‘Big Bang Theory’ se Sheldon as kind

Ianin Armitage (Foto: Jordan Strauss/Invision/AP)

Ianin Armitage (Foto: Jordan Strauss/Invision/AP)

Die Amerikaanse televisiekanaal CBS het Maandag bekend gemaak die vervaardiging van die reeks Young Sheldon, wat geskoei is op die gewilde The Big Bang Theory-reeks, gaan aanstons begin.

Young Sheldon vertel die verhaal van die karakter Sheldon Cooper, vertolk deur Jim Parsons, in sy prille jeug.

Ianin Armitage, wat die karakter van Sheldon gaan vertolk, is te sien as die negejarige ‘super-intelligente’ wetenskap-foendi wat op negejarige ouderdom reeds in die hoërskool is.

Young Sheldon gaan later vanjaar op televisie te sien wees. Elke episode is ʼn halfuur lank, maar dit is nog onseker hoeveel episodes vir die eerste seisoen vervaardig gaan word.

Meer as tien reekse van The Big Bang Theory is al op televisie gebeeldsaai. Die reeks het al sowat 12 Emmy-toekennings gewen en sal na verwagting vir nog twee seisoene op die kassie te sien wees.

Die reeks het die beste graderings van enige ander komedie op televisie vir die afgelope vyf jaar.

Armitage is bekend vir rolle in Our souls at night en Big little lies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Johann ·

Een opvolg reeks wat n baie goeie kans het om n sukses te wees! Regte akteurs….regie…en ons.lê weer soos ons al oor n paar jaar le en lag vir die karakter se unieke uitkyk op homself en die wereld.

Agnee ·

Ek dink nie die gaan n sukses wees nie, mense kyk Sheldon vir wie hy nou is op TBBT, nie vir die kinder weergawe nie, betwyfel of n kid actor dit gaan kan oordrae soos wat dit nou is. Mors van tyd en geld as jy my sou vra

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.