Die Boekklub: Kyk nou die volledige reeks

Daar is stories wat mens stadig, hoofstuk vir hoofstuk, wil ervaar en verwerk, en ander wat mens sommer op een slag wil inneem omdat jy móét weet wat aan die einde gaan gebeur. Watter soort storie is kykNET se trefferreeks, Die Boekklub? Met Showmax kan jy self besluit want al 13 episodes is nou vir intekenare beskikbaar, so jy kan die hele reeks in een heerlike lang sessie geniet, of jouself beperk tot een episode op ’n dag, sodat die plesier vir dertien dae hou.

Die Boekklub is een van die mees gewilde reekse nóg op kykNET, met karakters wat kykers se harte steel en storielyne wat enduit boei. Die rolverdeling sluit groot name soos Jana Cilliers, Joan van Merch en Armand Aucamp in. Die storie speel dalk op ’n klein dorpie af, maar dit spreek groot temas aan. Die onbeskaamde hipster Tom beland na sy ouma se dood op Merweville. Hy moet teen sy wil op dié dorpie met ’n enkele teerpad aanbly, en raak dan – teen die agtergrond van sy ouma se boekklub – betrokke by die wel en weë van die gemeenskap, en elkeen se ontroerende storie.

Seisoen 2 van Die Boekklub begin in Julie op kykNET kanaal 144 – so maak seker jy is reg daarvoor. Gaan na showmax.com vir ’n gratis toetslopie – wat wed ons jou jy gaan nie na een episode ophou kyk nie?

Vanaf 3 April is Die Boekklub vir die eerste keer op ShowMax beskikbaar vir kykers in Suid-Afrika en die buiteland. Indien jy nog nie vir ShowMax ingeteken het nie, probeer die gratis 14 dae-proeflopie vir duisende ure se topklas vermaak op jou rekenaar, slimfoon, slim TV of tablet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.