Jak de Priester skryf liedjie vir Toks

Foto: Facebook/Jak de Priester

Foto: Facebook/Jak de Priester

Jak de Priester het sy kuier saam met die oud-rugbyspeler Toks van der Linde in Senekal so geniet, dat hy sommer ʼn liedjie oor hom geskryf het.

“Ons was by sy skool, ek het klavier gespeel en hy het “Stuur Groete aan Mannetjies Roux” gesing. Wat ʼn wonderlike oomblik.”

Dié ontmoeting het plaasgevind tydens die verfilming van die kykNET-program “Reis na gister” toe Jak in Toks se grootword-dorp gaan draai het om te sien hoe dié Springbok se grootwordjare gelyk het.

“Dit was so ʼn wonderlike dag in die Vrystaat. Ek het Toks op ʼn ander manier leer ken – hy is so passievol oor Suid-Afrika, Afrikaans en rugby. Toe ek daar wegry, het ek baie aan hom gedink, want hy het my so geïnspireer,” het Jak tydens ʼn onderhoud in die Maroela Media-ateljee gesê.

“Stuur liefde aan ou Toks” handel oor Suid-Afrika en Springbokrugby wat op ʼn laagtepunt is en hoe ondersteuners in sak en as is. Maar Jak meen dit is juis dáár waar die waardevolste lesse geleer word.

“Mens leer nie oor die lewe as jy net die heeltyd wen nie. Jy leer juis as jy daar in die modder rondval.”

Dié liedjie is opgeneem vir Jak se nuwe album getiteld “15” en sal binnekort beskikbaar wees. Besoek Jak de Priester se webblad of Facebook-blad vir meer besonderhede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

JA ·

Ek Lief dit. Dankie julle, vir alles wat jul doen vir Afrikaans en ons kultuur.

Marianne ·

Kyk net! Twee opregte Afrikaner manne, stoere boere bloed. Dit maak my trots.
Sterkte aan albei hierdie manne op hul uitsonderlike manne op hul lewens paaie voorentoe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.