Die gewilde televisieaanbieder en voormalige model Minki van der Westhuizen sal vanaf 2017 as veldaanbieder op die kykNET-joernaalprogram Kwêla te sien wees.
Minki, wat tans die aanbieder van Boer soek ’n vrou op kykNET is, sal steeds op die program aanbly om boere te help liefde vind.
Die skoonheid het in ʼn verklaring gesê sy is opgewonde om deel van die Kwêla-span te word.
“Ek is opgewonde om weer by ’n joernaalprogram betrokke te raak en boonop is Kwêla een van my gunstelingprogramme waarby ek aanklank vind,” het sy gesê.
“Die program is ’n instelling op Afrikaanse televisie met lojale kykers en ek hoop om my eie energie na die program te bring.”
Minki sal op 25 Januarie volgende jaar vir die eerste keer haar verskyning as aanbieder op Kwêla maak.
Kwêla word Woensdae om 20:30 op kykNET, DStv-kanaal 144, gebeeldsaai.
Besoek kykNET se webwerf vir meer inligting.
Ek hoop regtig nie sy is verlore vir Boer soek ‘n vrou nie. Sy bied werklik die program aan. Nie net ‘n aktrise wat maak of sy omgee nie. Sy is puik