Afrikaans is Groot: Bekende sanger weer terug op verhoog

Foto: Facebook/Theuns Jordaan

Foto: Facebook/Theuns Jordaan

Theuns Jordaan is terug op die verhoog vir Afrikaans is Groot (AIG) se 2017-konsertreeks later vanjaar in Pretoria.

Volgens die organiseerders is die kontrakooreenkoms vir sy optrede tot groot tevredenheid van albei partye gefinaliseer.

“Ons beplan groot dinge vir vanjaar se optrede en is baie opgewonde oor Theuns se terugkeer. As een van Suid-Afrika se Afrikaanse topkunstenaars het hy nog altyd groot waarde en aanhang tot Afrikaans is Groot gevoeg,” het Arnold Coleske van Coleske Artists gesê.

Jordaan het verlede jaar in Oktober op sosiale media aangekondig dat hy die organiseerders van Afrikaans is Groot hof toe vat, wat grootskaalse negatiewe terugvoer ontlok het. Talle aanhangers van die sanger het selfs gedreig om Afrikaans is Groot te boikot.

“Jordaan het verkies om kwessies waaroor hy verskil na die hooggeregshof vir beslissing te verwys. Afrikaans is Groot het steeds die hoogste agting en respek vir Jordaan as kunstenaar en die deur staan vir hom oop om, soos herhaaldelik versoek, direk met Afrikaans is Groot oor enige kwessie in gesprek te tree,” het organiseerders verlede jaar in ʼn persverklaring gesê.

Jordaan het die hofsaak verloor en is toe van die hand gewys toe hy weer aansoek gedoen het om by dié konsert op te tree. “Ons sien saam met musiekaanhangers daarna uit dat Theuns weer ʼn belangrike element van die vertoning gaan uitmaak,” het Coleske gesê.

“Afrikaans is Groot bly ʼn groot hoogtepunt op die jaarlikse musiekkalender en ek het nog elke konsert wat ek daar saam met die duisende konsertgangers beleef het, baie geniet. Dit is belangrik vir Afrikaanse musiek en die wense van ons ondersteuners dat ons kragte saamsnoer. Ek sien uit na 2017 se konserte. Sien julle daar!” het Jordaan laat hoor.

Inligting rakende die datums en kaartjieverkope vir Afrikaans is Groot 2017 word binnekort bekend gemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

John ·

Gee hom maar weer ‘n kans… Solank hy net weer groter as Afrikaans wil begin raak nie…

Steven ·

AIG 2016 was great, al was Theuns nie daar nie.
Het hom nie regtig gemis nie

ja ·

Hy was dalk bietjie arrogant… Maar… Die afrikanse musiek wereld sou nie dieselfde gewees het sonder hom nie… Sy stem gee my nou nog somtyds hoendervleis.

Johan. H. ·

Hy het een van die beste stemme in Afrikaans,hy en steve is Afrikaans se ysters, Beter as al die gemors wat deesdae aan ons opgedis word op die radio,Ek het n kleintjie dood aan al hierdie skrilstemmetjies deesdae, van mense wat probeer, Ek kan nie vinnig genoeg die radio afsit as ek dit hoor,. O ja Elvis blue is ook goed.

Jd ·

AIG raak nou soos Skouspel wil alles beheer en besluit wie mag wat wanneer doen

sug ·

As dit hulle konsert is, is dit hulle reg, is dit nie? Wat sou jy voorstelwat dit beter sal maak.

Manie ·

Die probleem met die kunstenaars van Afrikaans is groot is dat hulle dink hulle is groter as Afrikaans

Ney gewonder ·

Waarom sing Kurt Darren nie by AIG nie, seer sekerlik genoeg aanhangers om dit te regverdig?

Steve B ·

Laad jaar se AIG was finominaal sonder Theuns, nou hoor ek julle sê hy gaan weer die jaar optree. Nee wat, sal nie die jaar kaartjies koop.

Riri ·

Lol Dixie… jy laat my dink aan FB posts waar mense vra “inbox my vir details”… dan kry jy 50 kommentare ondraan met vrae oor details… ? Gebruik Google my vriend, of dink jy iemand sit gereed met n AIG program om jou vraag te antwoord?

Vonk ·

Theuns se musiek is so oud. Hy bring niks nuuts meer uit nie. Sy musiek was goed maar sing nou elke jaar dieselfde ou goed waar al die ander kunstenaars nuwe musiek het.

lynni ·

AIG het ontstaan met meeste groot sangers wat verkies het om liewers by AIG op te tree as by Skouspel. Met sangers soos Steve is dit groot sukses. Kurt hulle het Skouspel verkies. Weet iemand of daar nog Skouspel is.

Harrie ·

….mmmm…klink vir my of meneer ‘n regte ou madêm geword het…

Emile Zaayman ·

Sit nou by Afrikaans is groot in Kaapstad… Is dit werklik Afrikaans is groot. Net drie of vier nuwe afrikaanse liedjies. Hier is nou al Engels en, ek dink Zulu gesing ook. Dis die eerste een wat ek by woon en glad nie wat ek verwag het nie. Nogals so bietjie teleurgesteld. Miskien raak dit later in die aand beter maar ek dink dis nou amper klaar. Kon eerder gebraai het.

Marina ·

Bly hul kon verskil opklaar. Waar is Robbie Wessels teleurgedteld hy nie verlede jaar daar gewees Karen en Francois van Coke asb nie weer! En gewilde sangers soos Steve asb meer sing so gelyk of net nuwe sangers meer aandag gekry! Moet asb nie soos skouspel word AIG!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.