[Video] ‘Classics is groot’ samel baie in vir Knysna

Classics is groot (Foto: Facebook)

Nadat die gewilde Classics is groot-konsert die afgelope naweek ʼn ekstra konsert bygevoeg het om geld vir slagoffers van die Knysna-brande in te samel, het die bestuur van dié organisasie pas aangekondig dat die R1 miljoen-kerf verbygesteek is.

Die ekstra konsert is op 24 Junie om 12:00 gehou. Die gewilde Afrikaanse akteur Armand Aucamp het Dinsdag op sosiale media ʼn aankondiging gemaak oor die geld wat ingesamel is.

“Dis vir my ʼn geweldige groot eer om aan te kondig dat ons meer as ʼn miljoen rand ingesamel het – en dit is te danke aan julle. Van almal hier by Classics is groot – baie dankie,” het Aucamp gesê.

Die laaste Classics is groot-konsert, waarvan die kaartjies uitverkoop is, is Sondag gehou.

Kunstenaars soos Jannie Moolman, Corlea Botha, Joseph Clark, Amira, Touch of Class, Charl du Plessis en Monique Steyn was by die konsert te sien.

Die brande wat in Knysna en ander omliggende gebiede gewoed het, het grootskaalse skade aangerig en lewensverlies tot gevolg gehad. Die Classics is groot-fonds sal vir verskeie doeleindes aangewend word.

Kyk die video hier.

Soos meeste van julle reeds weet, het ons ’n ekstra Classics is Groot konsert ten bate van die slagoffers van die Knysna-brande aangebied op Saterdag, 24 Junie om 12:00. Dis vir ons ook ’n groot voorreg om aan te kondig dat ons meer as ’n miljoen rand ingesamel het met die konsert te danke aan julle, ons ongelooflike ondersteuners. Armand Aucamp #ClassicsVirKnysna #KnysnaFire #KnysnaRises

Posted by Afrikaans is Groot on Monday, June 26, 2017

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Steven ·

Was een vd gelukkige 7000 wat die konsert bygewoon het. PUIK, PUIK, PUIK!
En verseker beter as Afrikaans is Groot!
knap gedaan!

Riana Wessels ·

Ek was een van die toeskouers en is vreeslik jammer om te se dit was nie Classic was groot nie maar Corlea was groot. Liewe aarde daar was beslis meer as een kunstenaar wat kon optree maar elke tweede verskyning was Corlea. Amreia wat die mooiste stem van alle tye het, het maar min verskyn. Nee wat vir die prys wat ek betaal het sien Classic is groot my nie sommer weer nie. Ek hoop Afrikaans is groot gaan haar so bietjie minder laat optree. Sy kan nie sing om haar naam te red nie, skree dit kan sy goed doen!

Stormrider ·

Nee wat, moet van jou verskil Riana. Ek is self ‘n ou musikant en ek het verlede jaar, asook hierdie jaar, Classics is Groot bygewoon. Die konsert was ononderbroke miskien bietjie lank gewees, maar absoluut spactacular. Ek haal my hoed af vir Jean en sy vrou – die verwerkings, choreografie en beligting was awesome. Hulle kan miskien nog so bietjie werk aan die klank-meng en overall volumes.
Al die kunstenaars was awesome – Corlea is ongelooflik talentvol en haar vocal range is baie wyd. Kom laat ons nie die baba met die badwater uitgooi nie?
Grootste groet

Gerhard ·

Bake dankie aan al die kunstenaars! Welgedaan. Vertoning was puik, maar bietjie bederf deur die geskreeu van sommige kunstenaars, Corlea ingesluit wat beslis nie nodig het om te skreeu nie. Joseph Clark was die voorskreeuer. Maar die orkes was ń groot sondebok wat dikwels onnodig te hard gespeel het, sodanig so dat dit die sangers dikwels oordonder het. Mens kan gehoorskade opdoen. Amira was asemrowend en meer van haar en minder van die geskreeu sou die aand net meer genotvol gemaak het. Gerhard.

Eugene ·

Ons het in die middel in die voorste ry gesit. Joseph Clark is ‘n amazing entertainer met passie en energie. Hy en Corlea het beslis nie geskreeu en die orkes se klank was perfek. Dis tyd vir ‘n gehoortoets of miskien is jy ‘n gewoonte klaer………

Lee Randburg ·

Kruisig my maar, maar Riana jy is reg! Corlea het begin skree vandat sy by Rudi die Lieflinge weg is. Classic is Groot sien my nie weer!!

erwin ·

Alle mense het reg op hul eie opinie maar in een woord PUIK. Die produksie staan vir niks terug nie. Ek was baie teleurgesteld toe ek nie plek kon kry by die ander 2 aande nie so dankie vir die ekstra vertoning. Ons halwe Suid Afrikanertjie met die groot stem was n openbaring. net jammer ons het te min van haar gesien. Ek was baie bly die choreograaf het die dans passies minder kompleks gemaak en die 1812 overture aan die begin!!! –sprakeloos.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.