George en Amal se tweeling gebore

George en Amal Clooney. Foto: Jordan Strauss/Invision/AP, File

Die akteur George Clooney en sy vrou, Amal, se tweeling is gebore.

George (56) en Amal (39), ʼn menseregte-prokureur, is in September 2014 in Venesië in Italië getroud.

Die glanspaartjie het Dinsdag die geboorte van Ella en Alexander aangekondig. “Ella, Alexander en Amal is gesond en gelukkig,” lui ‘n verklaring oor die geboorte. “George is onder verdowing en sal binne die volgende paar dae herstel,” is daar grappenderwys bygevoeg.

Die akteur, wat in 2006 vir die tweede keer as die sexyste man ter wêreld gekroon is, het voorheen vertel sy verhouding met Amal het sy lewe “totaal omgekeer”. “Sy het die manier verander wat ek oor die toekoms dink, en wat die toekoms gaan wees. Ek was nog altyd optimisties oor die lewe, maar nou is ek selfs meer – ook oor my persoonlike lewe.”

George is grootliks bekend vir sy rolle in die Ocean’s-trilogie, The Ides of March en Gravity.

Amal het onder meer groot sake soos dié van Julian Assange, die stigter van WikiLeaks, hanteer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Rupert Ashford ·

Mooi Oupa George. Hopelik sal hy hom nou bepaal by babies grootmaak, koffie adverteer en so nou en dan ‘n goeie fliek maak en ophou om sy wysheid oor alles en nog wat (wat maar skraal is soos ons almal sin) met ons te deel…

SARIE VAN HEERDEN ·

George se eerste kinders (sommer twee GELYK) en voel seker soos ‘n hond met twee sterte. So wonderlik vir hul albei met hul eerste babatjies.

Dirkie ·

Hy gaan amper 80 wees dan is sy kinders eers klaar met skool. Weet nie of dit regverdig teenoor die kinders is om met bejaardes as ouers opgeskeep te sit nie.

Waghond ·

Op skool gaan hulle die kinders vra of dit hul oupa is?! ???

Alida ·

Dirkie met ander woorde as jou ouers 80 is moet hulle doodgaan anders sit jy met hulle “opgeskeep”. Jou kommentaar is onvanpas.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.