Daar is vandeesweek nege snitte wat styg, ses wat daal, drie wat hul posisie behou en twee nuwelinge. Cordelia behou haar eerste plek vir die vierde week, maar Andriëtte en André Venter skuif op na die tweede plek. Andriëtte se solotreffer, “Bittersoet van liefde”, asook “Die nostalgie van Wit Kasteel” sak uit. Burgerd Botha tree in die 19de plek toe met “Hartlagsiel”, terwyl Neil Somers in die 18de plek terugkeer met sy nuwe treffer, “Skipper”. Jacqueline styg sewe plekke met “Dis hier en nou” en Suzanne daal vier plekke met “Belofte”.
- “Eerste woorde” – Cordelia
- “Tot oneindig einde kry” – Andriëtte en André Venter
- “Ek wens vir jou” – Kurt Darren
- “Hoofletters” – Sorina
- “Wat maak ʼn boer?” – Carla Oberholzer
- “Middernagserenade” – Bobby van Jaarsveld
- “ʼn Paw paw vir my darling” – Anton Goosen
- “Sarie Marais” – Len Muller en Stef Bos
- “Al wat ek weet” – Elvis Blue
- “Dis hier en nou” – Jacqueline
- “Langpad” – DZL
- “Breek die stilte” – Cordelia
- “Sporelied” – Jak de Priester
- “Vir altyd” – Joshua Na Die Reën
- “Belofte” – Suzanne
- “Jy los my alleen” – Carla Oberholzer
- “Laaste lied” – Corlea
- “Skipper” – Neil Somers
- “Hartlagsiel” – Burgerd Botha
- “Niks kan my keer nie” – Candy Benson