Charlize Theron vertolk dalk Afrikanerrol in ‘The Boer Whore’

Charlize Theron (Foto: Facebook)

Die Suid-Afrikaans gebore aktrise Charlize Theron kan moontlik binnekort die rol van ʼn Afrikaanssprekende Afrikaner in ʼn nuwe fliek vertolk.

Zelmari Botha van ZB Media Group, wat onder meer die verspreiding en filmregte van dié fliek – getiteld The Boer Whore – hanteer, het Donderdag aan Maroela Media gesê die aktrise het die manuskrip onlangs ontvang.

The Boer Whore O.H.M.S., geskryf deur Nico Moolman, vertel die storie van Susan Nell – ʼn jong meisie van die Vrystaat wat tydens die Anglo-Boereoorlog in die Winburg-konsentrasiekamp wreed deur Britse soldate verkrag en vir dood agtergelaat word.

Nell word dan gered deur ʼn Sotho-egpaar wat haar grootmaak in hulle grot, en later jare trek sy oorsee na onder meer Nederland en Engeland waar sy praktiseer as sielkundige. Dekades ná haar verkragting spoor sy ook die verkragters op.

“Ons kan in dié stadium bevestig dat sy die manuskrip ontvang het,” sê Botha. “Ons het egter hoegenaamd nie ʼn antwoord van haar gekry nie. In dié stadium is ons net dankbaar dat ons wel toegang tot haar kon kry sodat ons die manuskrip aan haar kon stuur.”

Botha meen Theron is vir die rol gekies omdat haar “ware lewensverhaal” baie ooreenkomste toon met dié van die hoofkarakter in die boek, en ook omdat sy ʼn aktivis vir vroueregte is.

“Daar is geen twyfel dat ons wonderlike plaaslike aktrises het wat die rol uitmuntend kan vertolk nie, maar ons wil dié fliek wêreldwyd bekendstel, en ons glo Charlize is die regte persoon daarvoor.

“Dit is ook nie te sê sy gaan die rol vertolk selfs al sê sy ja nie. Ons wil die fliek nog baie graag vanjaar voltooi, so dit sal in haar skedule moet inpas,” verduidelik sy.

Indien sy die rol aanvaar, sal sy na verwagting in dele van die fliek Afrikaanse dialoog hê.

In ʼn ander onderhoud met Maroela Media het Moolman vertel hy het uiteenlopende navorsing gedoen wat hom tot in Thailand gevat het vir dié storie wat op ʼn ware verhaal gegrond is.

Die skrywer meen egter daar is veel meer aan die verhaal as bloot dié van die sogenaamde bywonermeisie – die storie vertel ook van ander geskiedenisgrepe soos die Japannese wat meer as 200 000 meisies doodgemaak en meer as 400 000 meisies misbruik het.

Moolman sê hy sal direk betrokke wees by die maak van die fliek.

“Ek het tydens my navorsing baie mense ontmoet wat dit moontlik gemaak het om die verhaal te vertel, en sal beslis betrokke wees by die maak van die fliek om te verseker dat die storie so eg moontlik vertel word.”

Botha vertrek binne die volgende paar dae Los Angeles toe om die verspreidingsregte vir  die rolprent te kry.

Moolman sê die akteur en musikant Ian Roberts, met wie hy ʼn baie noue verbintenis het, is die draaiboekskrywer en regisseur en  Barbara Snell is die vervaardiger.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

92 Kommentare

Rasper ·

Sy is glad gin n boerin nie, hoop sy speel haar regte rol in die fliek …n verraaier teennoor haar volk

Annatjie Kruger ·

Ek wonder hoeveel ander boervroue is deur die Engelse soldate mishandel en verkrag? Maar dat Theron enige van hulle behoort te speel! Ek dink nie so nie. Kan haar net hoor Afrikaans praat met daardie Amerikaanse aksent wat sy deesdae gebruik. Kry liewer ‘n plaaslike aktrise wat nog ordentlik Afrikaanse kan praat. En sekerlik is Theron the oud vir hierdie rol!!

Vienna ·

Ek stem!
Sy klink so ‘plastic’ wanneer sy ‘American’ probeer
praat.
Sy is pragtige maar so koud ‘n regte Fridgedaire!

eurika stander ·

Sy haat ons mense…. nou wat kom soek sy hier?? dit is n vernedering vir haar… so bly waar jy is

Nou-ja-toe ·

Ek sal beslis nie die prent gaan kyk nie, en ander ook beïvloed!

Kom Ons Boks ·

Ek persoonlik is nie haar grootse “fan” nie, maar haar aansien in Hollywood kan net goed wees om dit wat die Boere destyds moes mee maak vandag in die internasionale kollig te plaas. Miskien sal die Britte dan uiteindelik oorweeg om formeel om verskoning te vra vir hul dade.

Nel ·

Ek wonder hoe getrou sal die geskiedenis uitgebeeld word in die fliek?

Kom Ons Boks ·

Goeie vraag. Dit is nodig dat mense sien dat die Afrikaner duur betaal het om hierdie land sy huis te mag noem en dit nie sommer gesteel of verniet ontvang is nie. Dit hang dan van die direkteur af of hy feitelike geskiedenis of nuwe SA geskiedenis gaan gebruik as basis vir sy fliek.

Uvonka ·

Ag nee tog net nie dit nie. Sy is ‘n Amerikaner en daar is nie plek vir haar in Suid Afrikaanse flieks nie. Baie beter aktrises wat vir die rol oorweeg kan word.

Victor ·

Praat maar vir jouself, ek dink sy is ‘n goeie akrise. Eerder haar as een van ons plaaslike “sterre”

Twee Mossies vir 'n Sent ·

Hoewel ek nie van Charlize hou nie, is dit ‘n baie goeie idee om haar te gebruik. Haar wereldwye aanhang sal die fliek ‘n wereldwye blootstelling gee van die mees walglikse onreg wat Afrikanervrouens onder die Britte moes verduur.

Ontelbare Afrikanervrouens is in hierdie periode onder Britse toesig verneder en verkrag deur Britse soldate en gekleurde inheemse “scouts” gebruik deur die Britte in die gewraakte gebrande aarde veldtog.

Laat die wereld hiervan kennis neem.

Willem ·

Hoekom al die galbrakery oor Charlize Theron? Is almal ‘n bietjie jaloers op haar?

Kasper ·

Weet jy hoeveel geld sy vir die ANC geskenk het, dieselfde anc wat die land nou so in die gemors gedompel het, en dieselfde anc wat skreeu dat boere lewendig begrawe word. Daarom die galbrakery want aan die talent kant skort daar baie.

Willem ·

Al het sy geld geskenk, dit maak haar nie ‘n verraaier nie – good grief, “verraaier” – is dit 1800 dat ons van “verraaiers” praat?

Victor ·

Sy het eers na 1994 begin groot geld verdien – toe is die ANC ingestem as die nuwe regering. So eintlik praat jy snert, dis nie asof sy in die 80’s geld geskenk het vir bomme plant nie.

Verder, jy weet elke keer as jy belasting betaal is dit geld aan die ANC regering?

Victor ·

Betaal jy belasting Kasper? Dan gee jy ook geld vir die ANC

As ou Verwoerd nie met sy apartheids nonsens opgekom het nie was ons ook nou beter af

Nicolene ·

Ek is n trotse Afrikaanse Afrikaner. Charlize Theron skaar haar by Malema en sy gelyke en skenk baie geld aan die ANC. Dit is werklik nie vir my na n vrou wat my volk en sy geskiedenis opreg sal verteenwoordig nie. Sy verbeel haar dat n amerikaanse aksent en -paspoort haar kwytskeld van haar “wit” vel en my pragtige taal vind nie meer sy plek in haar mond nie.

Kasper ·

Duidelik verstaan jy nie Victor, daar is ‘n baie groot verskil tussen belasting betaal en vrywilliglik geld skenk vir die anc. Het die anc Sa in junk status in gedompel, het die anc gese boere moet lewendig begrawe word, as jy dit ontken dan weet jy wat snert praat is.

Victor ·

Kasper,

Ai toggie tog – so ek neem aan as iemand iets goeds sê oor Mandela is hulle ook ‘n verraaier in jou boek? Of nie ‘n christen is nie – is so ‘n persoon ook ‘n veraaier? Wie gee jou die reg om te besluit iemand is ‘n “verraaier”?

Kasper ·

Victor,
Asb wys my waar het ek eenkeer die woord verraaier gebruik .
Die anc van destyds en die anc van vandag is presies nog dieselfde organisasie. Jy weet die wat bomme geplant het en onskuldige mense in kerke dood geskiet het destyds. Nouja ek weet nie van jou nie, maar ek sal so organisasie nooit ooit finansieel vrywilliglik steun nie.

Anton ·

…wat van Ann-Mart…en dan is daar nog n hele paar wat in Binnelanders en ander reekse speel…met baie talent…hoekom oorsee gaan soek…die beste is altyd naby aan jou…maak net jou oee oop…

Dereck Le Roux ·

Daar is ‘n hele reeks boeke genaamd Vroueleed wat handel oor be-edige verklarings van vroue wat gedurende die Anglo Boereoorlog in konsentrasie kampe, plaaswonings en vlugtende vroue en kinders in dieveld deur swart kommando lede wat deur die Britte bewapen was om blugtende vroue en kinders op te spoor en sowel as Britse soldate wat vrouen verkrag en mishandel het, ek raai enige een aan en dan kan ons ook sien vanwaar die verkragtingskultuur vandaan kom.

Skandelik ·

Maar seersekerlik is ‘n BOERVROU wat deur ‘n afskuwelike ENGELSMAN verkrag is nie ‘n HOER nie is sy?

Hannetjie Harvie ·

Hoekom die rol vir haar gee, as ons soveel briljante aktrieses van ons eie het. Sy dink sy is beter as ons. laat sy bly waar sy is.

apie ·

ek dink sy kan ‘n groot bydrae lewer , dis n ware verhaal en n vergryp wat die britte probeer wegsteek

ANONIEM ·

Hoe op dees aarde kan die opskrif “The Boer Whore” (Die Boere Hoer) wees en hoekom word daar na ‘n Boere meisie wat deur die Engelse soldate verkrag is, as ‘n hoer verwys?

Lidia Hendriks ·

As jy die boek lees (of die fliek gaan kyk) sal jy die titel verstaan. Briljante boek, met ‘n verhaal wat beslis internasionaal gehoor moet word.

Liefdeskind ·

Anoniem, dis wat ek ook wil weet. Mense kyk verby wat die film oor gaan. Totaal onvanpaste en ongevoelige naam vir die film, veral uit ‘n boere oogpunt. Maak ‘n fliek oor die jode en noem dit die “Jewish Wh*re” dan sal jy ‘n petalje sien. Ek dink die regiseur klink maar uit om geld te maak en nie die werklikheid en swaarheid wat ons boere deurgemaak het te vertel nie.

Lize ·

Wat is die boek se naam? Ek het ‘n boek begin lees wat vir my baie soos hierdie klink?

Lees dit ·

Die Afrikaanse boektitel is “Kamphoer” deur Francois Smit.

Anders as wat dit impliseer handel dit oor die ware verhaal van ‘n eerbare Boeremeisie wat tydens die ABO in ‘n konsentrasiekamp deur ‘n Britse offisier verkrag is en hom later, tydens WWI weer teekom.

Die titel en inhoud is ‘n paradoksale uitwysing van hierdie Britse gruweldade. Die oningeligte leser wat hul wil verlekker in ‘n storie oor Afrikaner skynheiligheid en ‘n Boeremeisie se losbandigheid, word wreed ontnugter deur die geweldadige skynheilgheid van die Britte en hul soldate se verkragtingskultuur tydens die ABO.

Anoniem ·

Ek stem nogal saam. Dit is ‘n verskriklike lelike titel wat baie verkeerd verstaan kan word.

Paul ·

Die artikel is foutief.

Charlize Theron het al voorheen ‘n Afrikaner wat Afrikaans praat in ‘n fliek gespeel. Heel toevallig nogal die rol van ‘n prostituut.
Dit was in die fliek “15 Minutes” uit 2001.
En vir daardie rol (wat wel net een toneel lank was) is sy niks betaal nie.

Arno ·

Sy is gn Afrikaner nie en moet verban word om enigsins Afrikaners te probeer uitbeeld. Sy is n veraaier van Suid Afrika en n verleentheid vir wit Afrikaners

Kasper ·

Stem saam Arno, net jammer so baie mense het skille op die ogies , en wil nie die ware feite raaksien nie.

Reinhardt ·

Regtig? Ek dink sy hou ons naam hoog… Sy is n briljante aktrise en so nou en dan praat sy wel Afrikaans. Sy sit ons op die map.

Vra Maar Net ·

Die berig noem duidelik dat Charlize Theron slegs die manuskrip ontvang het en dat daar nog nie n antwoord van haar af is nie – sy het nie die vervaardigers genader nie, maar hulle vir haar

Moet ons nie maar eerder dankbaar wees daar word so film geskiet nie – ongeag wie die rol vertolk – daar is n storie wat vertel moet word en die vervaardigers meen sy is die beste aktrise vir die rol omdat sy welbekend oorsee is, en hulle heel moontlik oorsese belangstelling wil lok?

Verraad ·

EN so kruip ons weer voor verraaiers. NATUURLIK Is sy ‘n verraaier, nie omdat sy uit die land uit weg is nie (dankbaar daarvoor) maar omdat sy vir die EFF geld skenk op ‘n maandelikse basis. So julle moet wakker word, ons is regtig glad nie jaloers nie, ek dink sy doen fantasties in AMERIKA, sy moet daar bly, beny haar glad nie, maar sy HOORT nie meer in SA Nie. As sy die EFF ondersteun, beteken dit sy is ten gunste van grondvergrype en die afslag van blankes ALHOEWEL sy nie daaronder gaan ly nie omdat sy en haar mammie veilig in AMERIKA sit. Dis netsowel ek ondersteun ISIS uit SA uit maar ISIS kan my niks in SA doen nie.. verstaan julle nou die begrip VERRAAIER??

Victor ·

Vir die EFF? Ek dog dis die ANC?

Besluit tog maar ek waar is jou bewyse?

LS ·

Glad nie jaloers op haar nie, maar ASSEBLIEF TOG NET NIE SY NIE !!!
Sy kan bly waar sy is !!! Het NIKS tyd vir haar nie – NIKS !!!
Sy is ‘n verleentheid !!!

charmaine ·

Gee die rol die meisie wat in Jagveld speel(kan nou net nie haar naam onthou nie) hoekom die goeies wegstoot vir n floos? Ons akteurs sukkel ook om goeie rolle te kry, en die meisie van Jagveld sal dit uitstekend kan doen met die ondervinding wat sy daar opgedoen het.

mike ·

Nee wat hou verby – sy is nie die rol werd nie – grootste verraaier – saam met FW en sy meeloper. Ek sal nooit die fliek kyk as sy daarin speel nie. Ek hoop die vervaardigers lees hierdie kommentaar sodat hulle weet dit gaan ‘n flop wees as sy daarin speel. Sy het lankal gewys wie sy in die land steun. Sy is ‘n ANC -sussie.

Stella ·

Ek dink Charlize is ‘n wonderlike aktrise, maar dink nie sy instem om die rol te vertolk nie. Ek hou egter duimvas dat sy sal. Dit klink na ‘n fantastiese draaiboek, maar dit kan dalk op tone trap. Sterkte daarmee.

Ada ·

Sy moet eerder bly waar sy is.Sy hoort nie hier nie en hoort veral nie die rol te vertolk nie. Sy sal afbreuk daaraan doen want sy sal nooit die diepte en insig he oor waardeur ons voorouers was nie. Kry iemand wat n ware Afrikaner is.Hierdie vrou is nie en net m ware Afrikaner sal die rol kan uitbeeld.

Victor ·

‘n “Ware” afrikaner… dis al holrug gery

Laat ek raai, ‘n ware afrikaner is ‘n christen, wat rassisties is en apartheid wil terughê en konserwatief is?

Anti-huigelaar ·

rassisties en apartheid = onchristelik en onbybels

barend ·

sy het die ondervinding maar al verskil is sy kry geld vir haar werk

gert ·

Gebruik eerder iemand wat Trots Suid-Arikaans is.
Hier is baie talent is SA – kyk maar na al die Afrikaanse films. Moenie hulle wegstoot vir iemand soos sy nie. Sy het in elk geval ‘n werk- ons mense kan meer rolle kry.
Ek sal nooit ‘n film van haar kyk – te veel anc- gesind. Nee wat.

Henriette Steyn ·

Ons het baie goeie aktrises in ons land wat die rol beter sal kan vertolk. Hoekom altyd ‘n “uitlander” inbring. Sy is al lank al nie meer een van ons nie, en ons akteurs het die geld nodiger as sy.

Malherbe ·

Zelmari – dit sal goed wees indien hierdie boek ‘n film gaan word maar o genade tog – moet tog nie dat Theron in die film speel nie.
Dit sal ‘n ramp wees.
Gebruik iemand in SA indien jy sukses wil behaal en 5 x sterre kry. Theron gaan die rede wees waarom jy dit NIE gaan kry nie. Asb dink daaroor.

Peter Joubert ·

Malherbe ek stem volkome saam. Dit sal ‘n sukses wees – maar net sonder Theron. Andersinds nie,

Reinhardt ·

Die idee is dat die film wereldbekend kan word. Hoeveel mense ken ons plaaslike aktrises? Hoeveel mense ken vir Charlize… dink bietjie.

Anti Theoron ·

St is overrated. Indien jul Dan n Hollywood aktrise wil gebruik vra enige iemand Anders behalwe Theron. Of beter gebruik ‘n Bekende Akteur in Hollywood vir die Britse Soldaat dan sal dit ook Oorsee se mense trek. dan gebruik jul een van ons plaaslike aktrise vir die rol van die boeremeisie. En los Theron daar oorsee.?

mike ·

Reinhardt- ek het verskeie vriende wereldwyd en nie een van hulle het ooghare vir haar nie. Jammer om dit te bevestig. Die vriende is Afrikaans en Engels en Duits.
Maak iemand by ons in S A dan wereldbekend! Dink net hoe wonderlik sal dit wees!

Fanie ·

Ek dink ek het meer vriende oorsee as jy (het lank daar gebly). Meeste is mal oor Charlize, sy’s klas.

Willem ·

Presies, ek het in Europa gebly. Niemand het ‘n probleem met haar daar gehad nie, inteendeel, sy was baie populer

Reinhardt ·

Mike, ekt huiswerk vir jou. Gaan google asseblief “confirmation bias” vandag en skryf vir my n opstel oor jou bevindinge.

Fanie ·

Kyk, die kommentaar van die verregse verkrampte rassis hier is te wagte. Hulle sal enigeen wat vir demokrasie gestem het as verraaiers uitmaak. Wat verwag jy dan nou van mense wat die apartheidstelsel prys en verdedig en hul rassistiese voorvaders wat die stelsel ingevoer het, vereer en prys. Die feit dat Charlize ‘n swartkind aangeneem het, moet ook seker dwars in die krop steek. LOL

Willem ·

Presies net so, Fanie! Jy kan die bitterheid sien drup deur die kommentaar

Reinhardt ·

Sê daai selfde ding Fanie. “Charlize is n veraaier” omdat sy met n Amerikaanse aksent Engels praat. Ggaan woon bietjie in n ander land vir meer as 10 jaar dan hoor ons hoe klink jou aksent, Amerikaners verstaan nie ander Engelse aksente nie, want hulle hoor dit nooit nie, so jy word forseer om jou woorde soos hulle uit te spreek, ek weet ekt menigte Amerikaanse vriende. Maar Apartheid is ok, ons kan diskrimineer teen mense op grond van velkleur, solank jy net nie n Amerikaanse aksent het of vloek in jou liedjies (Jack paro, FPK) nie..

Willem ·

Al haar flieks? Nee, nie al haar flieks nie, net lyk my die wat jy graag kyk. Ek het baie van haar flieks gesien waar sy nie naak was nie

Morne ·

Eintlik sal dit nie die eerste Afrikaanse rol vir Charlize wees nie. Sy het ‘n Afrikaanse bordeel eienaar/ bestuurderes gespeel in die rolprent “15 minutes” teenoor Robert de Niro. Dit was ‘n klein rol, maar nietemin dit was Afrikaans in ‘n Hollywood fliek.

Paul ·

Korrek, Morne.

Ek onthou nog hoe verbaas ek was toe ek skielik Afrikaans hoor in daardie fliek. Die karakter het Afrikaans met ‘n “Meneer Botha” oor die telefoon gepraat in daardie toneel.

Sy het die rol as ‘n guns vir die regisseur gedoen, en is niks betaal daarvoor nie.

Leo ·

Gee Suid Afrikaners in Suid Afrika n kans of is hulle nie goed genoeg nie? Is dit te veel gevra?

Manie Jackson ·

Wil jy vir my se, daar is nie talent op eie bodem wat ons mense mee kan vereenselwig nie? sy is n goeie aktrise, mooi, bekend, alles. maar sy het haar rug op haar mense gekeer en verdien nie so rol nie.

Ousie ·

Regtig ‘n klompie vrolike mense wat hier kommentaar lewer. ;)

mike ·

Hi Fanie ek spog nie met die hoeveelheid vriende wat ek oorsee het nie – ek is seker daar is baie mense wat meer vriende as ek daar het – soos waarmee jy duidelik gespog het. Ek gee net terugvoering oor wat aan my bekend is.
Onthou dit is altyd goed om nederig te bly.

Nico ·

Gelukkig hoef ons nie die film te kyk as ons nie wil nie.
Dankie tog vir keuses.
Ek lees eerder die boek.

Tanja Holtzhausen ·

Ek het die boek gelees, en dit is daadwerklik ‘n baie diep en hartroerende storie. Ek is nie oortuig dat sy die rol met genoeg oortuiging sal kan vertolk nie….in elk geval nie na die filmresensie wat Leon van Nierop vanoggend van haar nuutste fliek gegee het nie!

Sarie ·

Vir die skrywer gaan dit net oor die geld en die publisiteit. Glad nie oor die ware storie nie. Ek dog die storie gaan oor ‘n Vrystaatse meisie wat deur Britse soldate tydens die Anglo Boere Oorlog in ‘n konsentrasie kamp verkrag is en vir die dood gelos word en dan deur ‘n Sotho egpaar in ‘n grot grootgemaak word. Nog nooit het ek so iets so verregaande gehoor nie. Daar is so veel punte wat hier teenstrydig is. Die skrywer behoort eerder eers navorsing te doen oor wat presies gebeur het in konsentrasiekampe, hoe die vrouens mekaar gehelp en ondersteun het. Dit alleen sal ‘n fantastiese storielyn wees. Begin daar om vroueregte te beskerm in plaas van om na Thailand en ander lande te gaan. Ons land het sy eie geskiedenis wat kan praat oor vroue wat verkrag en verniel was. En ek glo ook nie Charlize is die regte persoon om dit te vertolk nie, want sy is vals.

fliekvlooi ·

Sarie jy is 100 % reg. Baie dankie vir jou insig. Jou weergawe is korrek.
Neewat hou verby met hierdie film. Dit is klaar “gedoom” in elk geval.

Darius Els ·

MMMM! Gepraat vanskille om die oe,ons Afrikaners is lekker subjektief! Lees bietjie Britse en Nederlandse vertalings van Britse Oorlogs dagboeke.30% IS verkrag deur Britte,vryery en lustige boerinne het dam baie Engelse vanne aan ons nagelaat.Mense (is toe en vandag) maar lustig.”When nature call very fe w sy no!”NB :SA het een van hoogste egskeidings ter wereld,en buite egtelikheid blyk die koning te wees.Wees asb meer objektief,en onthou Maslow se “menslike behoeftes”.

Mien ·

Het deur die boek geworstel en dink ook die titel is onvanpas. Hoop die draaiboek het meer om die lyf.

ursula ·

hou baie van haar
maar my keuse is ANNE MART of SANDRA PRINSLOO

Andre ·

Ja ek stel glad nie belang om ‘n rolprent met haar in te gaan sien nie. Dankie.

Ada ·

Darius – moenie ons voorouers probeer verneder nie. Jou voorouers was ook daar.Handhaaf respek. Dit sal meer waardeer word. Ons voorouers was genoeg gestraf en ook uitgemoor deur die Engelse. Respekteer hulle lewens wat hulle opge-offer het. Verla die vrouens en die kinders. Wat sal jy op-offer?

Sally ·

Ek kan nie eintlik verstaan waarom die naam van die fliek Boer whore moet wees nie. As die meisie verkrag is, is sy n slagofder – nie n hoer nie. Wat Charlise betref: Sy het die Kabaalse geloof aangeneem en jy kan maar sè sy is n satanis. As dit niemand pla nie, dan het ek n probleem daarmee. Sy haat ons Boere mense en is in die ANC ingekruip. Boonop dink sy Nelson Mandela is n held ……… ????????? Nee Charlize, my voorouers sal in hul graf omdraai . Jyis niks van ons nie.

Ronell Lindeque ·

Ons land het genoeg goeie en selfs beter aktrises om van te kies .

Andrea ·

Mense haal mekaar lekker uit op MM; elke dag, oor amper elke berig. Nou is dit weer Charlize. Ek hou nie veel van haar nie, maar sy is beeldskoon en maak n sukses van haar beroep. Die nyd en twisgierigheid van baie se opmerkings oir haar én oor mekaar val my egter voortdurend op. Dis hoekom ons is waar ons is. EENDRAG MAAK MAG. Grootse grap ooit. Seker omdat ons uit soveel verskilkende nasies ontspring het.

Regte Boerenooi ·

Ek mis nie ‘n Afrikaanse film nie maar sal ongelukkig nie die ene kyk. Sy het haar rug gedraai op als wat Afrikaans en Boer is. Sy verdien nie die rol. Plaaslike aktrises sal perfek wees vir die rol.

Johan ·

Aggenee daai laeklas vrou, dit sal n klad op die boerevrouens se name wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.