[Foto’s] ‘Boer soek ʼn vrou’-egpaar deel swangerskapfoto’s

Gerrie en Carna Rossouw (Foto: Cindy Louwrens Fotografie)

Die Boer soek ʼn vrou-egpaar Gerrie en Carna het vandeesweek hul pragtige swangerskapfoto’s op sosiale media gedeel.

Die egpaar het vroeër vanjaar aangekondig dat hulle binnekort ʼn babadogtertjie gaan verwelkom.

Carna het op Instagram gesê die egpaar kan nie wag om uiteindelik hul dogtertjie vas te hou nie.

“[Dis] ʼn groot geskenk. Dankie liewe Jesus. Ons is opgewonde oor die lyfie. Vir jou is ons al klaar lief, kleine dogtertjie,” het sy laat hoor.

Die egpaar is ook steeds smoorverlief, selfs lank ná hul Boer soek ʼn vrou-dae.

“Jou arms is die beste huis wat ek ooit sal kan kry. [Ek is] lief vir jou. Een van die dae is ons drie,” het Carna geskryf.

Toe Maroela Media die egpaar in Januarie vanjaar op die stel van Kwêla in Randburg raakgeloop het, het hulle gesê een van hul grooste drome vir die nuwe jaar is om ouers te word.

“Ons is ongelooflik dankbaar en voel so geseënd. Ek kan nie dink dat ons meer gelukkig kan wees nie en ons is baie opgewonde oor die koms van ons eerste kind. Die eerste keer wanneer jy daardie hartklop hoor, verander dit jou as mens,” het hulle destyds vertel.

Al die foto’s is met vergunning van Cindy Louwrens Fotografie geplaas. Vir meer inligting, besoek Cindy Louwrens Fotografie se Facebook-blad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Carien ·

Baie geluk Gerrie en Carna, jul gaan daardie bondeltjie liefde baie geniet.
Twee pragtige mensies, jul gaan wonderlike ouers vir jul kindjie wees…..♡

Jeannette ·

Jinne, mense, is kind-maak dan nou deesdae ‘n prestasie? As ‘n mens net lees en kyk, dan hoor jy nie van dié of dáái bekende akteur/sanger/program-deelnemer wat nou getroud en swanger is of hul pienkvoet verwelkom het. Dit is mos nie sóóó uitsonderlik nie! Daar word 100’e en 1000’e babas daagliks gebore.

Yvonne ·

Ja, daar word daagliks baie babas gebore maar dit bly steeds n ongelooflike gebeurtenis veral die eerste keer. Los die mense, bekend of nie , as hulle op sosiale media met n spesiale fotosessie hul vreugde Wil deel met mense wat daarin belangstel. As jy nie daarvan hou nie, hou verby.

Riena ·

Nee daar word nie meer honderde en duisende babas onder ons volk gebore nie. Gemiddelde kindergetal is onder twee kinders per vrou. Onder vervanging. Dit beteken ons IS besig om uit te sterf net deur ons eie toedoen. Laar ons mekaar liewer aanmoedig om meer kinders te kry. meer as twee, meer as vyf, meer as tien. Ter wille van oorlewing!

Lizelda ·

Baie geluk Gerrie en Carna md swangerskap. Julle maak n pragtige paartjie. Dis lekker om n stukkie goeie nuus ook te lees. Hou ons op hoogte!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.