Dis Bond, Jane Bond

Gillian Anderson van "The X-files" in 'n grappige voorstel as "Jane Bond"

Gillian Anderson van “The X-files” in ‘n grappige voorstel as “Jane Bond”

Gillian Anderson van The X-Files-faam, het op sosiale media aangedui dat sy bereid is om die eerste Bond-karakter te speel.

Die ster van The Fall het op Twitter haar begeerte uitgespreek om die rol by Daniel Craig oor te neem, as die wêreld se bekendste geheime agent. “Dis Bond, Jane Bond,” het sy by die plakkaat, wat deur ʼn anonieme gebruiker saamgestel is, geskryf.

Dis nog nie duidelik wie Craig se skoene sal vul nie, nadat daar verlede week berig is dat hy die £60 miljoen-aanbod, om nog twee Bond-flieks te maak, van die hand gewys het. Dis egter nog nie amptelik bevestig nie.

Ander persone wat moontlik as James Bond op die silwerdoek kan verskyn is Luther-ster Idris Elba en Homeland-ster Damian Lewis.

Anderson se voorstel dat sy vir die rol kans sien, het Twitter-gebruikers egter op hol gehad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Meisie van Avignon ·

Ag nee wat, James Bond se ” sell by date” is bereik toe Roger Moore uitgetree het. Ek weet regtig ooknie watter vrou sal swig vir Damian Lewis nie, persoonlik is hy maar baie grillerig. Idris Elba – nog nooit van gehoor nie, en moes ek Google om te sien hoe hy lyk – hou maar verby . . .

Zena ·

Dink Angelina Jolie sal n beter Jane Bond maak. Se maar net.

Chris ·

James Bond is ‘n bepaalde karakter- hy is nie swart nie, en ook nie ‘n vrou nie. Om diesulke vertolkers te oorweeg is byna so onvanpas soos om Superman ‘n groen mantel om te hang of Batman in wit te tooi. Maar nou ja, as M ‘n baie knap Judi Dench kon wees is enige iets seker moontlik. Gillian Anderson sal egter baie moeilik ooit iets anders as Agent Scully wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.