Die gesogte Emmy-toekennings wat die room van die televisiebedryf vereer, is Sondagaand in die Microsoft-teater in Kalifornië in die VSA uitgedeel.
Dié toekennings, wat vanjaar vir die 69ste keer uitgedeel is, bring eer aan televisiewerk wat tussen 1 Junie 2016 en 31 Mei 2017 gelewer is. Die wenners word aangewys deur die Academy of Television Arts & Sciences.
Die Amerikaanse aktrise Julia Louis-Dreyfus het geskiedenis gemaak by vanjaar se toekennings nadat sy vir die sesde agtereenvolgende jaar as die beste aktrise in ʼn komediereeks vir haar rol in Veep aangewys is. Dit is die aktrise se sewende Emmy in dié kategorie en haar agtste Emmy in geheel. Veep het ook die Emmy-toekenning vir die beste komediereeks gewen.
Reekse wat veral vanjaar skoonskip gemaak het, is The Handmaid’s tale wat altesaam vyf Emmy-toekennings ingeryg het en Big little lies wat met vier toekennings huis toe is.
Dié toekennings volg kort ná die Creative Arts Emmy-toekennings waar die Suid-Afrikaans gebore komediant Trevor Noah ook sy eerste Emmy-toekenning gewen het. Hy is met dié toekenning bekroon vir sy YouTube-dokumentêr, The Daily Show: Between the Scenes.
Hier is ʼn lys wenners van die Emmy-wenners:
Beste dramareeks
The Handmaid’s tale
Beste komediereeks
Veep
Beste akteur in ʼn dramareeks
Sterling K. Brown – This is Us
Beste aktrise in ʼn dramareeks
Elisabeth Moss – The Handmaid’s tale
Beste mansbyspeler in ʼn dramareeks
John Lithgow – The Crown
Beste vrouebyspeler in ʼn dramareeks
Ann Dowd – The Handmaid’s tale
Beste akteur in ʼn komediereeks
Donald Glover – Atlanta
Beste aktrise in ʼn komediereeks
Julia Louis-Dreyfus – Veep
Beste mansbyspeler in ʼn komediereeks
Alec Baldwin – Saturday night live
Beste vrouebyspeler in ʼn komediereeks
Kate McKinnon – Saturday night live
Beste kortreeks
Big little lies
Beste akteur in ʼn kortreeks
Riz Ahmed – The night of
Beste aktrise in ʼn kortreeks
Nicole Kidman – Big little lies
Beste vrouebyspeler in ʼn kortreeks
Laura Dern – Big little lies
Beste mansbyspeler in ʼn kortreeks
Alexander Skarsgard – Big little lies
Beste kletsprogram
Last week tonight with John Oliver
Beste werklikheidskompetisieprogram
The Voice
Beste regisseur vir ʼn komediereeks
Donald Glover – Atlanta
Beste regisseur vir ʼn dramareeks
Reed Morano – The Handmaid’s tale
Beste draaiboek vir ʼn dramareeks
Bruce Miller – The Handmaid’s tale
Beste draaiboek in ʼn komediereeks
Aziz Ansari en Lena Waithe – Master of none
Geluk Trevor Noah!