Video: Cordelia se splinternuwe musiekvideo nou te sien op Maroela Media


Cordelia-musiekvideo-02

‘n Skermskoot uit die video.

Cordelia het Maandag eksklusief haar jongste musiekvideo van die liedjie “Eerste woorde” op Maroela Media bekendgestel.

Die liedjie is ʼn baie persoonlike lied vir Cordelia, wat op die ouderdom van ses maande aangeneem is. In hierdie liedjie maak sy haar hart oop en deel die verhaal van haar aanneming en ontmoeting met haar biologiese ma met haar aanhangers. “Eerste woorde” is geskryf deur Rudi Claase, maar vang Cordelia se hart, emosie en pad na vergifnis perfek vas. Cordelia het in Maroela Media se ateljee kom kuier en met Esté Meyer Jansen oor die liedjie en die maak van die musiekvideo gesels. Luister na die klankgreep hierbo om te hoor wat Cordelia gesê het.

“Ek het my biologiese ma opgespoor toe ek 26 jaar oud was. Ek het baie gewonder wat haar en my eerste woorde aan mekaar sou wees, maar ek het altyd ʼn hartsbegeerte gehad om vir haar dankie te sê dat sy die lewe aan my geskenk het,” sê Cordelia.

Woorde kan ʼn mens maklik ontduik op groot en spesiale oomblikke van die lewe. “Om jou ma vir die eerste keer op 26 te ontmoet, is beslis só ʼn oomblik. Toe die dag aanbreek was ek so senuagtig. My hande het gesweet en my onderlip het gebewe en van hierdie woorde in die liedjie som dit so mooi op:”

Jou eerste woorde was in my hart. Al was ek jare baie diep verward! Het jy een woord gesê en hier diep in my hart kom lê! Jou eerste woorde is lankal oud want in my hartklop is jou woorde goud. Jou eerste woorde aan my het al lankal in my gebly ʼn Tweede kans. ʼn Nuwe storie. Want so verhaal kan ek nooit verloor nie. Die Skepper het geweet jy lewe diep in my…

 

“Die woorde van hierdie lied het in my hart gesing met die eerste oogopslag. Dis ʼn liefde wat jy slegs vir jou ma kan voel,” sê Cordelia.

Volgens haar het sy vergifnis en liefde gekies en wil sy graag deur haar persoonlike ervaring ander help om dieselfde te doen. “Ek wil ʼn verskil maak deur my musiek.”

Die musiekvideo van “Eerste woorde” is deur Kyle White in Pretoria en Hartbeespoortdam-omgewing verfilm en pas bekendgestel. Die liedjie is ook beskikbaar op Cordelia se debuutalbum, Breek die stilte.

Hierdie kompetisie is gesluit. Kompetisie: Maroela Media het ses van Cordelia se Breek die stilte-albums om weg te gee ter viering van die eksklusiewe bekendstelling van haar jongste musiekvideo “Eerste woorde”. Stuur ʼn e-pos met jou naam, kontakbesonderhede en posadres na [email protected] met die woord “Cordelia” in die onderwerpveld. Die kompetisie sluit Woensdag 28 Oktober om 12:00 en wenners sal per e-pos in kennis gestel word.

Hier is ook ‘n kykie agter die skerm van die maak van “Eerste woorde” se musiekvideo:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

thea bothma ·

puik, n pragtige sterk stem, harde werk.maar jy sal die vrugte pluk

Christa-Ann ·

Baie spesiale woorde vir my. Ek het my Biologiese ma n maand en 2 dae voor my 46ste verjaarsdag ontmoet.

Jenny Thom ·

Wat ‘n pragtige meisiekind. Wens jy was ook my dogter, soos ‘n kosbare kleinood sou ek jou vertroetel het.
ABBA Vader het die beste vir jou in Sy perfekte plan!!
Hy het jou spesiaal, perfek en volmaak eerstens vir Homself geskape tot Sy eer en tot Sy lof!!
Wees jy maar net stil en weet dat Hy onvoorwaardelik in beheer is van jou totale jy wees en jou lewe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.