Rian groet amptelik

Martin Bester en Tumi Morake (Foto: Kevin Mark Pass)

JacarandaFM se ontbytprogram sal eersdaags ʼn heel ander deuntjie sing.

Dié radiostasie het Woensdag aangekondig die gewilde radiopersoonlikheid Rian van Heerden gaan einde vandeesmaand amptelik die leisels oorgee.

Dié program sal voortaan aangebied word deur Martin Bester en Tumi Morake. Breakfast with Martin Bester & Tumi Morake is Woensdagoggend regstreeks op die stasie bekend gestel.

Bester is vir drie jaar agtereenvolgend aangewys as Suid-Afrika se gunsteling-radioaanbieder. Hy is ook bekend as Afrikaanse sanger, televisie-aanbieder en akteur. Sy mede-aanbieder, Tumi, het bekendheid verwerf as komediant, TV-ster, bekroonde aktrise, skrywer en ma van drie.

“Martin en Tumi bring ʼn wonderlike vermenging van persoonlikheid na die radiogolwe – Martin is trots Suid-Afrikaans, groothartig en vrygewig, en Tumi is braaf, snaaks en skerp. Saam is hulle gerat om ʼn energiebelaaide ontbyt op te dis wat bekend, maar skerpsinnig en trots Suid-Afrikaans is,” lui ʼn verklaring.

JacarandaFM se algemene bestuurder, Kevin Fine, sê dié twee aanbieders is die perfekte kombinasie vir ʼn splinternuwe “nog-nooit-vantevore-gedoen-nie-program”.

Luisteraars kan volgens Gavin Meiring, die programbestuurder, ook na nuwe hoogtes uitsien.

“Martin het ʼn uitstekende begrip van ontbytradio en om hom met iemand van Tumi Morake se kaliber saam te span, gaan sensasioneel wees,” sê hy.

Breakfast with Martin Bester & Tumi Morake word vanaf 3 Julie, tussen 06:00 en 09:00, uitgesaai. Luisteraars kan meer as R250 000 in deelnameprogramme in die eerste week van die program wen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

78 Kommentare

Jessica ·

Rian het n grappie vertel”Comrades is the only thing the Guptas don’t run” en toe vang iemand op die span nie eens die grap nie? Ek luister na Rian, en klaar. Gaan jou mis Rian ? Slim, skerp humor ❤️

Anita Schoeman ·

Ek dink hy is seker baie volleerd soo vrek slim maar eintlik so bly hy groet meskien kan ek nou weer jacaranda luister

Boeremeisie ·

O wee liewe Eugene. As jy nou rerig moet in Engels skryf op ”n Afrikaanse blad sal dit dalk wys wees om eers spelling na te gaan. Die eintlik “good riddance” en nee dis nie good riddance nie dis eerder you will be sorely missed Mr van Heerden

Johan. H. ·

Aag nee , sal jou mis Riaan , dink nie die 2 kan jou skoenne volstaan nie, Nee man bestuur laat die publiek self besluit of hulle SASIONEEL sal wees, Sal maar sien,,,

Nina ·

Dankie tog! Net Diane dink hy is BAIE snaaks. Sy het die aakligste laggie as Rian sy mond oopmaak! Net sy dink hy is snaaks.
Kan nou weer in die oggend Jac FM luister.

Willie ·

Riaan het die asem in die breakfast program in geblaas. Gaan jou mis Riaan. Voorspoed waar jy ookal gaan.

Nefie ·

Ag siestog, dis so polities korrek
Jakaranda pffft.. Ek hou van Rian maar nie van julle selektiewe sensorskap nie.

A ·

Gelukkig het ek jakaranda al 3 jaar terug afgeskryf. Hulle musiek was hopeloos en die kommentaar erger. Ek luister na verskeie gemeenskapstasies wat lekker musiek speel.

Lions ·

@Nina, ek stem saam, Diane het met elke woordjie wat Rian sê haarself doodgelag, geklink of sy ‘n kleintjie kry. Good riddance! Nou kan sy asseblief in privaat gaan “lag”

Kendall ·

Duidelik gaan sy weg. Hulle kon al jare terug van haar ontslae geraak het!
Haar Engels is pateties en sy is nie die skerpste podlood in die pakkie nie!

Tanya Crouse ·

En waar gaan Rian heen? Dit is bietjie van ‘n halwe artikel.

Andre ·

Hy werk tans aan ‘n program wat op KykNet uitgesaai gaan word. Program se naam is “Skelmpie”

thea ·

Jong ek luister al lank nie meer na die Jacaranda nie
die radio stasie wil te veel wees soos 94.7, Musiek swak, bitter min Afrikaans
radio omroepers wat hulle slim hou
en dan Dianne Broodryk asb laat sy gaan vir haar Liberale idees. en Rian wat hom slim hou
Barney wat klink soos n frisco blik met een albaster daarin

Spyker ·

Dankie tog! Gedink hy gaan nooit loop nie! Hy maak n grap van wit afrikaaners

Lea ·

Thea kon dit nie beter stel nie Jacaranda se musiek is al vir die laasste 3jaar vir my van baie swak gehalte, hulle WAS die gewildste stasie…nie meer nie. Luister al lankal nie meer nie!

Kobus Tron ·

Groet Rian wéér amptelik? Omtrent tyd, en dankie dat daai hele spannetjie ook nie meer in oggend daar gaan wees nie, daai irriterende lag vir elke woordjie wat Rian sê is nou uiteindelik verby. Nou kan Jakaranda ook bietjie die playlist aanpas, nie elke dag dieselfe oor en oor en oor te speel nie.

Fires ·

Mooi Thea. Ek stem saam. Rian het nogal goed reg gekry om mense weg te dryf van Jacaranda af. Altyd een slimmer en altyd probeer om te “stir” waar hy kan. Dis ook net Diane wat vir sy grappies lag. Ek luister ook nou eerder na radio Kansel en RSG!

Magda ·

Uiteindelik word hy vervang.. hopelik met mense wat nie hulle oortuigings op jou probeer afdwing nie. Kan nie wag vir die nuwe show nie

Afrikaanse Knaap ·

Ek het van Rian gehou.
Ek sal die twee nuwes ‘n kans gee. Net die tyd sal leer.
Weet iemand wat Rian nou gaan doen asb?

Lee ·

Ai tog, ek gaan Rian baie mis. Hy is skerm en nie bang om te sê wat ons almal wil sê nie. Sy verskillende aksente is net so goed. ,Dis jammer dat die res van die span ook nie meer deel gaan wees van die show nie. Wat word nou van Good Morning Angels ….. gaan dit nou maar net doodloop ? Wat om nou te luister in die oggend ………..

Arsène Lupin ·

Ek luister liewerste Bosveld Stereo. Wonder net wat gaan van Good morning Angels gebeur – sover ek week het hulle baie goeie werk gedoen

Piet Le Roux ·

Ek is ‘n Vrystater maar Jakaranda is my gunsteling stasie agv Rian en die musiek wat hulle speel, gelukkig is radio nie meer afhanklik van radio seine nie, so waar ook hy gaan sal ons luister…..

Siestog ·

So bly ek het Pretoria FM gevind nadat hy nie ‘n geleentheid laat verbygaan het om ‘n sekere groep blankes af te kraak nie. Pragtige musiek en baie interessante onderwerpe om na te luister. Mis hom en sy stasie glad nie.

Lee Randburg ·

Ek het Rian geniet, maar ek dink Diane Broodryk moet maar gaan. Die musiek soggens op Jacaranda was net te veel! Oor en oor dieselfde musiek. Ek luister ook maar die ander stasies soos LM Radio. Heerlik!

t ·

LM Radio is ook 24/7 aan by my. Geen politiek, kerk of ander twak nie, net musiek.

ursula ·

ons luister elke oggend na Rian en sy span
ons gaan julle mis
alles wat goed en mooi is vir julle
Diane jy is pragtig en dankie vir al jou hard werk jy het baie vir ons beteken

Susan ·

Wel ek gaan vir Rian ongelooflik baie mis. Ek soos baie ander het sy humor gevang, soms het ek gehuil soos ek lag en baie keer het iemand my aangestaar, seker omdat ek soos ‘n ek weet nie wat geLAG het nie. Die probleem is, ek het niks teen Martin nie, want hy sing awesome, maar hy is so effens droog en ek raak gou verveeld met sy middag program, asseblief tog hou net die verduiwelste google search uit die ontbyt program anders gil ek soos ‘n meisie. Ek hoop regtig hy en Tumi sal beter vaar op die ontbyt program. NIEMAND sal Rian se skoene vol kan staan nie, ek het elke liewe oggend met ‘n goeie gemoed by die werk gekom. Martin en Tumi, kom ons kyk en gee julle ‘n kans. Wie weet, dalk vaar hy beter op die ontbytprogram.

Gert ·

Dankie tog… Ek het opgehou om Jacaranda FM te luister as gevolg van Rian.
Sal nou weer inskakel…

Thuunda ·

Dankie tog! Moet asseblief net nie PtaFM kom opfoeter nie.

Kabous ·

Ek woon in die Kaap en ek luister na Pretoria FM oor die internet en op Dstv. Dit is die enigste Afrikaanse radiostasie met goeie musiek en uitstekende aanbieders. Ons het Bok Radio hier plaaslik, maar dié se aanbieders is oor die algemeen pateties – kan beswaarlik 2 sinne uiter wat nie met Engels deurspek is nie. Het hulle afgeskryf toe ek Pretoria FM ontdek het.

Skerp Spioen ·

Hierdie kokkedoor se vertrek gaan niks doen om eks Twakkaranda luisteraars terug te bring nie. Hulle verdraagsaamheid en aanmoediging van sy dwaashede asook hulle musiek keuses het baie van ons gevestig as lojale luisteraars van Pretoria FM, Bosveld Stereo, Groot FM en Lekker FM.

barend ·

ek luister net na PRETORIA FM MY STASIE MY MENSE MOOI MUSIEK EN GOEIE EN SMAAKVOLLE GESELSKAP

TM ·

Agge nee. Nie ‘n baie goeie besluit nie. Tumi is so irriterend met haar skree stem en sy is nie vir een oomblik snaaks nie. Sy probeer baie hard om snaaks te wees. Martin is ok, maar ek kan net 10 minute na hom luister dan raak ek aan die slaap. Gelukkig verskil smaak en kan ons keuses uitoefen wat ek nou wel sal doen. Sal nou maar hoor wat die ander stasies bied. Rian was nie altyd die beste nie, maar hy was interesant en het ‘n stem en persoonlikheid gehad vir radio. Ek dink die nuwe twee gaan soos stout kinders vir aandag kompeteer.

aiai ·

Tumi en haar gelag gaan die wit waks uit my irriteer, so gaan ook maar ander stasie soek!!!!!

Uiteindelik ·

Ek is so bly hy gaan (hou duim vas dat hy die keer werklik gaan). En vat asb daai good morning angels clowns van jou saam. Niemand gaan hulle mis nie.

Raai ·

Hi “Uiteindelik” dit was darem baie ongevraagd van jou. Die einste Good Morning Angels “Clowns” soos jy dit stel het baie, baie mense se lewens verander. Jy was seker nog nooit in so `n behoeftige situasie nie, en het ook seker nog NOOIT vir so `n goeie daad `n bydrae gelewer nie. Dit is hoekom jy sulke absurte nonsens skryf. Dankie aan Rian en sy span ons gaan julle mis en die nuwe span alle sterkte ons wag om na julle te luister. Gelukkig is ons almal verskillend gemaak en is daar `n plekkie vir ons almal onder die son. Skerp tong of nie!!!!

Randfontein ·

Daar gaan Randfontein se gratis advertensie…! Rian gelukkig is jy die keer nie gefire nie maar gaan jy uit eie keuse???sterkte gaan jou mis op die lug!

Johan ·

MIX FM 93.8 die beste radiostasie vir mense wat hou van musiek maar los maar as Afrikaans jou ding is..

Steven ·

Wat ‘n klomp suur mense wat kommentaar lewer. mense, dis mos BAIE MAKLIK: as jy nie vd program of die aanbieder hou, luister na ‘n ander stasie. Nogal snaaks dat almal galbraak oor Riaan , terwyl sy program so gewild is.Riaan: ons gaan jou mis!

Martie ·

As kind is ons geleer “As jy nie iets goed van iemand kan sê nie bly eder stil” Rian en Diane ons gaan jul mis. Julle het ons maak lag en welkom aan die Nuwe ontbyt groep. Glo ons gaan julle net so geniet.?

Johanna Botha ·

Gaan R baie mis hy het ook regtig BAIE mense gehelp ! Sterkte en los maar al die ou bitter Mara’s wat so suurpruim trek !

Jeannette Brits ·

Iets aan Jacaranda het verander, maar nie ten goede. Ek is nie beindruk met die kombinasie wat nou die ontbyt program gaan aanbied nie. Was van kleins af n luisteraar maar dink dis tyd vir n ander radiostasie. Sterkte hoop nie julle luistergetalle neem af nie.

Soekie ·

Ag nee … eers John Berks, toe Jeremy Mansfield, toe Gareth Cliff, toe John Robbie, toe DJ Fresh … nou Rian. He was the last one standing :'(

Valerie ·

Cliff and DJ Fresh is vuilmonde wat in elk geval nie op die lug hoort nie.

Michael ·

Luister lankal nie meer jacaranda 3 jaar terug oorgeskakel Bosveld stereo en nog nie een dag spyt nie

Theunie ·

Dankie tog sal sussa.nie mis alhoewel ek ophou luister het met sussa se mannewalis

Anelda steyn ·

Dis beste nuus ooit!!!! As hul nou luisterbare musiek ook kan speel deur die dag sal ek dit weer oorweeg om jakaranda te luister

Anoniem ·

Luister lankal nie meer Jacaranda nie. Gelukkig het die Afrikaanssprekende vandag ‘n keuse van ‘n paar radiostasies om na te luister onder andere:
Pretoria FM, Lekker FM of Bosveld Stereo. Was nog nooit ‘n groot aanhanger van RSG nie.

Andre ·

Uiters goeie nuus dat van Heerden die pad vat. Kan die “slimkop” nie verdra nie

Johann ·

Ek stem sooo saam met jou Andre…..hy is die hoogste vlak van irritasie!

Johannes van Staden ·

Sterkte Rian ons gaan jou almal mis. Dankie vil al jou hulp aan almal oor die jare.

Wondernet ·

Ek dink dis dalk tyd vir Jacaranda om terug te gaan tekenbord toe en miskien ‘n paar lesse gaan leer by die oggend en middag programme op ander radio stasies.

Ek self het lank gelede opgehou om soggens Jacaranda te luister want my irritasie meter kon dit nie hanteer nie. Nie net soggens nie maar ook in die middae so van 5-uur af.

Ek verstaan nie die bestuur van die programme nie maar klaarblyklik dink hulle dis oulik as die aanbieders heeltyd giggel vir hulle eie snaaksighede wat nie altyd in almal se smaak val nie. Ek hou van komedie maar dan moet dit darem met ‘n tikkie intellek aangewend word.

Ek hou van Rian van Heerden maar net totdat hy begin “snaaks” raak, sy stem begin verander sodat net hyself sal weet wat hy sê en soms probeer hy effe hard om sy seksuele voorkeure aan die gehoor oor te dra. Dis okei Rian, jy hoef dit nie meer so te beklemtoon nie.

Ek dink Jacaranda kan doen met omroepers wat dalk bietjie meer volwasse is en regtig die publiek kan vermaak. Of Martin Bester werklik so persoon is, dit betwyfel ek want hy het ook maar in die “giggel-sessies” verval. Nee, ek is seker daar is dalk meer volwasse aanbieders wat die program ‘n goeie “facelift” kan gee. Wat miskien van iemand soos Johrne van Huysteen?

Cecilia ·

Gaan die span mis in die oggend! Gaan nie dieselfde wees nie!! Julle mense wat vir Rian en Di so sleg se ek wonder wat het julle al bereik in die lewe… Hulle het baie mense se lewens gered met GMA! Meer as wat sommige mense doen vir die “Afrikaaner” volk! (Afrikaner) Om mense sleg te se maak jou nie ‘n beter persoon nie!!! Julle was die BESTE.

E.K. ·

Cecilia – daai klompie moet asb Die rusbank boelie gaan lees elders op Maroela!

HB ·

Ek is bly Martin Bester neem die oggendprogram oor (het gehoop dit sal hy wees), net jammer oor Tumi, Sy kan irriterend wees met haar skril stemmetjie. Dit sou goed wees as Pulane wat in die middae die verkeersverslag behartig, saam met hom kon oorgaan na die oggendprogram. Ek is mal oor haar en haar Afrikaans is pragtig en perfek.

anton ·

Het nie geweet dat Jacaranda eers nog bestaan op die radio nie.
As ek my radio op Jacaranda wil instel, verander dit sommer self na n beter stasie toe.
Nee wat seker meer as 10 jaar gelede weg gevlug van hulle af vir n verskeidenheid redes waarvan die aanbieders seker die grootste rede was.
Radio sonder genot (Rsg) kan mens ook lankal nie meer na luister nie.
Dankie tog vir n ander beter stasie wat ek na kan luister sonder dat my bloeddruk meter hoef te styg.

Amanda ·

Sal maar ‘n ander program moet soek om te luister vanaf 6 uur. Gaan vir Rian en Dianne mis

Lara ·

Jacaranda FM het net 3 CD’s en hulle speel dit oor en oor en oor. Martin en Tumi gaan nie ‘n verskil maak nie – ek luister maar eerder RSG of Radio Classic.

Luls ·

En so gaan almal te kere. Laat die son ook oor ander skyn . Rian EK gaan jou MIS want JY laat my lekker LAG!

CJ ·

Ag wat help dit dat die liberals vir Rian iets toewens en wat help dit dat die res juig?, oormore of oor ‘n jaar na sy nuwe projek (watter kant is die agterkant van die boom?) sal almal weer opspring en die liberals sal hom weer toejuig en soos altyd sal die res hulle, hulle keyboards breek en muise se drade afkou, so vir die wat bly is ….HOERA !! En vir die liberals wat huil …. hier is ‘n rol toiletpapier tot volgende keer :P

Johann Retief ·

Tuli sal dit nie vir my doen nie.Daai stemmetjie en alewige OMG,nee dankie.Maar ek voel jammer vir Martin,sterkte

H ·

Ek love Rian en sy oggendspannetjie…gaan hom en mams veral mis! Ek is nie ‘n Bester fan nie, as ek moes kan ek nog sy aanbieding sluk…maar nie sy sang nie:(

Johann ·

DANKIE TOG!!!!! …..Ek luister lankal nie na Rian se oggend gemors nie……….nou sal ek ook weer in die oggende op Jakaranda inskakel.

Bs ·

Johann, ek stem…..DANKIE TOG!!
Ek gaan dit ook weer ‘n try gee en kyk hoe gaan dit….

Johann ·

Interressant die polities korrekte kombinasie wat Jackaranda as aanbieders “pitch”: n blanke gay man (wat als in sy vermoë doen om sy leefstyl keuse op radio te promote), en ‘n swart mamma? Nogals oovallend…

Anita ·

Goeie genade maar die kommentaar is skokkend. Waar kry enige mens die reg om so persoonlik te raak en ander mense aan te val oor wie hulle is, hoe hulle lag, en waarin hulle glo. Ek kry skaam om te dink dit is my, Afrikaner mense wat sulke goed kwyt raak. Ons word van alle kante af aangeval oor ons Afrikaans is en dit is uiters hartseer dat ons eie mense soveel haat en nyd kan spreek. Niemand is volmaak of perfek nie. Elkeen van ons het iets wat ander irriteer, maar om beledigend te raak is ongevraagd. Ons volk is in ‘n krisis ons het nodig om mekaar te ondersteun, te bemoedig, aan te spoor om te oorleef. Ons moet opkom vir mekaar want ons gaan mekaar nodig he. Ek nooi almal uit wat hierdie lees om positief te praat en dink oor enige mense: Rian, Diane, jou vrou, jou kind, jou man, jou pa, jou ma ens. Hoe jy wil he ander moet oor jou dink – is hoe jy oor ander moet dink. Lewe is kort en die geheim van ‘n sinvolle en gelukkige lewe le in verhoudings en die respek en aanvaarding van ander mense se diversiteit. Dink voor jy praat. Versprei hoop, liefde en vrede.

Johanna Botha ·

Dankie Anita jy slaan die spyker op die kop …kom ons help eerder mekaar en vat hande !

karen ·

Dis baie moeilik om verdraagsaam te wees in iemand anders se kar wyl radio jacaranda aan is. dai vrou se stem en dai yeah !!! gilletjie sal my ketting botsing laat veroorsaak. die man is regtig ook nie iemand wie se stem ek op nugter maag wil hoor ! Good luck vir die stasie want dis soos titanic going no where very slowly ….. en anita jy hoef nie skaam te kry oor ander Afrikaners nie van iemand hou – regtig dink hoe voel ander oor jou?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.