Steve Hofmeyr nog lánk nie klaar met musiek

Steve Hofmeyr (Foto: Clinton Lubbe)

Die Afrikaanse sanger Steve Hofmeyr gaan binnekort sy 30ste album uitreik.

Dié album, wat SKREE heet, sal teen middel-Oktober die rakke tref. ʼn Enkelsnit in hierdie album, “Feeslied”, pronk reeds op treffersparades van radiostasies landwyd.

Dié nuus volg kort nadat Hofmeyr onlangs sy 11de boek, Die onaantasbares (The Untouchables), ʼn misdaadroman, bekendgestel het.

Hofmeyr het voorheen aan Maroela Media vertel dié boek is sy eerste “volwasse roman” en dit het hom nét tien dae geneem, waarin hy net “opgekom het vir asem, koffie en konserte”, om die boek te skryf.

Die sanger het ook pas sy konserttoer na Australië en Nieu-Seeland afgeskop.

“Ek word pal geïnspireer deur mense, idees en seëninge. Ek was vir die eerste keer in jare weer lus om te skryf. SKREE is die resultaat,” vertel hy.

Hofmeyr, wat onlangs pa geword het, sê hy gaan nog lank nié stil lê nie.

“Ledigheid en ek is onversoenbaar. As jy gedink het ek is klaar, skaam vir jou,” terg hy.

Country, sy album wat in 2016 uitgereik is, het dubbel-platinumstatus behaal en was verlede jaar een van die topverkopers in Suid-Afrika.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Susan de Klerk ·

Steve Hofmeyer was die leier van die Stormjaers wat die jeugliga van die Ossewa Brandwag was. Hy was ook die rugbykaptein v/d eerste span by Ikeys. Is onse Steve dalk familie van Hom?

LB S ·

Ek verbeel my hy het destyds so iets gesê.
Dankie Steve, vir jou musiek en jou geloof in die Afrikaners.

Steve Hofmeyr ·

Sowaar. My oupa daai. Hy was ook as Steve bekend, soos my pa. Hy verskyn in LAASTE DANS DRIENIE en is op ‘n baie jong ouderdom oorlede. Sy skoonma se pa was genl Louis Botha. Rof.

Steve Hofmeyr ·

Sowaar. My oupa daai. Hy was ook as Steve bekend, soos my pa. Hy verskyn in LAASTE DANS DRIENIE en is op ‘n baie jong ouderdom oorlede. Sy skoonma se pa was genl Louis Botha. Rof.

Steve Hofmeyr ·

My oupa daai. Hy was ook as Steve bekend, soos my pa. Hy verskyn in LAASTE DANS DRIENIE en is op ‘n baie jong ouderdom oorlede.

Rudolph van Wyk ·

Mmmm… eerder musiek as politiek. Minder skadelik vir Afrikaners se beeld as hy sing

Rudolph van Wyk ·

Eerder musiek as politiek. Minder skadelik vir Afrikaners se beeld as hy sing

Steve Hofmeyr ·

My oupa daai. Hy was ook as Steve bekend, soos my pa. Hy verskyn in LAASTE DANS DRIENIE en is op ‘n baie jong ouderdom oorlede.

Steve Hofmeyr ·

Die lied is FEESLIED (nie Fluister nie) en…eh…nee. Geen photoshop. Net oulike skaduwees. Die res is nie debat werd.

Cyril Blackburn ·

Dagsê Steve
Dankie vir jou kommentaar. Ons vra groot om verskoning vir die oorsig! Die artikel is reeds gewysig.
Groetnis
Cyril nms Maroela Media

Prok ·

Steve, jy is my held. Moet asb nooit ophou om op te staan vir ons boere volk nie. Jou beginsels wankel nie al word jou musiek bedryg. Dankie dat jy ons stem is.

Afrikaanse Knaap ·

Ek hoop steeds hy raak meer aktief betrokke by politiek.

maryann ·

Steve dankie dankie ek kan nie wag vir nuwe album nie. moet asb. nooit ophou sing nie
en dankie vir jou bydrae tot die afrikaner volk.

Hendrik ·

Wel gedaan Steve! Jy bly ‘n ware Afrikaner held. Nie soos ander wat hulle siel verkoop vir n pot Zupta sop nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.