‘Boer soek ʼn vrou’-manne ontstig kykers

Boer Rob en Maureen (Foto: kykNET)

Boer Rob en Maureen (Foto: kykNET)

Kykers van die gewilde kykNET-werklikheidsreeks Boer soek ʼn vrou het Donderdagaand in hul duisende na Facebook gestroom om hul misnoeë oor sommige van die deelnemers aan die program se besluite uit te spreek.

Dié manne se besluite, wat oënskynlik onverwags was, het talle kykers warm onder die kraag.

Kykers was Donderdag veral geskok toe boer Rob nie vir Maureen saam op vakansie neem nie, omdat dié twee “ooglopend verlief gelyk het”, soos Anna-Lee Dos Santos op sosiale media laat hoor het.

Dit was egter nie die enigste terugslag nie: Kykers het ook by die honderde kommentaar gelewer oor boer Leon-Fritz en Chanté wat aan die einde van die episode vertel dat hulle net besluit het om vriende te bly.

Selfs Minki van der Westhuizen, die reeks se aanbieder, moes meer as een keer vrae vra om seker te maak dat sy reg verstaan.

In ʼn reeks kykNET-video’s het dié “paartjies” Donderdagaand oor hulle besluite gepraat.

Leon-Fritz en Chanté (Foto: kykNET)

Leon-Fritz en Chanté (Foto: kykNET)

“Ek sou baie graag met vakansie wou aansluit, maar by ʼn vorige gesprek tussen my en Rob het hy gesê dat hy nie ʼn langtermyntoekoms vir ons sien nie. Die rede dat ek ingeskryf het, was nie om ʼn man te soek nie – ek wou ʼn konneksie met Rob vind, maar hy het vroeg in die reeks reeds besluit ons persoonlikhede pas nie,” het Maureen gesê.

Leon-Fritz en Chanté het aan Minki vertel daar is “ʼn verskil tussen die perfekte persoon en jóú perfekte persoon”.

“Ek dink een van die slegste dinge is om nie te weet waar mens staan met iemand nie, en ons wou dit uitklaar,” het Leon-Fritz gesê. “Ons was eerlik met mekaar – ons het gesê ons albei bid al lank vir die regte persoon, maar ons glo nie ons is dit vir mekaar nie. In hierdie stadium is daar net vriendskap tussen ons.”

“Dit lyk nie vir my of die boere vanjaar regtig ʼn vrou gesoek het nie!” het Joan Swanepoel op Facebook laat hoor.

Krizelda de Beer Smit, ewe ontsteld, sê dié paartjies se gedrag was nie dié van vriende nie. “As jy net vriende is, hou mens nie handjies vas nie, jy sit nie op mekaar se skoot nie en voer mekaar nie sjokolade nie! Ag nee, Leon-Fritz!”

Kykers sê dié reeks se boere is heel waarskynlik “bang vir vroue” omdat minder verhoudings as in vorige reekse uitgewerk het. “Ag nee! Die een wil moeiliker wees as die ander. Verander dalk die program se naam na Boer soek ʼn vriendin,” het Tanya Brewis Wolvaardt laat hoor.

Vir meer inligting besoek Boer soek ʼn vrou se Facebook-blad.

Kyk na die video’s op kykNET se webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

129 Kommentare

Cornelia ·

Ek dink die program is ‘n mors van geld; want lyk my mense is te bang om eerlik te wees van die begin af; hoekom van hulle inskryf vir die program weet net hulle.

Karen van Zyl ·

Ek verstaan ook nie hoekom mens inskryf nie, hulle verkoop hulself basies…

arista theron ·

Stem saam met jou Cornelia. Verder is die program deesdae vervelig en afgesaag. Enigste rede vir inskryf die ‘free’ vakansies. Boring, boring, boring.

Jared ·

Die probleem is dat ‘n groot aantal van die dames van die PUK afkomstig is. Dis skynbaar nou ‘n modegier op die PUK-kampus en dan is baie van die dames die ou simpel BA-Manvang studentjies, wat so vervelig soos die dood is. Ouer vrouens is baie meer interessant as die ou lugkoppies. Maak die afsny-ouderdom 40 (niemand jonger nie) en verbied veral die PUK-element.

zoom zoom ·

Die program is nou al so hol gery daar is niks nuuts nie. Selgdr oor en oor net soos van die koek en kook programme. Regtig Kyk net ons is al gatvol vir die selffe reekse.

tandy ·

Jared ek dink nie die fout le by PUK dames nie…ek ken persoonlik 4 persone (manlik en voulik) wat nie van PUK is nie en wat vorige seisoene ingeskryf het en nie daar liefde gevind het nie… so dink jou PUK opmerking is totaal onvanpas!! En as almal bo 40 moet wees kan hul program se naam verander na “ou man soek huis houdster..”

anton ·

Jared….jy slaan die spyker op die kop!
Baie mense wat daar was weet dat BA graad , n ”man vang” graad was. Meeste van die tyd.

Phillip Lazenby ·

Minki is die probleem, al die boere was verlief op haar…….LOL

Santerien Minne ·

Jared weet nie waarvan hy praat wat die PUK-dames betref nie, en nog minder wat die sogenaamde BA-Manvang betref nie. Ek is een van hulle wat al 40 jaar gelede die “minderwaardige” ou graadjie op die PUK geswot het, en na al die jare steeds ‘n BAIE goeie, onafhanklike loopbaan volg as gevolg daarvan – sy soort veralgemening dui op algehele onkunde. Ook in die onderwys is gespesialiseerde taalonderwysers die afgelope jare steeds ‘n skaars vaardigheid wat hoog in aanvraag is. Sy reaksie is ‘n tipiese voorbeeld van baie se tonnelvisie. As ‘n mens in ‘n rigting studeer waarin jy goed is en belangstel, SAL jy ‘n suksesvolle loopbaan daarmee kan volg!

bok-bok ·

Absoluut in die kol, Phillip! Wie kan nou enigsins na ander meisies kyk as Minki in die omgewing is! Tot my vrou dink sy is pragtig, ongekunsteld met maer beentjies en al. Hulle sal ‘n ander aanbiedster moet kry om die program weer te laag vlamvat. Minki is ‘n 10. Kry ‘n 2 om die program aan te bied.

Lyn ·

Ek dink die boere probeer hul plase bemark of hulself. Rob kan hom wat verbeel om iemand soos Maureen te kry. Nee, daai boere soek nie regtig vrou nie. Skryf net in vir die pret.

Vytjie ·

Stem…vir wat het hy haar nog valse hoop gegee om te vra om te bly ook…SA mans is heeltemal te arrogant!

Mea ·

Stem saam, Rob weet GLAD NIE wat hy wil hê nie, Maureen pas goed by hom…!!!

MissE ·

Ek dink nie hy het haar false hoop gegee nie. Hy is duidelik ‘n baie groot introvert en sy is dalk té “pushy” vir hom. Dink nie hulle sou uitgewerk het nie. Op papier lyk hulle dalk soos die perfekte paartjie, maar in persoon is hulle nie. ‘n Ander punt…ek het dit opvallend gevind dat Maureen meer Engels is, terwyl al haar vriende en familie baie Afrikaans is – is dit nie dalk iemand wat ‘n spesifieke facade voorstel nie en sodoene is daar dalk ‘n valsheid in wie sy voorgee om te wees nie? Miskien het hy dit raakgesien. Albei lyk soos goeie mense en van al die vrouens wat Rob gekies het was Maureen die beste keuse, maar nie noodwendig die regte een vir hom nie.

Driaan ·

Ek is van mening hulle moet die hele opset van die program verander om meer soos die Amerikaanse Bachelor program te wees sodat die boere die vrou na die hele reeks op die lug moet vra om te trou. Sodoende dink ek daar sal daar met meer erens gekyk word na die proses en sal beide die mans en vrouens twee maal dink voor hulle inskryf.

MissE ·

Asseblief nie. The Bachelor is op die vlak van The Jerry Springer Show en Kardashians.

Linda ·

Ai hoe teleurgesteld is ek nie in van die manne nie. Dit lyk my hulle het van die begin af verkeerde keuses gemaak en wou net van die dames ontslae raak hier teen die einde. Vol fiemies as jy my vra.

Liza ·

Driaan ek stem saam met jou, hierdie boer soek ‘n vrou is net ‘n geldmors storie en hulle soek nie regtig vrou nie, ja daar kan verskeie redes dalk wees hoekom hulle inskryf, dis vir my half ‘n oneerlike storie….. En daar is regtig oulike meisies, Maureen is pragtig, en selfs Chante, ek dink julle 2 dames is dalk te mooi vir die boere en oulik, julle helfte sal nog opdaag…….

Jack ·

Die probleem met die program is dat dit ‘n kunsmatige en geforseerde situasie is. Die kans dat enige iemand in so situasie ‘n maat sal vind is byna zero. Die meeste boere soos Rob en Leon-Fritz het te veel buitensporige vereistes waaraan voldoen moet word. Mense is nie perfek nie, deel daarmee. Maar nou ja, dit is net nog ‘n realiteitsprogram wat op vermaak gemik is en ons kyk te lekker! As alles maanskyn en rose was so dit mens baie gou verveel het, drama is mos baie interessanter. En mense wat vir die program inskryf is bowenal die spreekwoordelike toffie wat vra om gekou te word.

MissE ·

Ek stem saam met jou! Byvoorbeeld, ek is ‘n introvert en hou skaars daarvan as my familie my op video afneem, so die kans dat ek myself sou wees voor ‘n hele stel kameras is redelik naby aan nul.

Marietjie ·

Dit was 1 vd swakste episodes nog gewees. En dink die mans soek aandag want hul het mos plase….. moenie die vrouens VALS HOOP gee nie. SWAK !!!!!

Hans ·

Stem saam. Ek was nog nooit so ontstig en disgusted met wat gisteraand gebeur het nie. Leon-Fritz was regtig ‘n groot teleurstelling miskien Chante ook. Hulle het almal vir die gek gehou deur soos verliefdes daar vakansie te hou en dan skielik die bombshell te los. Ag nee regtig!

Annatjie Kruger ·

Ek staan verstom dat mense met so min tevrede kan wees. Regtig, mense moet ‘n baie vervelige lewe lei as dit die soort van vermaak is wat hulle opgewonde maak.

Tammy ·

Erg teleurstellend. Ek is honderd present seker dat van die arrogante boere van hierdie reeks wat nie die kwaliteit in hulle dames kon raaksien of waardeer nie, met dusend keer slegter dames gaan trou!!!! Hou bietjie dop. Hierdie dames het deur julle vingers geglip….. Ja dis waar

Suzy ·

Ja nee wat ek was ook heel geskok oor die boere se besluite gestraand . Die paartjies het so mooi by mekaar gepas . Ek hoop net ons Newcastle boer doen die regte ding met sy oulike girl , so jammer sy was nie gestraand saam hom nie , hulle maak n pragtige paartjie . Kan nie wag om te sien wat gebeur volgende week wanneer al tien die boere saam kom vir die laaste mal nie . Ek wonder of boer Erhard ook speel met vrouens soos hierdie klomp jong boere speel met die jong meisies . Maar nie te min al die boere en die meisies wat deel geneem het aan die program is pragtige mense .
Dankie Minki dat jy dit so goed gedoen en hanteer het .

Chris ·

Phillip, jy kon nie waarder woorde gespreek het nie. Ek het self half verlief geraak op die Minki, wie sal nou nie. Ernst jou gelukkige rakker. Ek het die Neiderlandse program van Boer soek vrou gekyk. As jy nou wil sien hoe dit gedoen moet word, maak dan soos die Neiderlanders. Ek praat van ‘n hele paar jaar gelede. Die dames op die plase het nie daar aangekom en is die heel dag vermaak nie. Daardie dames het van vroeg oggend tot laat gewerk. Ek kan een geval onthou waar die dame moes help koeistalle skoonmaak. Daar was nie tyd van rondsit, piekniekies hou en braaie nie.

Maria ·

Ek dink dit is tyd dat hulle hierdie program stop. Bied liewerste n soortgelyke program aan met ouer volwasse mense, hou die program kort, as daar dinge aangebied word soos met BSVrou, dan moet hulle die helfte daarvan betaal dit sal voorkom dat die boere verniet met vakansie gaan. Leon Fritz, Johannes en Rob, daar is grooooot fout met julle manne, en Hennie is ook nie ver agter nie, pasop boere, julle stuur n verkeerde prentjie uit na buite. Minky, SA is TROTS op jou jy is nog sover die BESTE persoon wat die program met sukses aangebied het.

Charne S ·

Danie, ek stem 100 % saam. Minkie is ‘n pragtige mens maar ek het baie meer van Nadia gehou as aanbieder.

Lynn ·

Hi guys, well this programme has done the impossible….got an english speaker hooked on an afrikaans series!!! For my money I love it and Im a bit bemused at the poeple who seem so angry at the fact that there are no long term/serious romances come out of it. isnt that life? Romance is a random affair and you cant have it to order. It happens in its own time. It must be incredibly stressful trying to get to know each other and make a good impression with the cameras on you and all the judgey pants viewers having their say. Far better that they are honest with each other and dont mess each other around. there was never any guarantee that any of these pairings would work. Love the programme, keep it coming!

Elize ·

I agree with you Lynn. En dan verder: Ek sou graag wou sien dat meisies nie byv. uit Mpumalanga vir ‘n Boer skryf in die Wes-Kaap nie. Dit is totaal belaglik om lang termyn vriendskappe so te bou. Ook nie as hulle besig is om te studeer en voor hull siele weet hulle kan nie verhoudings aangaan nie. Geen mens kan in die proses waar hulle so voor die kameras vinnige besluite moet neem en hulle persoonlike gesprekke dan nog aangehoor word ook, ‘n normale verhouding aan die gang hou nie. Ek mis eintlik die eerste twee of drie reekse waar daar die lekker gefuifery en tekere ganery was. Dit was die heerlikste vermaak waar die sogenaamde wynboer en dan die deurmekaar blondine mekaar so in die hare kon vlieg . Vandag se reekse is te gestruktureerd. So asof daar vooraf opdragte gegee word hoe daar opgetree moet word. Voorheen was die meisies regtig gladnie gediend met mekaar nie en het hulle mekaar gas gegee om die aandag op hulle te vestig. Deesdae word hulle die beste van vriendinne en huil hulle oor mekaar. Ag nee wat. Maar ek het regtig Minki se aanbieding geniet. Sy het ‘n sagte hart.

MissE ·

At last, some common sense. I could not have said it better myself.

piet ·

Die boere moet die media kostes terug betaal want hulle het met vals voor wentsels ingeskruif.
Hoop die media eis hulle geld terug van die boere

Magda ·

Ek stem saam met jou Elize! Hulle moet die inskrywings beperk deur te se as jy nog ‘n student is mag jy nie inskryf nie, want hulle weet nog wat hulle in die lewe wil he nie. Hulle moet ook dit gebieds gebonde maak, en dan was daar een meisie wat op ‘n plaas was, maar wou kyk of sy op ‘n plaas kon aanpas en sy het gese sy kan haar nie self op ‘n plaas sien nie!
Ek dink Minkie was ook op ‘n stadium nie meer seker wat aangaan nie, want nie een van die boere het geweet wat hulle wil het nie. Dit was die swakste boer soek ‘n vrou wat ek nog gesien het.
Die volgende boer soek ‘n vrou moet wees:
1) Boer soek ‘n vriendin of
2) Boer soek aandag / bemarking

pieter ·

Die boere moet die media kostes terug betaal want hulle het met vals voor wentsels ingeskruif.
Hoop die media eis hulle geld terug van die boere

Cathy ·

Ek stem saam Dion. Dink dit was vir my die swakste reeks van boer soek ‘n vrou. Ek is seker enige iets sal beter wees om na te kyk. STOP BOEK SOEK ‘n VROU!!!!!!!!!!1

suster sêra ·

Ek stem saam Dion. Kyknet is besig om te glip – daar is hopeloos te veel herhalings van een ou reseppie, i.e. koekedoor, Nathaniel (Asseblief, sit dit af!!!) en ander wat oor en oor gedoen word. Ons is tog intelligente mense, liewe land!

Alida ·

Ek dink daar is baie mans wat hul voortande sal gee vir Maureen. Sy het styl en klas en sy gaan oorval word met oproepe. Al daardie boere het net ingeskryf vir die gratis vakansie en vermaak wat aangebied was. Leon-Fritz weet in elk geval nie wat hy wil hê nie anders het hy lankal ‘n vrou gehad. Wie dink hy is hy nogal.

Karen ·

Ja right. Die klomp moet die verskil leer tussen perfek en reg. Perfek is in die hemel, nie op aarde nie. Jy kan die persoon kry wat reg is vir jou. Gaan leer nou…

Maureen het nie nodig gehad om in te skryf om Rob te ontmoet nie. Sy kan hom sommer gefacebook het of so iets derglik.

Die program se naam is boer soek n vrou. Nou se maureen sy het nie ingeskryf om n man te soek nie… nou wat dan nou???
Vir wat het sy nie maar in elk geval saam met vakansie gegaan en die kans benut om hom beter te leer ken nie???

Dieselfde met leon frits en chante.. hy het sommer klaar besluit hy gaan alleen reunie toe… almal wat deel geneem het kan mos gaan??
Nerens staan daar dat die deelnemers met mekaar moet trou nie
Ek dink regtig julke moet maat die reels verander en vat liewer die boere wat die minste briewe kry. Help hulle liewer om vrouens te kry as die klomp hunks

Sonja ·

Hul wou seker almal gratis op vakansie gaan, Plaas toe ?…dalk sien iemand buite die TV boks hul raak en nooi hul vir Koffie dan moet hul daarvoor betaal want dit is die wet van TvL… Boer soek n Vrou is nou Ou nuus…’n Man soek nou ‘n Bokkie met ‘n Rokkie!

Christo ·

Dalk is ons net gewoont aan romanties flieks waar als uit werk soos die mens dit wil laat wees. Maar die werklikhied kan jou skeef beloer.

Hennie ·

Het toevallig so 5min van een program oor kersfees tyd gekyk, wat ‘n klomp “BOLLIE”, soos Wors sou se.

zoom zoom ·

Hennie.
Ek stem saam met jou. Die program se tyd is verby. Net so bollie soos die ander soortgelyke programme op VIA (147). Swak vermaak

Boesman ·

Ek kyk nie die snert nie………….ek het een episode gekyk om te sien waaroor my vrou so op hol gaan en het net daar en dan besluit dat dit die grootste hoop bollie is wat tans op TV uitgesaai word !!!

Vir wat raak almal nou so kwaad omdat die boer sy reg om te besluit met wie hy sy lewe wil deel uitoefen ?? Hy maak ‘n keuse oor sy lewe vorentoe, nie om julle wat so kerm en kla tevrede te stel nie !!!!!!!

Ons mensdom is rerig siek………….

Astra ·

Sê jy… Net die idee van die program sit my af. Ek merk op dat die vroulike kommentators die boere erg veroordeel omdat die paartjies kwansuis ‘so mooi bymekaar pas’. Die woorde ‘valse hoop gegee’ word ook mildelik gebruik. Word wakker dames, dis ‘n TV program en julle sit aan die ander kant van die kassie en kyk. As die mense voel dat persoonlikhede nie werklik pas nie, is dit hulle reg om kop uit te trek.

Pietser ·

Die lewe is te kort om een vrou se snert vir jare op te vreet. My raat – moet nie trou nie, nie eers eenkeer nie. As ek dinge kon oordoen, sou ek nooit getrou het nie. Bly weg!!!

goga ·

Dit is gewoontlik n man wat te veel bederf word deur sy vrou wat groener gras wil soek in die ander kant van die draad. .die gras is gewoontlik groener daar oor die bollie wat daar is.. jy Pieter moet dalk dankbaar wees vir wat jy het en die goed in jou vrou sien respekteer haar en kyk eerder waar die fout le. .

Pietser ·

Nee, genade. Ek het daai een al lankal die deur gewys. Sowat van lui en ‘n gekerm en tevrede mees met niks kan geen man verduur nie. Beste besluit in my lewe ooit. Good riddance. Sal ook nooit weer trou nie, once bitten twice shy.

pieter ·

EK HET MY VROU IN DIE KERK ONTMOET IS AL 46 JAAR GETROUD.TRY SO N PROGRAM

riana ·

Dink dit is die beste plek en mens kan jou maat enige plek ontmoet is wat jy van die verhouding of huwelik maak. Wil jy dit laat werk trou jy vir die regte rede wil jy die res van jou lewe saam met die persoon wees.

Mens kan n huwelik n verhouding laat werk as jy wil en nie dink die gras is groener aan die ander kant nie. Dit kos werk en altwee moet werk.

Franci Pieterse ·

Het dit al iewers genoem……. Wat van n “volwasse” ouderdom van ouer boere wat klaar “gejol” het en ernstig is oor verhoudings. Ek is baie seker dit sal veel meer prettige vermaak wees!

riana ·

Ek stem saam dan kan mens dit meer geniet want ons weet wat ons wil he. Dan kan ek ook n boer kry ek is single.

ALOMA ·

Baie teleurgesteld in Rob, Maureen volg hom al sedert haar skooljare en ek dink sy is pragtig, hoop sy vind die regte persoon.

CHRISTA ·

Ek het nie eers die program gekyk nie, maar daardie dames moet weet hierdie mans is hulle nie werd nie!! Dit klink vir my of hulle eerder ‘n huishoudster soek wat al hulle opdragte “getrou” sal uitvoer!!

ELAINE ·

BOER SOEK VAKANSIE! Sal ook hou van so vakansie het van die begin af nie eintlik belangestel nie het gekyk om te sien wat gaan die uiteinde wees maar ja sal eerder iets anders kyk in die vervolg VIR SEKER bollie gewees die keer.

Joe ·

Die reeks is n volslae mislukking.Die vervaavdigers moes n paartjie nooi wat nie deel van die vyf was nie om tyd vol te maak. Sal voorstel dat die formaat en voortbestaan van die reeks hersien word.

LEONIE ·

Hierdie reeks is ‘n flop. Die boere is vol geite en wil eintlik net vriendskap en ‘n lekker vakansie hê. Daar bestaan nie iets soos ‘n perfekte lewensmaat nie. So Leon-Fritz, as jy dink jy gaan dit nog kry – sterkte ou maat, jy gaan nog laaaaaank wag….

Nel ·

Twak. Die probleem le nie soseer by die vervaardigers van die program of die boere self nie maar eerder by die hoe egskeidingsstatistiek in die RSA.
Dis mynsinsiens eerder ‘n geval van ‘bang jan as dooie jan’.

riana ·

Stem saam dit was die swakste reeks ooit van Boer soek n Vrou en voel jammer vir Minki.

Maar die mans weet nie wat hulle wil he nie en ja Rob dink n lot van homself. en Leon die een wat die perfekte vrou soek wat hy hoe lank al aan gedink het en droom van dit het my n pyn gegee. Hy is nie eers volmaak nie. Ek het van Arno gehou en hoop hy en sy girl kom bymekaar uit. hulle sal n mooi paartjie maak. Maar ja hulle weet nie wat hulle wil he nie ek stem saam baie mense dit was swak.
Wonder of daar nog een sal gemaak word vorentoe ek glo nie.

Natasha ·

Joh maar ek lag nou lekker,dis skreeusnaaks! Sterkte mense

Verwonderd ·

Ek stem! Lmga, hierdie mense wat opmerkings maak oor die program wat moet eindig… Hkm kyk jul dan?

Sensasie ·

Persoonlik dink ek die vrouens soek net Sensasie, ou soek leeus op plase nie tortelduiwe nie

Stadsjapie soek spesifieke vrou ·

Ek het my perfekte drommeisie in die reeks gesien: Chevé. Hoe boer Hennie hair nie gekies het nie verstaan ek nie, maar hoe Jan ek met haar kontak maak?

Piet Pienaar ·

Daar moet dalk boer gekies word wat minder bedorwe is en hard werk . Nie alles reeds hê nie.

CHRISTA ·

As die boer dan reeds als het is sy koeie seker sy beste geselskap (of is dit die ooie)!!!

Natie ·

Weet nie wats fout met die mense nie . As jy dan nie wil trou vir liefde nie los. Die boere het harts besluite geneem, en reg besluit vir hulself en die dames eerder as om eendag in skeihof te staan

Ano ·

Het nou die herhaling gekyk na ek die berig geslees het. Goeie genugtig wat ‘n spul bakvissies! Die ou meisietjies sit en giggle agter hulle hande soos gr 1 leerlinge. Die boere is rerig nie een iets oor huistoe te skryf nie. En elke 2de woord wat hulle uiter is “ja” Dis pateties! As vrouens hulleself soos skouperde wil adverteer en die manne sit en lippe aflek vir ‘n “duifie” – moet hulle maar almal enkellopend bly.

adri ·

Daar is geen perfekte persoon
Daar is geen perfekte verhouding
Daar is geen perfekte huwelik
Alles kan wel uitwerk as die 2 persone hard werk aan die verhouding of huwelik maar daar is geen waarborg om dit nie.
die boere moet net onthou ‘n mens se raklewe gaan ook verby en al is van hulle hoe aantreklik wil ek nie 1 van hulle hè as man nie, want hulle is selfgesenteerd kan verstaan hoekom hulle nog nie ‘n wederhelf het nie my man van die afgelope 25 jaar is meer romanties en geen meer om as 1 van hulle gaan leer eers waaroor ‘n verhouding gaan en dan begin soek julle weer

Maureen ·

Stem saam. Trou is n heilige samevoeging en is vir seker harde werk. Harde werk van albei kante af. Om n huwelik te laat slaag is nie net “glamour” nie. Dis insit en nogmaals insit. Daar kom goeie tye en daar kom slegte tye in handel en wandel. Finansies en alle verskille maak mens op en as mens nie gaan saamstaan en dit laat werk nie is daar moeilikheid. En om te trou moet jy die versekering in jou hart he dat dit is wat jy wil he en nie druk van buite af nie. Die program is interresant soos ek al daaroor gelees het maar as God nie vir daardie boer een van daardie meisies uitgesit het nie kan jy maar maak wat jy wil. Dit kan nie slaag nie. Dis alles toneelspel. Wag op jul huweliksmaats.

Danielle ·

Ek dink die boere soek meer die aandag van televisie publisiteit as vroue… Als draai om hulle, hulle is baie egoisties en nie een gee die vroue die aandag wat hulle behoort te kry nie :(

Elmien ·

Dit is onnatuurlik. Soek tog na ‘n ander manier as jy so graag op TV wil wees.

Piet ·

Leon- Fritz en Johannes haal nie eers hul hoede/pette af as hul eest nie. Baie arrogante mannetjies.

EkSoekOok ·

Chevé is my perfekte meisie! Hoe kan ek haar ontmoet?

Joan ·

Persoonlik dink ek dat die deelnemers vooraf sielkundig evalueer moet word sodoende persone uit te skakel wat nie volwasse genoeg is vir die program nie. Daar moet ook vasgestel word wat die werklike motief is vir deelname. Geen ouens wat perfekte maats verlang nie want so-iets bestaan nie. Ook nie man’s soos Hennie wat verwag dat die meisie hom “in toom” moet hou nie. Soek hy n mamma of lewensmaat of n oppasser?

Audrey ·

Dankie toggie dat ek nie my tyd gemors het om die program te volg nie….
My persoonlike mening, is/was…..alles is so onnatuurlik en ‘aangeplak’….selfs pruike vir die meisies/dames/boere…

Kan nie glo dat meisies/vroue hulself só kan tentoonstel nie!

Lize ·

Ek het nog nooit die program gekyk nie, maar is dit waar? Dra hulle sowaar pruike?? Dan word die make-up ook seker met ‘n troffel aangeplak. G’n wonder die ding het ook op ‘n valse noot geëindig nie.

Hannelie ·

Dit was gisteraand se grap van die jaar. Ek kry Minki verskriklik jammer…hierdie jaar se boere se slap….Maureen so pragtige vrou hoop sy vind iemand baie spesiaal. Johannes het net een baadjie eish. En die ander boere ag nee man! Ek hou duim vas vir Arno hopelik is hy meer opreg.

Elsie ·

Ek sal nogal daarvan hou as Huisgenoot of Maroela vir ons terugvoering kan gee vanaf die eerste reeks hoeveel boere van elke reeks is toe getroud met n dame wat hy in die reeks gekies het Die vervaardigers van die reeks sal dan kan sien dat die program net n uitgawe is wat geen doel dien nie

dup ·

As die vroue(meisies) ook plase gehad het dan moes jy gesien het ,liefde sonder klagtes of stories.

Yster74 ·

Pragtige dames.
Arrogante boertjies.
Dis baie duidelik hoekom julle nog nie getroud is nie.
Bly asb ongetroud.
Julle waardeer nie pragtige meisies nie.
Maureen, Chante, Chantell, Jacobu en die ander julle is pragtig.
Johannes is arrogant, plein onbeskof en haal nie sy hoed af as eet nie ens. ens.
Ek kom in Robertson by my swaer en hoop ek sien jou-wil jou paar dinge vertel.
Net Arno sal n vrou kry.
Iemand anders sal die pragtige dames wegraap voor jul oe. So droom aan en leef in jou kokon.
Jou koffie is lankal yskoud.
Julle weet nie wat julle wil he nie.

Ek lag lekker vandag! ·

Vaderland… dat mense hul oor sulke simpel goed kan opwerk! Dis nou vir jou ‘n grap!Kyk die nonsens glad nie. Wat my betref is daar klaar iets fout met ‘n boer as hy nie op die “gewone” maniere kan vrousoek en kry nie en die meisies wat so probeer manvang is ook wraggies desperaat. Net my opinie!

Pietser ·

Wat is die “normale” maniere van vrousoek deesdae? Dis nie meer so maklik in deesdae se gejaagde lewe nie.

Ek lag lekker vandag! ·

Pietser as jy nie weet hoe “gewone maniere” is nie dan is dit geen wonder jy is enkellopend of dan dat die boere enkellopend is nie. In die dae her voor ons nog gebore was en mense heng ver uitmekaar gewoon het – dus in die dae toe mense die land nog mak gemaak het – hoe dink jy het mense toe mekaar ontmoet? Omte sê die lewe is te gejaagd is regtig nie ‘n verskoning nie. Daardie dae het mense kms uitmekaar gewoon en tog het hul vrouens ontmoet en getrou. Nee wa die program en deelnemers klink na ‘n klomp twak en dat mense wat dit waarlik kyk hul so kan opwerk oor dit is vrek amusant!

Kobus ·

Daar is ‘n rede waarom die boere wat deelneem enkellopend is. Vir dieselfde rede/s sal dit ook nie verander nie.

Jan ·

Die verveligste is die mense wat “boer soek vrou ” nog kyk! Wat n bol twak! Baie beter dinge op TV of daar buite om te doen!

Get a life!!

Tertia Rudolph ·

Ek stem saam met meeste van die kommentare. Hierdie reeks het sy “oemf ” begin verloor oor die laaste 3 reekse. Die mense die geleentheid dit nie meer vir die doel waarvoor die program geskep is nie, maar maar meer vir bemarking van hulle plase. Ek dink dat hulle strenger keuring g moet toepas op die deelnemers.

Matt ·

Die boere en meisies neem net deel vir die TV “exposure”… almal wil mos deesdae “celebrities” wees!!! Kies liewer ouer boere bo 35 jaar oud wat werklik “bachelors” is en n vrou soek.

Daan ·

Ek stem 100% saam Matt! Ek dink die groot probleem kom by die keuring van die boere. As 3 van die 5 boere kop uitgetrek het, was die keuring maar pateties. Ek glo ook kykers is moeg daarvan om te sien hoe verhoudings flop! Alles flop in hierdie mooi land van ons, nou flop die boere ook! Mense is honger vir goeie nuus en ongelukkig sien die media dit nie as sensasie nie. Hierdie jong mannetjies wat gekies is, is net spelerig dink ek en nog nie mature nie. Nee wat – ‘n Groot Flop!

Jeannie du Plessis ·

Ek stem saam at meeste mense sê. Dit was n mooi program om na te kyk met mooi mense maar die boere was so n teleurstelling. Hulle moet dit dalk eerder maak “n Vrou soek n boer, sodat sy die eerste keuses kan maak .. en hy homself daarna moet bewys.
Hier bly die man maar weer die een wat die hoofbesluite moet neem, dit moet van albei kante af kom. Baie teleurstellend mens het gehoop dat hier werklik aan die vroue en die mans ewe veel regte sou gee.

Jacques ·

‘N geforseerde verhouding het nog nooit gewerk nie. Wat is die kans dat twee mense in so kort tydjie ware liefde kan vind. Alles is net te kunsmatig en te ver verwyder van die werklike realiteite.

Gerrit ·

As n man op so program moet gaan om n meisie tekry, dan het ek my bedenkinge. Kry dames jamer want van hul is regtig opreg en baie oulik die soort wat enige man gelukkig sal maak.Ek dink aldie aandag gee die boere so ego boost dat hul dink hul kan beter doen terwyl die beste kaans dalk voor hul is.Aan al die dames , hou moet .Dalk is jou ridder oppad, aan die boere hoop ook jul vind geluk,aan volgende jaar se inskrywings,maak seker wat jy wil he en of jy regtig n verhouding wil he . Maar ons moet nie vergeet van die sukses verhale waar daar regtig liefde gevind is nie

Frans C ·

As ek so kyk na die aantal briewe wat elke boer ontvang het, is dit duidelik dat daar ‘n groot te kort aan MANS in Suid Afrika is,want dit moet ‘n teleurstelling wees mi om in te skryf en nie gekies te word,nadat jy soveel moeite gedoen het met jou brief.

Word jy wel gekies om een van 10 te wees en dan uit te val omdat jy nie een van vyf vir ‘n kieskeurige boer is(wat in ieder geval die meeste van die tyd nie weet wat hy wil hê so lyk dit my) en dan op die ou einde tog uit te val, is vir my soos ‘n pad na nêrens en tydmors.

Jy kan dalk vleis vinnig in ‘n stoompot gaar maak maar nie liefde nie.

Ansie Geldenhuys ·

Agge nee, hierdie program is vervelig van skynheiligeheid in die persoonlikhede van die mans.
Ek stel nie eers belang om my tyd te mors om na die program te kyk nie. Dis duidelik dat die huidige mannekorps bewus is daarvan dat daar baie meer vroue as mans is. Jammer manne!

SP ·

Daar is blykbaar n seisoen 10 oppad.As die vervaardigers nie met n vars aanslag kom nie,gaan dit ook n mislukking wees soos die huidige reeks.

Ada Marais ·

Moet asb nie twee aande na mekaar Boer soek ‘n vrou uitsaai. nie Dis ‘n bietjie dik vir ‘n daler het kyk net nie genoeg programme nie Te veel herhalings Verander dan julle naam na kyk weer toe.

Wonder sommer ·

Pateties! Rob is nie mans-genoeg vir Maureen nie en seker bang hy word oorskadu deur haar pragtige persoonlikheid! Leon soek so hard na die perfekte vrou dat hy haar nie voor hom sien staan nie! Dink hy hý is die perfekte huweliksmaat? Soveel vooropgestelde idees – BORING!!

Salome ·

Ek wil net graag weet??? As jy so die perfekte vrou soek, IS JY die perfekte man?

Pietser ·

Ek het nie gekyk nie maar as die dames gegiggel het soos Std. 5 meisietjies (soos iemand hierbo waargeneem het) kan ek nie die boere kwalik neem nie.

Maritsa ·

Leon-Fritz en Rob is die beste voorbeelde wie se oggend en aandpraatjies ooreenstem. Hulle is manne met waardes, nie uit op vermaaklikheid vir die publiek nie. Daarvoor is daar sepies op televisie. Leon-Fritz en Chanté het gebid oor hul verhouding, lyk vir my ons kykers kan dalk eerder by hulle leer as hulle kritiseer. Welgedaan BOERE!

Pietser ·

Nou is dit die boere se skuld omdat hulle die ou meisietjies se tjank afgetrap het. Word groot mense, hierdie ouens weet waarskynlik net wat hulle wil he en die betrokke dames het nie die mas opgekom nie.

Hanna ·

Nou as die klomp boere dan nou net weet wat hulle wil he hoekom het hulle dit nog nie gekry nie? Antwoord : want hulle is verwaand, bederf en arogant.

Bielie ·

Die boere skryf net in omdat hulle nie op hulle eie ‘n vrou kan kry nie. Wat maak ‘n boer so spesiaal dat girls aangery moet word. Dis ‘n klugspul.

PJS ·

Boere op Boer soek n vrou soek nie vrou nie. Hulle soek net die gratis Vakansie en wat daarmee geoaardgaan. Baie van die vroue soek net publisiteit en wil net op tv wees. Die reeks is sedert sy onstaan onsuksesvol met sy mandaat. Die boere wat vrou so gevind het is seker 1 %. Maar ja die borge kry advertensie tyd. Die kanaal sal moet begin hulle deelnemers beter keur anders gaan hulle kykers verloor die huidige reeks maar n groot tekeurstelling.

Anita ·

Die program is nie “Boer soek n Vrou” maar “Boer soek n Voorman”
Nog nooit gesien dat boervroue sulke dinge moet doen nie, trekkers, stropers, perde ry skape doseer, lammetjies kastreer.
Ek ken BAIE boer vrouens en dit is defnitief nie n perfekte boervrou nie. Elkeen het sy behoefte. Twee pole bymekaar moet aanpassings wedersyds doen en die verhouding laat werk. Arno lyk na die boer wat dinge reg kan doen. Maureen Chantè is die oor borrelnde geaardheid vriendelik en aan die gesels,altyd vriendelik soos n man n metgesel van hom moet wees.
Daar het die vorige Boer soek n vrou.
Van Loxton tot Nelspruit n wonderlike huwelik , en dit werk soos n bom. Daardie program WAS WONDERLIK iets om na te uit te sien en te volg.

Jannie ·

Ek stem saam met jou Christo. Minki het die deelnemers baie goed hanteer. Ek is ook baie teleurgesteld in die deelnemers. Nie een is eerlik met homself nie. Almal steek iets weg. Hierdie kan ‘n uitstekende program wees. Ek dink daar moet beter keuring gedoen word ten opsigte van die deelnemers, veral die boere.

Maria Van Dieweeck ·

Sjoe ek is bly ek is nie “soekende” nie, genugtig die ouens is slap tjips!

Johanna Botha ·

Die boere kon aan die begin kies uit briewe …toe op voorkoms ….maar daar is n persoonlikheid ook wat hy nie van sien kon uitmaak nie …die energie moet reg wees anders werk dit ook nie uit nie …so doen die regte ding nou as wat beide net weer seerkry ….eintlik maar die regte en volwasse ding om te doen as jy my vra

cs ·

Beste van die reeks was die nuwe paartjie wat saam op vakansie is -Daai outjie wat sy gesig so trek ha ha

Simone ·

Hulle moet die naam verander na “Boer soek ‘n Fling” of “Boer soek Afleiding” of “Boer soek Faam”

Aubrey Vermaak ·

Weet julle daar is n hoekie vir eensames waar n mens nie jou naam g?T hoef te maak nie. As jy n meisie soek gaan google maar net. Dis makliker.Nee wat KykNet. Julle het nou regtig julle tyd,geld en ONSE tyd gemors. Gn wonder my vrou se dis die swakste program wat sy al gedien het nie.

Enkellopende ·

Ek en bake ander sal belang stel in so iets. Goeie idee.

anton ·

Ai mense wat so kommentaar lewer hier. Hoe kan julle vir die boere wil besluit wie pas by hulle? Elke man sal seker tog weet wie is reg vir hom al lyk dit vir die buitestaanders anders.
Laat die mans tog vir hulle self besluit.

Helen ·

Ek is werklik van mening dat die program by sy rakleeftyd verby is. Dit interesseer my doodgewoon nie meer nie. Wees innoverend en gebruik die tydgleuf vir iets anders.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.