Karlien van Jaarsveld deel groot nuus

Karlien van Jaarsveld en Joe Breytenbach (Foto: Instagram)

Die Afrikaanse sangeres Karlien van Jaarsveld is swanger.

Sy het dié nuus Dinsdag op sosiale media bekend gemaak.

Dit is Karlien se eerste kind in haar huwelik met die voormalige rugbyspeler, Joe Breytenbach, met wie sy vroeër in Maart stilletjies die knoop deurgehak het. “Ons is op die Amalfi-kus in Italië, dis asemrowend mooi hier – spesiale tye hier,” het sy op Instagram laat hoor.

“Ek en Joe het gisteraand baie gehad om te vier – ons het ʼn babatjie wat op pad is. Ek kan nie glo dat ek wéér so bevoorreg en gelukkig kan wees nie. Dis nog early days, maar my hart loop oor van dankbaarheid.”

Sy het haar voorheen tot sosiale media gewend om oor Joe te praat. “Almal vra, wie is Joe? So, Joe is net ʼn gewone ou, met ʼn gewone werk wat lief is vir gholf op ʼn random afdag en ʼn bier om te ontspan. Hy like sigare rook (hy rook so bietjie te veel van dit), sy gunsteling-Afrikaanse kunstenaar is Koos Kombuis en hy maak gereeld kos vir ons in die huis.

“Ek het Joe in Potch ontmoet 11 jaar terug. Ons het gesoen, ‘but then he went to France’ en Joe was nooit weer te sien of te hore van… And thenthere he was’, popped out of the blue sonder ʼn wit perd, in ʼn swart hemp en ʼn swart stywe jean met een baie groot smile, en ʼn baie sweet ‘hello’ net so sweet soos 11 jaar terug. En soos hulle sê ‘you had me at hello’. The rest is history. Regte tyd. Regte plek.” [sic]

Die sangeres het twee kinders uit haar huwelik met Derick Hougaard, die tweeling Daniël en Eliah. Karlien en Derick is in 2015 geskei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

who cares ·

Regtig, kon jy nie maar eerder net eers gewag het om die storie koerante toe te vat nie…..styl en klas onbreek duidelik

Rox ·

Ek het Karlien en haar broer se program op Kyknet baie geniet. Twee oulike mense en het baie respek vir hulle. Ons afrikaners gun mekaar niks. Kan net galbraak. Baie geluk Karlien

E.K. - ek sê net! ·

Geluk dan julel twee. Let wel, voor al die rusbank kritici begin eiertjies lê omdat sy dit op sosiale media bekend gemaak het – sy het dit op haar fb gesit en niemand gevra om dit in enige ander media te publiseer nie. Dus is dit koerante se keuse as hul dit wil uitbasuin. Sy laat weet dus mense wat sy op fb het so dis haar keuse. Die wat die nuus so gretiglik lees op haar fb en dit versprei – dit was hulle keuse sy het nie gevra daarvoor nie. Vir my traak dit glad nie, ek is op geen sulke sosiale media juis omdat ek van my privaatheid hou. Maar ek is al so “fed-up” vir mense wat ander uithaal as hulle iets op sosiale media deel -dis mos hul saak en tussen hul en hul vriende en hul volgelinge – wou dit net uitgooi voor die naarhede begin.

SARIE VAN HEERDEN ·

Sal ons nou vir die volgende hoeveel maande moet hoor en lees van die Van Jaarsveld swangerskap. Dan die bevalling, dan die kind, dan ………………………… spaar my dit, ek gaan vinnig by daardie berigte verby want ek luister nie eens na haar liedjies nie.

Dereck Le Roux ·

Dit gaan sekerlik in die Huisgenoot wees en haar ondervinding met die bevalling en die see van pyn wat sy moes verduur.

Jaco ·

Hoekom noem hul dit nie die van Jaarsveld Genoot nie? Het nog nooit deur n Huisgenoot geblaai waar of sy of haar broer nie daarin is nie….

Hannelie ·

Bla..bla…bla. Ons al moeg van Karlien. Sy kan ‘n werklikheidsreeks op tv begin met haar besige lewe. Wat nie een van ons belangstel nie.

Willie E ·

Haar Klankingenieur verdien al die lof en prys vir haar sang loopbaan,want hy maak dat sy kan sing…”for that matter” , ‘n goeie klank ingenieur kan ENIGIEMAND laat goed klink op ‘n cd,die kuns le daarin om met ‘n lewendige optrede wel te kan sing…en dit kan baie min sangers doen….

Geluk ·

Dit is ongelooflike goeie nuus. Alle swangerskappe is ‘n blessing van Onse Hemelse Vader. So mag die kleinding vir jul net liefde en vreugde bring. Baie geluk. Karlien jy is ‘n pragtige mens met ‘n hart van goud. Wens jou net voorspoed toe in jou swangerskap.

Valerie ·

O. Wat ‘n abnormale manier van aandag soek.
Gee my krag, biltong, geduld.

Karlien aanhanger ·

Hoekom die artikel lees as jul wil gal braak? Baie geluk Karlien!

Karlien aanhanger 2 ·

Ek stem heeltemal saam.Hoekom die artikel lees as julle net lelike kommentaar het.Gaan verby as julle nie belangstel nie.

ll ·

Ek het dit nou gelees omdat ek gedink het ASSEBLIEF…die groot nuus kan seker nie dit wees nie! Maar nou ja, seker omdat ek dit meer begeer as enigiets anders. Ek lewe my lewe reg, is nie geskei nie, wonderlike man en ek bid elke dag vir ‘n ou babatjie…maar nou ja.

Sêmanet ·

Ek stem met jou saam. Ek wonder of enige van die mense, wat nou se lelik is ooit gehoor het dat, as mens nie iets mooi kan sê nie jy eerder moet stilbly. Sies vir julle! Is negatiewe, lelike dinge al wat jul kan sê, is dit al wat in jul lewe vir jul gelukkig maak? Voel jul nou darm beter?

Eurika ·

Julle is net jaloers. Sy is vir my die mooiste vrou en sing baie mooi. Wat sy in haar privaat lewe maak, traak my nie. Sterkte Karlien met die swangerskap xx

E.K. - ek sê net!(alweer!) ·

Nes ek gedink het – almal kyk verby die feit dat sy dit op HAAR fb vir HAAR aanhangers ens gesit het. Dis nie SY wat koerante toe gehol het nie, die koerante SELF het besluit om dit publiseer. En dis net snaaks hoe die galbrakers onmiddellik alles oor haar lees hier ne! En dan galbraak – seker om van hul daaglikse frustrasies ontslae te raak. En let wel ek is nie eers ‘n aanhanger maar dit maak my net naar dat hier so selfgeregtige negatiewe klomp altyd is!

Wilma Smit ·

Aan al die ou suurklonte … gaan verby niemand gevra jul moet kyk of share-onthou van jul het groen koring op die lande. Don’t judge & u won’t be judged!!!
Karlien dis wonderlike nuus
Mag jul geseend wees x x x

cs ·

As julle nie van Karlien hou nie hoekom die berig lees en sulke snedige aanmerkings maak,as julle nie iets goed van iemand kan se nie bly dan eerder stil. Sy en haar man en familie is baie opgewonde oor die babatjie, gun hulle dit!

Nou toe nou?! Was kwessie van tyd... ·

Hoekom is ek nie verbaas nie? Het net gewag vir tyding.
Sorry maar Karlien kan by haar boet leer. Sy is NIE so gewild soos sy dink nie.

Annetjie ·

Baie geluk. Mag die klein wonderwerkie net vreugde vir hul bring. Pas jouself mooi op tydens jou swangerskap

Marietjie ·

Ag is dit nie wonderlik hoe God jul seën nie. Baie geluk. Geniet alles wat daarmee gepaard gaan.

PositieweHouding ·

Ek is nie ‘n groot aanhanger nie, maar is baie bly vir hulle. Kan wel vir julle sê: maak reg vir nog ‘n lang, jannie jammergat Facebook plasing deur Derick…

Anoniem ·

Jy stel nie belang in haar lewe nie maar jy wil kommentaar lewer. Hoekom lees jy dan die berig? Asseblief tog…..

A Pretorius ·

Baie geluk Karlien en Joe, so jammer van al die nare kommentaar mens kry eintlik skaam vir party se banaliteit!

Sarie ·

Rerig – ek skaar my eerder by Derick. Ek het nog nie eers gewoond geraak dat sy getroud is nie, en siedaar – kleintjie is oppad !!!

Amanda ·

Sy moes maar net so bietjie gewag het, en eers gekyk het of haar huwelik gaan werk. Kinders hou mens nie bymekaar nie.

Willie E ·

Amanda….kom ons praat oor ‘n jaar of twee weer…ek wil amper my pensioen wed dat dit NIE gaan werk nie…kyk maar…julle sal sien….
Celebs soos sy doen dit totaal vir die verkeerde rede…

Geskok ·

Julle negatiewe kommentaar oor ander mense is afgryslik! Gun ander wat hulle toekom en hou jou negatiewe opinie vir jouself. Sies man!

H..oeps ·

Hier is darem mense wat dink dat hulle baie beter is as ander mense…
Baie bly vir julle
Karlien!!

Rupert Ashford ·

MM, waarom plaas julle hierdie onder “op die planke”? Dit het mos niks met “die planke” te doen nie…;-)

Wendy ·

John 8:7
He that is without sin among you, let him first cast a stone at her…

Sonja Coetzee ·

EK’S BAIE BLY VIR HAAR EN HAAR MAN SE PART!!!!!!SY’S SO PRAGTIGE MENS(VROU)SY VERDIEN DIT NA HAAR MISKRAAM.NOGMAALS BAIE BAIE BLY VIR HULLE PART!!!!!!!!!

Amanda ·

Ek was ook swanger en dit was nie op Maroela Media nuus nie. dit maak my siek en ja soos hulle se die hele ou “boring” torie van die swangerskap en die kleinding gaan tien bladsye uit die Huisgenoot haal

oeps....... ·

Proefkonyne by dosyne hoop nou nie sy gaan die 2ling minder aandag gee nie

Jaco Snyman ·

As ek nog ‘n scoop sien van Karlien v Jaarsveld gaan ek kots.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.