[Video] Beoordelaars stomgeslaan oor dowe sangeres

Mandy Harvey (Skermgreep uit die video)

Mandy Harvey, ʼn sangeres wat haar gehoor verloor het toe sy 18 jaar oud was, het beoordelaars van America’s Got Talent stomgeslaan met haar oudisie.

“Dis een van die merkwaardigste dinge wat ek nog ooit gesien of gehoor het,” het Simon Cowell, een van die beoordelaars, gesê.

Mandy, nou 29 jaar oud, het verduidelik sy het ʼn bindweefselsiekte opgedoen en só haar gehoor verloor. Sy het egter haarself weer leer sing deur spiergeheue en met instemmers.

Haar gebaretaaltolk help haar om met die beoordelaars te kommunikeer.

Mandy sing “Try” met behulp van ʼn ukelele en sy dring deur na die semifinaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Elmarie ·

Wat n besonderse jong meisie! Groot les vir ons almal om by haar te leer. Moenie gaan lê en jouself jammer kry nie!

Wiehan ·

Hoekom moet mense wat geson is hul lewes op drank en dwelms weggooi. Hierdie is ‘n voorbeeld vir ALMAL. GOD gee ons elkeen ‘n talent, ontgin dit en gebruik dit

E ·

Dit is absoluut wonderlik!, maar asb ek bedoel dit met ń mooi gesindheid. Hoe kry sy dit reg om noot te hou? Hoe werk dit met dowe mense? Is dit dalk vibrasies wat sy in haar kop voel?
Dis baie interessant sal iemand wat meer weet asb vir ons verduidelik?
Wat is spiergeheue en instemmers?

Pragtig vrou jy is ń voorbeeld, mag jy groot sukses behaal!

M A ·

Ek het op 6 begin doof word en is nou 100% doof. Vir mense wat kon hoor, dink ek ons “onthou” die klank en “sien” dit dan sodat ons dit kan uiter. Dit is wel moontlik om nootvas te wees al kan mens dit nie self hoor nie maar dit verg inspanning. Ek glo nie dis moontlik om nuwe musiek maklik aan te leer nie. Dit is nogal moeilik om te verduidelik aan n horende persoon maar ek hoop dit maak darem n bietjie meer sin vir jou.

Presley ·

Net jammer die show is so fake soos wat kan kom, dis al ge-erken deur sommige judges. Vooraf beplan, resultate, alles.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.