Maroela Media Afrikaanse Top 20: 4 September 2017

Caroline Grace (Foto: Facebook)

Tussen Sterre betree dié week die Top 20 op no. 20 met ʼn liedjie wat hulle saam Bouwer Bosch opgeneem het getiteld, Hemelrym.

Caroline Grace, The Voice SA-finalis, maak ook haar toetrede tot die Top 20 dié week op no. 17 met ʼn splinternuwe enkelsnit, “Ek bid vir jou”. Dié liedjie is geskryf deur die bekende liedjieskrywers, Roux Cloete en Neil Schoombee en dit vertel die storie van twee mense wat op mekaar verlief raak, maar weens omstandighede buite hul beheer uitmekaar gehou word.

Karen Zoid bly vir die tweede week in die no. 1-posisie met “Vir jou”.

  1. Karen Zoid – “Vir jou”
  2. Elvis Blue – “Elke hart”
  3. Kurt Darren – “Jy’s ʼn legend”
  4. Ruan Josh ft Franja du Plessis – “Ek wil lewe”
  5. Wynand Strydom – “Katrina”
  6. Joe Foster – “Ridder”
  7. Liezel Pieters – “Gooi jou liefde op my neer”
  8. Die Heuwels Fantasties – “Bietjie hoop”
  9. Deon Groot – “As ek net jou man kon wees”
  10. Ons lieflinge (Rudi & Charné) – “Miljoene stemme”
  11. Riaan Grobler – “Die boek”
  12. Appel – “Kom lê my neer”
  13. DZL ft Maruché – “Wees iemand”
  14. Elandré – “Afrikaans sal bly”
  15. Monique Steyn – “Die boom”
  16. Pieter Koen – “Wonders van my wêreld”
  17. Caroline Grace – “Ek bid vir jou”
  18. 1925 Band – “Al te min te veel gevra”
  19. Saarkie – “Vir altyd”
  20. Tussen Sterre ft Bouwer Bosch – “Hemelrym”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.