[Luister] Adam Tas se ‘Manna vir die boere’-liedjie pas bekendgestel

Adam-Tas

Adam Tas tree 20 Februarie by die Voortrekker Amfiteater op. Argieffoto.

Die gewilde sanger Adam Tas het pas die liedjie “Manna vir die Boere” vrygestel. Dié liedjie, waarvoor al die ingesamelde geld na die droogtegeteisterdes in Suid-Afrika gaan, vorm deel van die gelyknamige konsert om boere in die droogte by te staan.

“Al het dit onlangs mildelik gereën in sekere gebiede van droogtegeteisterde Suid-Afrika, is dit nog nie genoeg om werklik ’n langtermynverskil te maak nie. Baie boere bly steeds aan groot finansiële druk blootgestel, veral omdat saad nie geplant of diere gevoed kon word nie. Skuld hoop op en geld is skaars,” het Adam in ʼn persverklaring gesê.

Hy het vroeër vertel die droogte is iets wat hom na aan die hart lê. “Omdat ek self boer, weet ek hoe dit voel wanneer boere nie kan voer koop vir hul vee nie. Ek weet self van boere wat nie eens geld het vir ammunisie om hul vee van kant te maak nie.”

Adam het gesê die droogte noop Suid-Afrikaners om hande te vat. “Min dinge snoer uiteenlopende mense in Suid-Afrika so saam soos ware nood. Baie van ons wil die boere help, maar ons weet nie noodwendig hoe nie.”

Hy sê Suid-Afrikaners besef nie aldag hoe swaar dit met die boere gaan nie. “Boere sorg dat ons elke dag kos het, hulle wy hulle lewe aan die natuur en die grond, maar is ook uitgelewer aan die wette van die natuur. Hulle ervaar nou groot geldnood,” het hy gesê.

Adam sê elke liewe sent gaan gebruik word om die boere te help. Die konsert snoer kragte saam met Caring Daisies wat die geld gaan versprei waar dit die meeste benodig word.

Kunstenaars soos Laurika Rauch, Steve Hofmeyr, Juanita du Plessis, Kurt Darren, Corlea Botha, Jak de Priester en Jannie Moolman gaan ook by die konsert te sien wees.

Die konsert vind 20 Februarie tussen 15:00 en 18:00 plaas by die Voortrekkermonument se Amfiteater.

Besoek Caring Daisies se webwerf vir meer inligting. Kaartjies kan gekoop word by Computicket.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Oom Boer ·

‘ n Groot dank aan jou en al die genoemde mede kunstenaars vir jul gebaar van openhartigheid en die optrede gaan baie boere ‘n hupstootjie kan gee, waar hul alreeds so onder druk is met ons huidige omstandighede wat nie erkenning kry nie. Aan elke Instansie, besighede, privaatsektors, Lanbou unies, Agri-SA, kunstenaars en publieke individue word ‘n groot dank uitgespreek vir al die hulp, idees, gedagtes en gebede asook finansieële bystand, want die boere het dit werklik nodig. Mag elke boer se oproep tot die Vader Geseënd wees en beloon word met al die uitdagings wat hul moet meemaak in vandag se omstandighede. Sterkte aan elke Boer en hul Gesinne – Behou Geloof.

Willem vd Walt ·

Amen – uit die tentwoning op Harefield, Noord-Kaap, 100 km Noord-Wes van Kuruman

Suzie ·

Amen Oom Boer!!Ons is op ons kniee vir ons boere van ons land!Ons dien ‘n Almagtige God…Sy Tyd nie ons tyd nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.