Die Bergs is ’n werklikheidsreeks wat ’n intieme blik op die lewe van die Afrikaanse musiekster Charlize Berg en haar familie bied.
Kykers sal oor die verloop van 13 episodes blootgestel word aan die binnekring van die Berg-familie en hulle drome, loopbane, suksesse, avonture, teleurstellings, verhoudings, lief en leed.
Die reeks fokus op Charlize, maar ons ontmoet ook die res van die familie. Haar tweelingbroer Jaco, ook bekend as Jakes, skryf saam aan liedjies en begelei Charlize op die verhoog, terwyl hy ook kliphard aan sy eie loopbaan werk. Hulle ouers Ilse en Petrus, sal enige iets doen om hulle kinders se drome te help bewaarheid. Kleinboet Markus en sy meisie Rochelle wys ook gesig in die reeks, en ons leer Charlize se verloofde Warren beter ken.
Die reeks kombineer die glans van musiekvideo’s en die lewe in die kollig, met al die dinge en drama van ʼn tipiese Afrikaanse familie. Tussen die konserte, feeste en produksies deur, maak Charlize en Warren gereed vir hul troue, en uiteindelik kan die kyker saam bruilof vier, en saam met Mnr. en Mev. Linden wittebrood hou. Dis nou lekker familievermaak wat jou hart gaan laat sing.
Maak seker jy deel in die pret op Showmax. Indien jy nog nie vir ShowMax ingeteken het nie, probeer die gratis 14 dae-proeflopie vir duisende ure se topklas vermaak op jou rekenaar, slimfoon, slim TV of tablet.
Vanaf 20 April is Die Bergs vir die eerste keer op ShowMax beskikbaar vir kykers in die buiteland en vanaf 27 April vir kykers in Suid-Afrika. Nuwe episodes volg elke week. Kykers in Suid Afrika kan ook Die Bergs elke Woensdagaand om 21:00 op VIA, DStv-kanaal 147 geniet.