Boer Hennie en Jacobu ‘onverwags, onbeplan maar amptelik’

Hennie Lötter en Jacobu (Foto: Instagram)

Hennie Lötter en Jacobu (Foto: Instagram)

Net toe kykers van die gewilde kykNET-werklikheidsreeks Boer soek ʼn vrou hul monde behóórlik oor die negende reeks se manne wat “g’n vrou gesoek het nie” uitgespoel het, het boer Hennie en Jacobu talle aanhangers van dié reeks Donderdag aangenaam verras.

Boer Hennie Lötter, ʼn veeboer van Willowmore in die Oos-Kaap, het Donderdag ʼn foto van hom en Jacobu, een van die dames wat vir die program ingeskryf het, op Instagram gedeel waar die paartjie dolverlief lyk.

Hy het hul verhouding met dié foto op Instagram bevestig. “Onverwags, onbeplan, maar amptelik!” het hy geskryf.

Dié wending is goeie nuus vir talle Boer soek ʼn vrou-aanhangers nadat hulle in ʼn reeks Facebook-inskrywings na die manne gekap het.

Kykers het onder meer gesê dié reeks se boere is heel waarskynlik “bang vir vroue” gewees omdat daar geen verhoudings in die negende reeks uitgewerk het nie. “Ag nee! Die een wil moeiliker wees as die ander. Verander dalk die program se naam na ‘Boer soek ʼn vriendin’,” het Tanya Brewis Wolvaardt laat hoor.

Jacobu het aanvanklik ingeskryf vir boer Arno, maar dié twee het aan die einde van die reeks aangekondig dat hulle voortaan net vriende sal wees.

Hennie en Jacobu het egter glo ʼn geruime tyd gelede agter die skerms begin vry. “Verder vry julle twee al drie maande agter die gordyn! Hoog tyd dat dit op die lappe kom. Blessings en geniet dit miljuisende,” het boer Leon-Fritz laat hoor.

Minstens 200 ander kykers het ook dié verloop van sake geprys. “Love julle! So bly hieroor,” het Nadia Swart laat hoor. “Dit is great! Sy is ʼn wonderlike meisie. Julle pas so goed bymekaar. Wonderlike nuus,” het Christelle gesê.

Ander kykers sê dat hulle al ʼn geruime tyd hoop dat dié twee ʼn verhouding aanknoop. “So kom my wense waar. Gehoop dat dit al die aand op die reünie sou gebeur,” het Hennie Vlok gesê.

Maryke Allers, kykNET-mediabeampte, het Vrydag aan Maroela Media vertel dié verhouding het glo vlamgevat ná Jacobu ʼn pakkie vir Hennie op sy pa se plaas moes aflewer. “Sy het vir hom ʼn boodskap gelos, en nadat hulle begin gesels het, het die liefde hoog begin brand.”

Sarie.com het Vrydag ʼn skattige video gedeel waarin gesien kan word hoe boer Hennie (letterlik!) vir Jacobu val. Hy was op pad om haar te verras toe hy met ʼn harde slag by die trappe afgeval kom. Kyk dit hier:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Liza ·

As dit moet gebeur sal dit! So bly vir julle! Gunsteling boer en gunsteling meisie!

Ina ·

sjoe ek is sommer rooi van kwaadgeit….asb moet nie weer Boer soek ‘n vrou iewers noem nie. dis belaglik en afkrakend op meisie, dames, vrouens.

Mariette ·

Niemand dwing die dames om deel te neem nie. Dit is hulle eie keuse.

Karlien ·

Toe nou, Ina…… dis ‘n positiewe, goedvoel berig. Byt ‘n bietjie op jou tong en wees dankbaar oor die mooi wat wél uit hierdie reeks gekom het.

Elsje ·

Ons het Boer Hennie oppad terug van Struisbaai na Centurion in Willomore ontmoet, ons hond Tjokkie (Pekingese) wou sy hond “opvreet” Tjokkie glo hy is al hond op die aarde. Boer Hennie is werklik die aangenaamste boer.

Uvonka ·

Oee ek is so bly vir die tweetjies! Hennie het beslis die juweel van al die dames gekry. Pragtige vrou met ‘n fantastiese persoonlikheid.

Oudste ·

Met respek en eerbied aan al die mense wat hier, en op vorige artikels soos in blatante negatiewe kommentaar gelewer het, my opinie, jislaaik mense, kry ‘n lewe. Ek het ‘n hekel aan mense wat konstant met kommentaar (kommin – taar) ander mense se lewens wil reel, soos hulle dit wil he. Lewer opbouende kommentaar, maar los liewer die gemoedsbeswaardheid vir jou familie, want hulle is seker al gewoond daaraan.

Marietjie ·

So bly virjulle twee. Julle is altwee sulke oulike mense. Voorspoed.

Lorraine ·

Ons was mal oor Jacobu ek en my twee seuns. Die aand na laaste episode het ek nogal genoem Hennie en Jacobu moet by mekaar uitkom en kyk nou. Al twee spontane mense. Alles wat mooi is vir jul.

cs ·

Lorraine, ek het presies dieselfde gedink – Hulle is ‘n pragtige paartjie-so bly vir hulle

Judy-anne ·

Dit is nou oulik man albei oulike mensies wens hulle net geluk toe xxx

Marna ·

Ja man ja! Die ander was te lamsakkig om die juwele wat vir hul op skinkborde aangebied is aan te gryp!

Jeanette ·

Lekker man lekker! Bly vir julle. Oulikke meisie. Gawe boer!

Denise ·

Baie goeie nuus!!!! Jacobu en Hennie is altwee mooi mense geluk julle twee!!!!

Cornelia 1 ·

Jacobu en Hennie, julle is altwee spontane mense met pragtige persoonlikhede.
Baie bly julle het bymekaar uitgekom.

Lettie ·

Ek is so bly vir hulle, dinge moes net so gebeur het. Ek het Jacobu so jammer gekry daardie aand, maar ek glo alles gebeur met n doel. Wens hulle alles voorspoed toe.

m ·

Hierdie tipe reekse raak gou vervelig want dis altyd dieselfde trant van desperate meisies wat ouens soek. Ek is redelik uitgekuier met boer soek n vrou. Hier gaan dit ma net om gastehuise en plase te bemark en iewers op n map te kom……Bitter min ernstige verhoudings kom uit hierdie tipe programme.

Boerook ·

Aan almal wat dink boere bemark hulleself met die program: Ons kliente is beslis nie kykers nie. Ons verkoop meestal aan slagpale en groot kettingwinkeleienaars wat nie eers weet wat boer soek n vrou is nie. Aan die wat dink die meisies is desparaat: Hulle is pragtige aangename dames wat nie ver hoef te soek om man te ontmoet nie.

Anelle ·

Ek is so opgewonde vir julle 2. So kruis mense se Paaie met n doel! Ek wens vir julle net geluk en vreugde toe. Wanneer 1 deur vir jou toe Gaan Gaan Daar weer 3 oop. Pas mekaar op. Julle is Pragtig!

soekie ·

Ag dis wonderlik! Twee pragtige mense!!! Mag hulle baie gelukkig wees.

Alet ·

Geluk julle 2kies jul is pragtige mense. Jul pas perfek saam

Janet ·

Maklik die twee oulikste en opregste mense nog!!! SO bly vir julle!!
Julle maak mens sommer net glimlag. Hugs en alles wat mooi is.

Trudi ·

Awesome. Julle is 2 stunning mense. Baie geluk! Wens julle alle voorspoed toe!

Joy Cilliers ·

Oudste genugtig dis Sosiale media. Elkeen is geregtig op sy eie opinie. Hetsy opgeruimd of nie. Scroll verby as dit jou pla

Cloudet Aspden ·

Op die laaste episode van boer soek n vrou, het ek en my man vir mekaar gese ag daai Hennie is so n oulike opregte man en Jacobi is ook so dit sal so nice wees as hul saam op eindig…. en jippee dit het gebeur…. julle is regtig wonderlike twee mensies en verdien mekaar en geluk en liefde…. Baie Geluk

Boerdery is in my bloed ·

Ag jinne, die alewige suurgras tussen die lower groen grassies! Julle tweetjies, as julle daardie groen grassies mooi oppas, versorg en behandel, dan druk hy self al daardie ou suurgras tussenin uit! Probeer dit! Die liefde is wonderlik, embrase dit!
Produkte binne in blikkies/rakke of vleis vanaf die slagpale, word nie in die fabriek/slagpale/supermarkte geproduseer nie! Dit kom van die hard werkende boer se plaas af en as daar wel bemarking by betrokke is VIR die boer! Then so be it! Tot in lente van dae vir julle twee!

Gerda-Marie ·

Ek is soooooooooooooo bly vir hulle. Hulle is ‘n pragtige paartjie en verdien mekaar. Ek wens hulle alles van die beste toe vir hierdie nuwe seisoen in hulle lewens.

OLT ·

Het dit al by enige iemand opgekom dat die hele situasie dalk “gestage” was om mense se negatiewe opinie van die program te verander en kykers tal weer op te kry?!

Magriet van Zyl ·

Dit is nou die wonderlikste nuus. Twee pragtige jongmense en ek is baie bly hulle het liefde by mekaar gevind. Alles wat mooi is vir ‘n baie mooi toekoms saam

Deon ·

Ek is baie bly vir julle twee, daar was regtig ‘n paar oulike dames en ook oulike boere, en dan natuurlik ook ‘n hele paar onnosel boere, wat pragtige meisies deur julle vingers laat glip het!

Saartjie van den Bergh ·

Ek het vandag Huisgenoot gekoop en was aangenaam verras om Hennie en Jacobu se pragtige foto’s te sien!! Julle blom en julle rock! Arno weet nie watse juweel hy deur sy vingers laat glip het nie!! Ons wens vir julle net geluk en die mooiste toe! Jacobu, jy het karakter om op die laaste episode te kon verskyn! En nou het die Here vir jou self ook ‘n juweel gegee! Geniet mekaar!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.