Skaterlag saam met top-komediante op ShowMax

Die Skerpskerts Comedy Festival (Foto: Verskaf)

Die Skerpskerts Comedy Festival (Foto: Verskaf)

[Promosie-artikel]

Droog, reguit, vindingryk en verrassend – die Skerpskerts Comedy Festival op ShowMax se humor sal van jou ʼn vroliker mens maak.

Die Skerpskerts Comedy Festival by vanjaar se Aardklop Nasionale Kunstefees het ’n tuiste geskep waar teatergangers kon vergeet van die leed in die land en so ʼn bietjie lag.

As jy dié komedie misgeloop het, is dit nie te laat nie. Jy kan nou saam met Schalk Bezuidenhout en ander komediante skater oor alles van die stand van die land tot die sin van jou bestaan wanneer dié program op 8 Desember op ShowMax beskikbaar gestel word.

Bezuidenhout maak grappe saam met Melt Sieberhagen en Hannes Brümmer, nog twee van die voorste lag-vervaardigers in die land. Hulle woordspel, sosiale kommentaar en skerp waarnemings sal jou weer hoop gee om die nuwe dag in die oë te kyk.

Vir jou lekker lag-medisyne, druk “speel” en sit terug: jy’s in vir ʼn behoorlike dosis van die heel beste medisyne. Tensy jy dikbek wil bly?

ShowMax kos R99 per maand in Suid-Afrika en $8,99 vir kykers buite Suid-Afrika.

Vir meer inligting of om aan te sluit vir ʼn gratis sewe dae toetslopie, besoek die ShowMax-webwerf.

Lees meer oor ShowMax op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.