Steve en Janine se pienkvoet gebore

Steve en Janine Hofmeyr (Foto: Facebook)

Die sanger Steve Hofmeyr het weer pa geword.

Steve en sy vrou, Janine, se dogtertjie Romy-lee is gebore. “Maandagoggend. 08:11. Romy-lee. 2.9kg. Alles wel. Trane. Blydskap. Kleine Mej. Wêreld vir my,” het Hofmeyr op Twitter gesê.

“Ek tjank sommer elke keer as ek haar sien. Baie hare. Soenbek. Lang bene ook nog,” het Hofmeyr verder laat hoor. Steve en Janine is in Januarie 2014 getroud.

Hofmeyr het vroeër vanjaar gesê hulle het besluit om klein Romy-lee se geboorte en haar eerste foto’s privaat te hou. Die egpaar het sonarfoto’s van hul dogtertjie met aanhangers gedeel omdat hulle “duisende goeie wense” ontvang het en daar mense is “wat werklik omgee en haar wil sien”.

“Ons prinsessie is ʼn diepe denker, het ʼn ‘vol’ lyfie met die mooiste bolwangetjies [en] lippies wat ons gaan op soen. En sexy beentjies (volgens haar pappa),” het Janine geskryf. “Sy is net die mooiste klein poppie en ons harte bars van liefde.”

Hofmeyr het vyf ander kinders, Charissa (28), Armand (26), Devon (22), Sebastian (14) en Benjamin (12).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Tina du Toit ·

Baie geluk julle. Mag sy `n sonskyn kind wees en baie vreugde verskaf. Mag sy net glimlaggies op julle monde los en mooi herinneringe.

Moeder ·

Baie geluk aan die egpaar met die geboorte van ‘n gesonde baba-dogtertjie.
Maar aai mense, veral van ons Afrikaanssprekendes, waarom ‘n baba van ‘n paar uur oud se beentjies as ‘sexy’ beskryf? ‘Sexy’ (adjective) : sexually attractive or exciting. Dis mos heel onvanpas.

Susan du Toit ·

Baie geluk geniet haar Mag sy net wonderlike jare vorentoe vir julle bring

heksie ·

Baie geluk…..kan nie wag om haar te sien nie!! deel haar met jou bewonderaars asb!!!!!!!!!!!

Issie ·

WOW!!! Baie geluk julle. Mag sy vir julle net geluk en vreugde bring.

Ouma ·

Baie geluk. ‘n Kind se geboorte is altyd spesiaal, maak nie saak die hoeveelste kind dit is nie. Ek hoop sy kry gou’n boetie of ‘n sussie. Kinders moét ‘n maatjie hê om mee te baklei en te lag. En dit is nie ‘n maatjie wat jy aanry nie.

Wilma Kleynhans ·

Baie geluk hoor! Nou hoe op aarde maak julle ons nou soo nuuskierig deur haar nie te wys nie??:):)

Bromponie ·

Neewat Waghond, jy sien mos hoe duur DStv geword het… Kinders grootmaak is dalk al die goedkoper opsie..

Afrikaanse Knaap ·

Ek hoop sy is gesond en ‘n bondel geluk en genot vir haar ouers.
Oom Steve sal nou nog harder baklei vir sy mense want, daar is nou 2 vrouens wat hy moet verseker is veilig. Dis ‘n voltydse werk in SA.

Amanda ·

Hoekom ñ engelse naam. Julle dan altwee afrikaans. Net my mening.

Amanda ·

Baie geluk. Ek glo julle sal wonderlike ouers wees. Baie dankie dat julle haar met ons sal deel, anders as die ander sangers wat nie hulle blessings van bo af wil wys nie.

Pop ·

Baie geluk. Mens kan die trots sommer aanvoel van daai pappa.

Sophia ·

AWESOME nuus en baie geluk julle tweetjies! Mag sy baie sonskyn, lag en vreugde bring, en haar pappa se sangmaatjie word!

FM ·

Steve jy is n bulperd. As n man kan, dan KAN hy, maar dan moet hy kan! En jy kan. Mooi so. Hoop die kleinding bring baie vreugde in jul huis asook vir al die boeties en sussies. Vat vyf!!!Maak jou drome waar!!!

Baie geluk ·

Kanie wag om jul oulike klein ding te sien!! Baie,baie geluk en geniet daai klein lyfie. Dis sooooo spesiaal

Sarie ·

My eerste reaksie:
Dankie liewe Vader vir U groot genade
Hierdie 2 mense is al deur soveel diep waters. Dankie dat U hulle seën in hul liefde van dekades. Mag sy julle goed besig hou!

Marinda ·

Baie geluk julle twee. Mag sy julle jare se vreugde, vrede en trost bring. En daar is niks fout met ñ Engelse naam nie. Ek dink dis pragtig. Ek het op skool al besluit, ek gaan eendag my kinders Engels grootmaak. Niks fout met Afrikaans nie en eks trost op my taal, maar ek kon toe al sien hoe dinge in hierdie dierbare Suid Afrika van ons verander. En as ek Afrikaans met hulle praat weet hulle ook: oops, ma is nou kwaad.

MARY-ANN ·

Baie geluk julle, dis ‘n engel aan jul geleen deur Jesus, beskerm haar en he haar baie life.
Dit is die wonderlikste ding wat in ‘n mens se lewe kan gebeur ‘n bondeltjie vreugde van ons Skepper af- Jy is reg die wonder slaan ‘n mens se asem weg.

Bly vir julle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.