEELD HOE VEROORDEEL JY LINKS EN REGS! Ons gewones sal vir jou bid……nee wat, werk maar jou eie heil uit!!!!

SARIE VAN HEERDEN ·

Spaar ons tog asseblief die nuus en ondervindinge van glanspaartjies se swangerskappe, bevallings, ens. Dis amper soos die kosprogramme op tv.

Eps ·

Kom ons wees net bly vir die twee wat gelukig is. Ek wens die twee alle voorspoed toe en hope geluk en baie liefde. Solank die twee gelukig is dan maak die skinder stories nie saak nie. Kom ons help hulle om gelukig te wees.

Beer ·

Sarie stem saam met jou. Eers Joost en Amore, toe Dereck en Karlien, nou die Potgieters. Lyk my sommige “glanspaartjies” moet hul persoonlike snert aan die wereld verkoop vir ‘n inkomste anders oorleef hul nie. Dalk moet hul ordentlike werk kry…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.