Dis terug skool toe met ‘Kokkedoortjie’

Kokkedoortjie (Foto: Verskaf)

Almal ken daardie gevoel – die vakansie was heerlik en die laatlê nog lekkerder, maar môre begin die skool weer. Daar is egter een ding wat die dag aansienlik beter kan maak: pouse met die lekkerste kosblik.

In Woensdagaand se episode van Kokkedoortjie moet die jong sjefs spook om te sien wie die heerlikste skoolkosblik aanmekaar kan flans.

In dié kosblik is gewone en vervelige komkommertoebroodjies egter taboe – die kokke moet juis vindingryk wees om die nuwe kwartaal met ’n knal af te skop.

Die deelnemers in die program kom van oor die hele Suid-Afrika, onder meer Centurion in Gauteng, Daniëlskuil in die Noord-Kaap en Worcester in die Wes-Kaap.

Die beoordelaars van die reeks is Nic van Wyk en Mari-Louis Guy, wat onderskeidelik ook in Kokkedoor en Koekedoor oor deelnemers se lot besluit het.

Die reeks bestaan uit 13 episodes en elke episode is ’n halfuur lank. Die program word vervaardig deur Homebrew Films.

Kokkedoortjie is Woensdae om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144, te sien.

Hou Maroela Media gerus dop om weekliks op die hoogte van Kokkedoortjie te bly.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Bessie ·

Ek dink regtig dis n skande om sulke jong kinders aan soveel stress bloot te stel en dit net dat pa en ma n vakansie in Mauritius kan kry. en die beoordeelaars behoort nie eens so iets aan te bied nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.