Hy was maar ʼn “kleindorpdromer” van die Oos-Kaap – een met gróót drome nes dié liedjie vertel – maar toe het Elandré Schwartz oornag ʼn internetsensasie geword danksy sý weergawe van die Bruce Springsteen-liedjie “Tougher than the rest”.
Die dag toe hy en ʼn vriendin sommer op die ingewing van die oomblik dié liedjie opgeneem en op Facebook gedeel het, het hy allermins verwag dat die reaksie só groot sou wees, vertel die jong sanger.
Om die waarheid te sê, sy weergawe van “Tougher than the rest” wat al bykans een miljoen keer op sosiale media gekyk is, het hom nou selfs ʼn platekontrak help losslaan.
Schwartz het Maandag aan Maroela Media vertel hy is nog besig om sin te maak van sy oornagsukses.
“Ek en ʼn vriendin het saamgekom om te sing soos ons baie keer vantevore al gedoen het. Ek het grootgeword met Bruce Springsteen in die huis – my ma is veral ʼn groot aanhanger. Toe ons die video daarvan op Facebook gedeel het nes ons talle kere vantevore gedoen het, was daar aanvanklik ʼn paar positiewe kommentare en kyke, maar niks buitengewoons nie,” vertel hy.
Hy vertel die video het egter soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei teen die tyd dat hy die volgende oggend opgestaan het. “Ek kon dit nie glo nie. Daar was derduisende kyke en die video is ongelooflik baie gedeel – ek was uit die veld geslaan.”
Schwartz is kort daarna deur Bok Radio vir ʼn onderhoud genooi waarna die platemaatskappy Select Musiek regstreeks vir hom ʼn platekontrak aangebied het.
Die sanger se debuutalbum word op 1 September vrygestel. Dié album bestaan meestal uit liedjies wat hy self geskryf het, hoewel Neil Schoombie onder meer ook vir die album help skryf het.
“Ek is baie dankbaar oor hoe vinnig dinge gebeur het. Ek spot altyd en sê as ek geweet het dat die video so goed sou vaar, sou ek beter aangetrek het. Ek was ook maar net ʼn dromer en nou het my drome waar geword. Ek was ʼn ‘kleindorpdromer’ van Despatch wie se drome waar geword het, en daarvoor kan ek net sê dankie.”
Schwartz kuier binnekort in die Maroela Media-ateljee vir ʼn volledige onderhoud oor sy debuutalbum.
wel hy klink baie beter as die meeste van die teeny boppers wat hulle deesdae kontrakte gee , ek dink hy sal ver gaan
1 000 000 maal beter as daai simpel ‘Kaas bra’ ding
Elke keer wat ek die video kyk gee dit my hoendervleis!!! Talentvol!!!
Dis ongelooflik mooi!!!
Hoendervleis mooi!!!!
Elandre, skitterend! Jy verdien die aansien en hoop om jou eersdaags hier in Namibia te sien… Droom groot, want jy mag maar sing.
Absolutely amazing voice
Jou gejoor op Bokradio. Ongelooflik mooi….hoendervleis mooi… hoop ju kom vêr…
Pragtig
Welgedaan en definitief welverdiend Elandre, jou stem sit Despatch offisieel nou op die radar!
So so sooo bly vir jou*!!!!!! Regtig uit my hart uit bly vir jou!!! Jy verdien dit!! Enjoy the journey and living your dream. Blessings to you
Ongelooflik mooi…………Elandre jy mag maar sing
NET EEN WOORD PRAGTIG
FABULOUS !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Stunning!!!!!!!!!
awesome, stunning. Waar kan ons sy CD kry
Stunning. Jy gaan dit nog baie ver bring.
Weereens WOW!! Het die eerste keer op Bokradio gehoor. HOENDERVLEIS elke keer as ek hom hoor sing. “Elandre jy mag maar elke dag vir my kom sing”
Wat kan ‘n mens anders se, as awesome! Aarde die man sing verskriklik mooi!
Ongelooflik mooi – jy mag maar hoor. Sal verseker ook ‘n cv koop. You go man……..
Wow! Ek is baie bly dat ons nou meer van hom gaan hoor, wat ‘n jammerte dat dit nie al lankal kon gebeur nie. Voorspoed en hoop dit sal uitstekend gaan.
WOW WOW WOW!!! Ongelooflike stem en talent.
WOW!! WOW en nogmaals WOW!!!!!
Ons het hom in Julie by Krone vir die eerste keer hoor sing en sy stem is ongelooflik mooi, beter as baie s’n wat al lank in die bedryf is. Hoop om meer van jou te hoor. Voorspoed met ‘n blink toekoms. Talent wat nie verborge mag bly nie!
Pragtig! Wat van n Afrikaanse liedjie ook asseblief.
wow!!! so lekker om net goeie kommentaar vir ‘n slag te lees!!! Landre! Dis ‘n voorreg om jou my familie te noem! mag hier nog groter dinge vir jou kom!! xx
aaaw dis so mooi!!!
Kyk, ek is nie een wat CD’s koop nie, ek verkies om maar net radio te luister. Maar na ek Elandre op Bokradio hoor sing het, gaan ek beslis sy CD soek. Jy mag maar hoor!!
Haai,
Hierdie ou is baie slimmer as baie van ons hedendaagse sangers/esse. Hulle kan meestal net een of twee sinne onthou en dit dan oor en oor sing.
Ek voorspel hy gaan ver gaan as hy nie in dieselfde groef verval nie.
ek kan net dink hoe gaan hy gospel sing….. Crowder se I am a Child of God. Jongman….sing dit tog asb een maal vir die tannie…. asb… Baie sterkte en seen en voorspoed vir jou toekoms. Jy is beter as goed. Mag God se goedheid en guns jou omring met hierdie wonderlike talent wat Hy vir jou gegee het.
Pragtig, ek hoop dit is die begin van ‘n wondermooie toekoms vir jou!
Fabulous!! Congratulations & Good Luck!!
Jy het die talent! Gebruik dit vir n mooi toekoms
Dit is ‘n pragtige rendisie van die liedjie, vreemd hoe gewild die weer geword het die laaste paar maande.
Jy het dit boet, strekte!
???
Genade!!!!! Absoluut fantasties!!
Wow! Jy kan Elandré. Jou begeleidster verdien ook krediet want sy speel besonders mooi!!!
Ek het lanklaas sulke puik rou talent gesien.
Hy is absoluut in voeling met musiek, ek gaan beslis op die uitkyk wees vir hom.
Jou stem is fantasties, ek verwag groot dinge vir en van jou!
Baie besonders!! Ek wil my verstout deur te se dit is ampertjies beter as Bruce Springsteen se weergawe.
Sjoe, dis pragtig. Hoop net as hy meer albums uitbring dit alles sulke pragtige songs sal wees en nie die gemors wat sommige jong kunstenaars deesdae voorendag mee kom nie. Sterkte vir jou toekoms, jy gaan dit nog ver bring.
Elandre van Despatch – pragtig.
Nes die doring Danie van Despatch.
Baie talent op hierdie kleine dorpie.
Alles wat mooi is vorentoe.