Groot nuus vir akteurspaar Ivan en Donnalee

Ivan en Donnalee tydens die premiere van die fliek Vir Altyd (Foto: Esté Meyer Jansen)

Die gewilde Afrikaanse akteurs Ivan Botha en Donnalee Roberts is verloof.

Jessica Fitzcharles, Roberts se agent, het die nuus aan Maroela Media bevestig.

Die paartjie het aan Sarie.com vertel hulle het ná ʼn jare lange vriendskap en samewerkingsooreenkoms in November verlede jaar ʼn verhouding aangeknoop.

Ivan het glo vir Donnalee die jawoord gevra tydens ʼn vakansie in Nederland.

Die akteurs het die afgelope paar jaar saam aan hoogs gewilde projekte gewerk soos onder meer die flieks Pad na jou hart en Vir Altyd, asook die verhoogproduksie Beurtkrag wat by Aardklop, Woordfees, KKNK en Innibos te sien was.

Vir Altyd – ʼn Afrikaanse romantiese avontuurfliek – het die meeste geld óóit by die loket gemaak vir ʼn Afrikaanse fliek. Dié fliek het in ʼn skrapse vier weke ’n rekordbedrag van R13,4 miljoen by die loket verdien.

Die akteurs werk nou glo saam aan ʼn derde fliek. Dit is nog nie seker wanneer meer oor dié fliek bekend gemaak sal word nie.

Fitzcharles het telefonies aan Maroela Media gesê die paartjie gaan nie in dié stadium verder oor hul verlowing uitwei nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

A.Joubert ·

Dis verseker DIE beste nuus ooit! Baie geluk julle twee… So het julle die Pad na merkaar se harte gevind, mag julle Vir Altyd bymekaar wees. Julle is wee besonderse mense & verdien geluk! :-)

Soekie ·

Hulle is al die jare saam. Kon dit van dag een af sien. Hoekom dit wegsteek?. Of sal ons dit ook later uitvind?

Namibier ·

Almal het dit nog altyd geweet hulle wou dit net nie erken nie!!!!!!

Maggied ·

DIE beste nuus ooit. D mooiste paartjie in Suid Afrika!!!!! Julle verdien mekaar! Julle is n lopende voorbeeld van geluk!

Marlene Stroebel ·

Wonderlike nuus!! Baie geluk! Twee pragtige mense wat wonderlik bymekaar pas! Ek is sommer BAIE bly vir julle! Pas mekaar mooi op, en wees altyd die belangrikste in mekaar se lewe! Julle verdien hierdie geluk! Ons sien uit na ‘n sprokie-mooi troue!! Kan nie wag nie!

Christa ·

Altyd gewonder. So bly julle is wonderlik saam in jul flieks mag dit so wees in julle werlike lewe. Lank leef die liefde.

Gees ·

Dis nuus ek het nog altyd gedog hulle is saam en verloof hahaha

Gees ·

Dis nuus ek het altyd gedink hulke is saam en verloof hahahah

Genieve ·

Baie geluk julle twee…gewonder wanneer iets tussen hulle sou plaasvind ek is saam met hulle bly.

Joe ·

Sys nogsteeds een van die mees beeldskoonste vroue wat ek al gesien het, en so 2keer ontmoet het, pragtige mens, binne en buite. Great couple!

Seg maar net ·

Die opskrif is heeltemal verkeerd. “Groot nuus VAN die akteurspaar” VIR klink of sy swanger is. Baie geluk jul pragtige mense.

Sue ·

November verlede jaar…??! Ja whatever! Haha… Geluk met die verlowing julle tweetjies.

maryann ·

AAHHHH WONDERLIK Ek het nog altyd gehoop dit gaan gebeur dit is nou ‘n paartjie wat perfek by mekaar pas. Geluk julle

Lizl ·

Die publiek het lankal raakgesien wat hulle twee misgekyk het… dat hulle lief is vir mekaar. Dit het net gewys soos n fliek op hulle gesigte. Bly hulle het eindelik dit ook besef.

Hannelie ·

Baie geluk julle 2, alle voorspoed vorentoe. Jul maak ‘n uitstekende paartjie, jul verhouding het net daai spark tussen jul. Ek het geweet een of ander tyd dan sal die vriendskap, meer word as net gewone vriende.

Vienna ·

Baie geluk Ivan & Donnalee !
Julle is ‘n mooi paartjie
Wishing you a wonderful life together filled with love, laughter and happiness

Hmmm ·

Was hy nie eens getroud en toe hulle mekaar “ontmoet” het nie?…

Santie ·

Só bly. Ek raai Ivan is baie lankal lief vir Donnalee, mens kon dit altyd aan sy lyftaal sien. Maar sy wou niks weet nie, seker bang vir nog ‘n verhouding wat misluk. Slim kind. Laat die vriendskap baie stewig staan voordat die romantiek bykom. Pragtige twee mense en só kreatief en produktief.

Jessica ·

Dit is oulik, maar is of was Ivan nie alreeds ferrous nie? En het Hy nie n babatjie met sy vrou gehad nie?

Jessica ·

Het dit gaan google, Ivan was getroud en het n dogtertjie. Hy is geskei. Baie bly vir Ivan en Donnalee.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.