Gewilde akteur “verlief, verlig, opgewonde” oor nuwe pienkvoet

Tim Theron en sy vrou, Juanli, met hul nuwe pienkvoet (Foto: kykNET)

Tim Theron en sy vrou, Juanli, met hul nuwe pienkvoet (Foto: kykNET)

Die gewilde akteur en televisie-aanbieder Tim Theron het Donderdag weer pa geword – dié keer van ʼn babaseuntjie.

Die akteur het die nuus Donderdag op sosiale media bevestig. “Verlig, verlief en opgewonde oor ons nuwe mensie,” het hy laat hoor.

Die akteur en sy vrou, Juanli, se eersteling, Sophia, is in November 2014 gebore.

Theron het aan kykNET vertel hulle wil albei kinders “streng maar met baie liefde” grootmaak. “Goeie maniere is ononderhandelbaar, maar ons kindertjies word oorlaai met ondersteuning en liefde. Ons wil vir hulle al die geleenthede gee om eendag ʼn sukses van hul lewe te maak,” het hy vertel.

Die gesin sien nou uit om dié bondeltjie by die huis te verwelkom. “Ons sien die meeste daarna uit om die nuwe mensie te leer ken en ontdek – wie hy is en waarheen sy lewe op pad is.

“Ons wil hê dat ons seuntjie, net soos sy sussie, weet dat daar vir hom geen beperking in die lewe is nie – geen hoogte wat hy nie kan bereik nie.”

Theron is onder meer bekend vir sy rolle in Mooirivier, Vloeksteen en Sterlopers. Hy was ook deel van die vervaardigingspan en het ook gespeel in Klein Karoo.

Lees meer op kykNET se webwerf.

Tim Theron, Juanli en Sophia (Foto: Facebook)

Tim Theron, Juanli en Sophia (Foto: Facebook)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

zoom zoom ·

Is dit net akteurs wat kinders kry. Hoekom sien ons nooit n foto van die gewone man opstraat wie se vrou n kind gekry het. ??????????

Mopsie ·

Ek weet nie van jou nie, maar ek dink nie dis so glansryk om afgeneem te word net na jy ‘n baba gehad het nie, ek sou dit beslis nie wil hê nie….

Uli Kaempffer ·

Omdat die gewone man/vrou op straat nie Maroela in kennis stel nie. Ek glo dis al rede.

Millie ·

Baie baie geluk! Mag hy vir julle net vreugde bring. Maar kleinsus is absoluut pa se kopie! Sy is pragtig!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.