Amandala: Twee wêrelde ontmoet in nuwe album

Foto: Verskaf

Amanda Lamprecht. Foto: Verskaf

Amanda Lamprecht is ʼn Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer wat die afgelope 15 jaar in Seattle in die VSA woon en werk. Dit is daar, in dié reënerige stad waar sy bekendstaan as “Amandala”.

“In Amerika dink hulle ek klink soos die sangeres van die Cranberries en Björk. Hulle hou baie van my ‘boere’-aksent,” sê Amanda.

Musiek was nog altyd deel van Amanda se lewe. Sy het op skool en universiteit koor gesing, en ook viool en so ʼn bietjie kitaar en klavier gespeel. Amanda het in vele Amerikaanse Seattle-musiekgroepe gespeel en gesing, maar sy het haar groot deurbraak in 2014 gemaak toe die beroemde musiekregisseur Jonathan Plum haar hoor sing het, en aangebied het om saam met haar te werk. Dit was vir haar ʼn baie groot eer om saam met Plum te werk.

Amanda het ʼn ruk terug besluit, terwyl sy vreeslik terug verlang na Suid-Afrika, dat sy ook in haar moedertaal wil sing. Haar eerste Afrikaanse album, Alles wat jy liefhet, is pas bekendgestel. Dié album is geskryf en opgeneem in Seattle en Stellenbosch en Amanda meen daar is baie invloede van Seattle wat saam met Afrikaans gemeng word, wat die album ʼn besonderse klank gee.

Amanda het by Maroela Media kom kuier om oor haar jongste album te gesels. Luister na die podsending vir die volledige onderhoud. Kyk na die video om te sien waarvoor Amanda die bangste is.

Besoek Amandala se webtuiste en Facebook-blad vir meer besonderhede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Mariet ·

Amanda het ‘n ongelooflik mooi en sterk stem. MY GUNSTELING LIED IS jEFFREYSBAAI.

Ongelooflike mooi en sterk stem. My gunsteling lied is Jeffreysbaai.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.