[WEN] Pieter-Dirk Uys weer in Pretoria ná 20 jaar

pieter-dirk uys

Foto: Verskaf

Die akteur Pieter-Dirk Uys, beter bekend as die satiriese sosiale aktivis Evita Bezuidenhout, is vir die eerste keer in 20 jaar in Pretoria by die Brooklyn-teater in verskeie produksies te sien.

Dié legendariese akteur, wat sedert 1980 op die verhoog is en al meer as 7 000 optredes gedoen het,  is op 12 en 13 Oktober te sien in An Evening with Evita Bezuidenhout. Dit word beskryf as ʼn “inspirerende, transformasionele, snaakse, tipies-Suid-Afrikaanse” vertoning.

In dié satiriese vertoning lewer Evita haar mees onlangse Staatsrede en fokus op die behoefte om die negatiwiteit wat Suid-Afrika se samelewing beïnvloed te verskuif na ʼn optimisme wat hoop en opwinding inhou vir die toekoms van die land.

Op 14 en 15 Oktober is Pieter-Dirk te sien in die verhoogstuk Adapt or Fly. Dié stuk is ook satiries van aard en lewer sosiale kommentaar oor Suid-Afrikaanse “ikone en aikonas” – vanaf die oud-staatspresident DF Malan regdeur tot by aardsbiskop Desmond Tutu.

WEN: Twee lesers kan elkeen ʼn dubbelkaartjie wen na Pieter-Dirk Uys se vertoning van An Evening with Evita Bezuidenhout op Vrydag 13 Oktober of Adapt or Fly op Saterdag 14 Oktober by die Brooklyn-teater. Om in te skryf, stuur jou naam, van, kontaknommer, fisieke adres en jou antwoord na [email protected]. Vraag: Hoeveel vertonings het Pieter-Dirk Uys al gelewer? Die kompetisie sluit 12 Oktober. Wenners word per e-pos in kennis gestel. Die kompetisie is nou gesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.